Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3739 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Is elektriese motors werklik die beter keuse?
Ek lees dat die vervanging van 'n elektriese motor se battery wanneer dit uitgeput is meer kan kos as wat die voertuig werd is op daardie stadium.
Dit laat my wonder of dit tog wel oor tyd die kostes of besparings werd gaan wees.
Blykbaar verminder karavaan sleep die reikafstand van 'n vol gelaaide battery tot die mate dat slegs naby kampeer plekke besoek kan word. Kruger wildtuin toe is dus buite die kwessie vir die meeste.
Nee dankie Wil nie een he nie Daar is al te veel wat uitgebrand het
Ek het gesien op Youtube wat iemand in Amerika n hele ry Lithion ion batterye under die agter seat van n VW kombie in gebou het Die hele dak van die kombi was solar panele Dit kan werk
Dit gese ons ry nie almal kombi s nie
Ek volg al etlike jare die onderwerp en is heel oortuig dat dit die aandrywing van die toekoms is, maar baie werk moet nog gedoen word.
Wat die brandgevaar betref, dink ek dis nie meer 'n faktor met die nuwer voertuie nie. Die batterye wat spontaan aan die brandgeraak het, is die Lithium ioon eenhede. Die is vervang met die Lithium fosfaar yster, die sogenaamde Lifepo4 batterye wat sover ek lees, heel veilig is en boonop ook goedkoper as hulle voorgangers is. Daar is wel waarskynlik nog heelwat van die ou batterye in gebruik maar hulle sal wel mettertyd uitgefasseer word.
Wat die prys van vervanging betref het ek nie syfers nie maar my indruk is dat dit nogal duur is. Gedurende die lewe van die battery, wat blykbar nogal lank is, so agt tot tien jaar afhangende van gebruik, spaar jy baie vervoerkoste en dit moet in aggeneem word om te sien hoe die finale syfers lyk. Baie mense ry hulle voertuie nie so lank nie maar die potensiële koste van nuwe batterye gaan beslis in die inruilwaarde weerspieë word. En is onder die indruk dat jy met 'n voordeel gaan eindig maar jy sal deurentyd 'n fonds moet opbou om die eenmalige koste van die nuwe batterye te hanteer en ons weer mense is nie geneigd om vir die toekoms voorsiening te maak nie. As die batterye vervang moet word, het hulle sowat 20% kapasiteit verloor wat beteken hulle het steeds 80% kapasiteit oor. Ek weet nie hoe werk dit nie, maar ek meen die batterye wat vervang word behoort darem seker 'n redelike waarde te hê wat van die prys van die nuwes afgetrek kan word. As jy die voertuig net vir daaglikse pendel gebruik sal jy dit waarskynlik heelwatr langer produktief kan gebruik voor jy gedwing sal word om die baterye te vervang.
Om met 'n suiwer elektriese voertuig te sleep lyk vir my op hierdie stadium onprakties maar dalk is daar oplossings in die toekoms. Ook om lang afstande te ry lyk ook nie vir my aantreklik nie. Daar is wel reeds op gemaklike afstande herlaaistasies en hulle groei aanhoudend. Op hierdie stadium sien ek nie op die lang pad baie voertuie wat daarvan gebruikmaak nie, omdat daar nog nie baie vol elektriese voertuie op die pad is nie maar soos hulle getalle noeneem, kan dit dalk bottelnekke veroorsaak. 'n Maat van my in Amerika sê hoewel daar baie sulke herlaaistasies is, is daar lang toue wat wag om te laai wat dit onaangenaam maak.
'n Beter opsie op hierdie stadium is die hibriede voertuie wat jou instaat stel om goedkoop te pendel maar jou niebeperk as jy lang ritte wil onderneem nie. Vol elektriese voertuie, veral die heel goedkopes, dink ek is wel op hierdie stadium 'n goeie keuse vir 'n tweede moter wat slegs vir pendel inkopies en om kinders skool toe te neem.
Ek lees wat hierbo gesê word oor die verbeterde batterye.
Volvo herroep tans 372 EX30 elektriese karre in SA alleen en meer as 40000 wêreldwyd, wat tussen 2024 en 2026 vervaardig is weens moontlike oorverhitting van die battery en wat dus 'n brandgevaar kan wees.
Ek sal nie sommer 'n EV in my garage parkeer nie.
Dis maar nuwe tegnologie en mense is maar versigtig, sommiges baie en ander meer dapper. Ek weet nie hoe die battery in die voertuie geplaas is en of verkoeling deel daarvan is nie. Dalk is dit dan die verkoeling wat opgegradeer word met fie herroping. Petrolaangedrewe voertuie het ook al brandneigings getoon om die rede. Ek gaan bietjie opvolg, sal graag wil weet wat die presiese probleem is.
Inligting oor die herroeping is nie baie duidelik nie maar dit wil tog vir my lyk of dit die batterye self is wat die gevaar is en nie die verkoeling soos ek bespiegel het nie. Daar was egter lyk dit, nie gevalle waar voertuie aan die brandgeslaan het nie maar net die moontlikheid dat dit kon gebeur. Dit lyk daarom nie vir my te skrikwekkend nie.
Kyk, as daai Lithium battery ann die brand slaan gaan jou huis saam veral as die kar in die motorhuis geparkeer staan wat vas is aan jou huis vas is jy na moer... ek nog te bang vir die lectric karre... weet nie hoe lank daai batterye gaan hou in ons land nie... ek like maar nog my Foton veral na sy upgrades, nog net sy sitplekke verander na Hilux GR seats... daai bakkies le die scapyards vol.
Ek moet nog net sagteware laat doen dat hy regtig kan trek of laat ek se beter as nou... Klaar sy DPF laat uithaal, gelukkig geen sensors so geen ligte op die dash
Ek ry niks standaard, My bantam het cam, branch en sagteware reeds in, daar is nie een klein bakkie wat my sal vang op die oop pad, begin eers regtig trek op 4000 rpm wat 140 km/h beteken
