Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Natal See vakansie
Voor ons gekamp het, het ons gewoonlik vakansie gehou by Ramsgate in Natal.
My vraag is, watter oorde Noord of Suid word aanbeveel vir Desember maande vir kamp
in Natal by die see. Ons wil graag loop afstand aan die see wees,maar is ook opsoek na
'n netjiese oord met skoon ablusie geriewe. Enige raad sal verwelkom word.
BAie dankie
Veronica, baie welkom op die forum. Ek is nie baie vertroud met Natal se oorde nie. Jy sal wel nounou van die ervare manne wat daai kant ken hoor. Geniet dit hier.
Hi Veronica. Baie welkom hier op die forum. Die mense hier is baie behulpsaam en jy sal baie gou n lys van goeie plekke he.
Welkom Veronica by die see Rocky Bay
Welkom Veronica. As jy jong kinders het Natalia. Hulle hou kinders besig in Desember. Karridene Hotel en Villa Spa het baie mooi en skoon geriewe. Aldrie is amper langs mekaar en deel 'n lekker lang veilige strand.
Stem saam met Jan Meyer se keuses. Julle sal gelukkig wees as julle nog by Natalia plek kan kry. Probeer ook Dolphin Holiday Resort by Ballito.
Hello Veronica. Lekker om nog 'n vrou te verwelkom op die forum. Hier is te min van ons. Bly asb aktief sodat ons die manne kan aanvat. Het nog nooit in Natal gekamp nie, maar sou in Mei gegaan het, toe val dit deur die mat. Baie mense het MacNicols in Bazley Beach vir ons aanbeveel. Kyk gerus na hul webtuiste. Ons sal definiteif nog soontoe gaan, sodra moontlik. Groete, Freda
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Villa Spa is my top oord wat by die see is.. daarna is dit queensburgh omdat hul hondjies vat oor Desember, maar ver van see af.. maar nie probleem vir ons.. maar as jy by strand wil wees, kyk na Villa Spa.. baie mooi, topklas
Welkom Veronica,
Ek het by Natalia gekamp April 2015 en sal dit defnitief aanbeveel.
Rocky Bay, Dolphin, Mc Nicols, TO Strand, Natalia, Carradene en Villa Spa. Dis omtrent die beste oorde na my mening. Jy het stap nodig, dus pla die seeuitsig my as persoon nie veel nie.
As jy die see sien, sien die wind jou!!!
BIG TIME!!
Stem...ek hou baie van see uitsig soos scottburgh...maar het al te veel wind gekry...kry paar aande agter mekaar wat jy nie eers kan braai nie, want vonke waai orals teen ander mense se tente vas. Dolphin, mcnicols ensovoort is darem weer lekker beskut teen daai see winde...maar kan weer nie see sien nie. Mens kan seker nie jou brood altwee kante gebotter kry nie?
Dis lekker op die strand....maak maar net seker oor swemstrand
n Plek wat vir my nog lekker lyk is Happy Wanderers. Ek het nog nie daar gekamp nie, maar het Desember daar gaan inloer en sommer iets by hul oulike restaurant op die oord gaan eet. Hulle strand is basies daar net vir die oord se gebruik...so dis nie overcrowded nie. Lekker swembad op die strand met gras perke as jy nie op die sand wil lê nie. Ek het gehoor as jy Desember daar wil inkom, moet jy vroeg speel. Google hulle....regtig n oulike oord
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Wonder hoe het Veronica hulle se vakansie by die see toe verloop en waar hulle toe gekamp het.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !



