Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23131 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18517 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6748 |
| BrianB | 5995 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3826 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1826 |
| Hennie Botha | 1733 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Lid | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 922 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 593 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 432 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 390 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Hoeveel Aande by Nossob
Beplan pm volgende jaar Augustus by Nossob te kamp. Hoeveel aande is omtrent “reg”. Oorweeg ses aande - of is dit lank? Dankie.
Frans hoelank beplan jy om in Kgalagadi te wees?
Ek sou gelukkig gewees om in Nossob ses aande te slaap.
Ons het Mei maand 'n maand op Twee Rivieren gekamp.
Thanks Richard. I think I’ve answered my own question. Subject to being able to get the bookings I’m first going to spend a night in the caravan at Kgalagadi Lodge, then a night at Kalahari Tented Camp near Mata Mata, then back to Kgalagadi lodge. Then six nights at Nossob but break away for one night in one of the lodges to the north. But the trick is to get the bookings…
Louvan - dit bly 'n groot uitdaging om plek te kry in Kgalagadi - nog te meer in Nossob. Die dag as besprekings oopmaak moet jy maar van vroegoggend af op die foon lê. En my aanbeveling is om 'n satelliet-kantoor te gebruik - maar steeds geen waarborg bied nie.
Ekself was baie gelukkig om na baie geduld d.m.v. kansellasies plek te kry in Kgalagadi eerskomende Oktober. As jy nie jou eerste keuse dadelik kan kry nie, moet jy maar net vasbyt en elke dag ('n paar keer per dag) op Sanparks se web gaan loer.
Ek kon aanvanklik net die eerste twee aande by Twee Rivieren kry. En mettertyd was 'n aand hier en twee aande daar beskikbaar - wat ek gevat het. En uiteindelik kon ek 'n lekker reisplan vasmaak.
Ons bly nou wel in vaste akkommodasie maar kon na baie geduld en vasbyt die volgende bekom:
2 x Twee Rivieren; 4 x Nossob; 4 x Mata Mata & 3 x KTC. Dan 1 aand by Kgalagadi Lifestyle Lodge voor 'n laaste 2 aande by Augrabies.
En ten slotte - 6 aande by Nossob is beslis nie te lank nie.
Ek weet nie hoe vinnig verkoop staanplekke as besprekings oopmaak vir Augustus nie, maar is miskien beter om eers Sanparks self te probeer bel aaangesien hul reeds 07h30 oopmaak en privaat kantore gewoonlik nie voor 8am nie. Soos afgelope Julie het n plek soos Satara uitverkoop binne 10 minute....die tyd wat privaat kantore oopgemaak het, was dit reeds uitverkoop.
Ek self wil bespreking maak vir wildtuin in Augustus....dit is ons eerste keer dat ons in Augustus gaan, so weet nie hoe groot die aanvraag is op opening van besprekings nie.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, ek bespreek hoofsaaklik [slegs] deur Ezi bookings. Ek het vir Mei 2027 bespreek, en sonder 'n gesukkel al my plekke agtermekaar gekry, tewete Malelane, Skukuza, Satara en Tsendze. Ek het ongeveer 08h10 telefonies deurgekom na hulle toe.
My lus hang op die grond vir Kgalagadi, met klem op darem 'n paar aande in Nossob. Ek moet dalk my Sanparke en Baviaans los volgende jaar en kyk of ek vir Augustus daar kan bespreek.
Gou gaan kyk, baie plek in Twee rivieren, maar nie in Mata Mata of Nossob vir Junie en Julie 2027.
Geert, ek bespreek hoofsaaklik [slegs] deur Ezi bookings. Ek het vir Mei 2027 bespreek, en sonder 'n gesukkel al my plekke agtermekaar gekry, tewete Malelane, Skukuza, Satara en Tsendze. Ek het ongeveer 08h10 telefonies deurgekom na hulle toe.
My lus hang op die grond vir Kgalagadi, met klem op darem 'n paar aande in Nossob. Ek moet dalk my Sanparke en Baviaans los volgende jaar en kyk of ek vir Augustus daar kan bespreek.
Doen dit Wessel. Jy kan mos maklik met jou Kavango die Kgalagadi plat toer. Bel volgende Woensdag (1 Sep). Ek lê ook op 1 Sep van vroegmôre af op die foon om te probeer staanplek kry vir 3 maande volgende jaar by ATKV Eiland Spa. Danksy SARS se tegemoetkoming kan ek maar beplan vir volgende jaar.
Ja, om bespreking by Kgalagadi te kry bly maar ‘n probleem. Ons is 1 September 7;30 op die foon
Ja, om bespreking by Kgalagadi te kry bly maar ‘n probleem. Ons is 1 September 7;30 op die foon
Bel vanaf verskillende fone...1x op Sanparks en ander op satellite kantore. Sorg dat daar genoegsame lugtyd op foon is....veral die een vir Sanparks, soms kom jy deur maar moet nog n uur aanhou
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Bel vanaf verskillende fone...1x op Sanparks en ander op satellite kantore. Sorg dat daar genoegsame lugtyd op foon is....veral die een vir Sanparks, soms kom jy deur maar moet nog n uur aanhou
Goeie raad.
Ja, om bespreking by Kgalagadi te kry bly maar ‘n probleem. Ons is 1 September 7;30 op die foon
Kon julle gister plek gekry het?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜