Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23153 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18536 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6761 |
| BrianB | 6002 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3857 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1908 |
| Nico | 1828 |
| Hennie Botha | 1733 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1356 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 925 |
| JohanMarais | 834 |
| Fanie | 831 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 596 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 433 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 399 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 326 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Hoe maak ek my ou rally tent vas agteraan my nuwe kampvoertuig: 'n Renault Triber
Goeiemiddag aan almal, gewaardeerde kampgenote,
Vandag het ek weet raad nodig. Ons getroue ou Hilux langbak, waarin ons op 8 November 2021 begin kampeer het, deur 'n ou rallytent agteraan op te slaan en vas te maak en heerlik tweemaal per jaar vir 6 jaar mee gekampeer het, het onherstelbaar gebreek en ons het hom vervang met die beste bekostigbare voertuig, vir ons, waarin ons ook kan kampeer op dieselfde manier: want ons is geheel verslaaf aan hierdie manier van reis en kamp... met byna niks - agterin die bakkie en nou die Renault Triber. Ons het die Triber juis gekoop omdat ons, onder andere, sy agterste twee rye sitplekke kon uithaal en ons met 'n plank en matras dit net so kan doen as in die Hilux.
Maar dis nou my probleem. Met die Hilux kon ek die rallytent, met toue, geryg deur die dakrak van die canopy aan die Hilux se ringe aan sy bak vasmaak. Heeltemal veilig met minimum spanning aan die dakrak en veilig vasgemaak aan die bakringe van die Hilux. Dit het 100% gewerk en gegewe dat ons altyd met die neus in die wind gekampeer het, baie goeie skuiling gebied. Maar die Triber se dakrak is nie sterk genoeg vir so-iets nie, en hy het nie ringe aan die kant soos die Hilux nie.
Help my asseblief met voorstelle: hoe kan ek steeds die rally tent agteraan die Triber opslaan en aan die Triber heg soos met die bakkie?
Ek het gistermiddag die opset getoets en ek kan alles netso gebruik - tentpale en toue en tentpanne soos met die bakkie... daar is net nie opsigtelike maniere om die rally tent aan die Triber te heg nie. Die enigste oplossing wat ek sien is om lang toue, vasgemaak aan die rally tent soos met die Hilux, regoor die Triber se dak te span tot voor op die grond by die neus, sonder dat dit aan enige plek raak en die toue daar te anker met stewige tentpenne. Maar nou wil ek darem ook nie die opset na 'n "koekspul" laat lyk nie... ha ha ha
Jou voorstelle en kritiek sal baie waardeer word.
Op van my ander onderwerpe hier rond, kan gesien word hoe die Hilux met die rally tent gelyk het, ek daar sien ek natuurlik ook weer die gewaardeerde raad van kampvriende in 2021 en daarna, toe ons die manier van kampeer begin maak werk het.
Ek bevestig ook met dankbaarheid dat daardie manier van kampeer vir ons gewerk het, soveel so dat ons elke reis en elke kampeerplek baie geniet het. En ons sien nou ook baie uit na ons volgende reis aan die einde van November met die Triber... wat natuurlik heerlik minder petrol gebruik as die ou Hilux - dankie tog daarvoor!
Dis hoe die Hilux gelyk het met die rallytent aangeheg...

Hi Fanie ek het gaan kyk na die Triber voertuig en ek sien dat hy reeds 'n tipe van roof bars op het wat strek van voor na agter.
So my voorstel is dan as volg:
- Kry 'n dikker aliminium pyp wat effe langer is as wat die Triber breed is. Gebruik 'n swembad se skepnet pyp want jy kan sy lengte verstel soos benodig.
- Boor gate op elke punt en sit 'n eye bolt deur waarvan die eyebolt se oog teen die pyp is en die skroefdraad dan aan die ander kant vir 40mm uit steek.
- Die pyp maak jy met dik cableties vas aan die roof bars sodat hy dwars oor die Triber lê. Sy posisie word bepaal oor hoe lank jy die rally aan die agter kant wil laat uitsteek.
- Gooi die rally nou oor die voertuig en trek hom net net oor die pyp. Daar waar die rally by elke eyebolt kom sit jy 'n ring in die rally sodat die skroefdraad gedeelte van die eyebolt deur die ring in die rally kan druk. Jy kan nou die swembad pyp se lengte effe langer maak om die rally bo oor die Triber se dak styf te trek.
- Maak 'n anker tou aan die eye bolt se oog vas vou dit om die rally en haak hom om die eyebolt skroef draad vou terug om die rally en druk die punt van die tou deur die eyebolt af grond toe en anker met 'n tentpen.
- Die loop van die tou om die eyebolt se skroef draad hou die ringetjie in die rally vas aan die dwarspaal en terug af weer deur die eye van die eyebolt sal maak dat die skroefdraad regop bly.
- Die res van die rally slaan jy dan op soos altyd.
As meer ringe in die Rally tussen die twee eybolts sit kan jy die rally op meer plekke aan die swembad pyp vas Cable tie.
As jy die swembad pyp nader na vorentoe skuif in lyn met die agter deure se skarniere kan jy die agter deur onder die rally oop maak. Maar dit sal veroorsaak dat die kuier area onder die rally agter die Triber kleiner is.
Ek hoop my beskrywing is redelik duidelik.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek wou nog by sê
As jy 'n pool noodle wat die gat in die middel het sny kan jy klein gedeeltes gebruik om die swembad pyp sit wat dan op die Triber se Roof bars druk sonder om dit te beskadig.
Ek sien op jou foto van die Hilux gaan die Rally teen die kant van die Hilux af grond toe. Met die verstelbare swembad paal kan jy die paal verstel dat die Rally eerder bietjie verder van die voertuig af oop maak sodat jy bv die kant deur kan oop en toe maak.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Fanie ek weet jy wil jou bestaande toerusting gebruik. As dit egter nie in klip gegiet is nie, waarom oorweeg jy nie om 'n gazebo te koop nie? Dit sal vir julle dit moontlik maak om met die voertuig te ry sonder om eers kamp af te breek. Die gazebo is ook groter, minstens breër as die agterkant van die bakkie wat meer spasie onder dak sal gee.

Eerstems Leon, baie dankie vir jou moeite en deeglike verduideliking. My asem is weggeslaan.
Tweedens gaan ek my bes doen om jou verduideliking te verstaan.
Derdens dink jy die Triber se twee dakrakspore is sterk genoeg vir jou voorstel? Ek is dalk te oorverdigtig?

Dankie Fred jou voorstel maak absoluut sin. Die ding is net met die rally se sykante het ons betroubare beskutting teen sywinde en kan ons sit en kuier al reen dit. Ons stoelpote is lank. Die Gazebos wat ek ken het nie betroubare sykante nie.
Maar ons oorweeg dit. Ook die sg. Tail End Tents...
Maar soos jy sê is ons oorverlief op ons rallytent...
Eerstems Leon, baie dankie vir jou moeite en deeglike verduideliking. My asem is weggeslaan.
Tweedens gaan ek my bes doen om jou verduideliking te verstaan.
Derdens dink jy die Triber se twee dakrakspore is sterk genoeg vir jou voorstel? Ek is dalk te oorverdigtig?
Die dakrak spore van die Triber gaan geen gewig dra nie. Dit gaan slegs support wees afhangende hoe styf jy die anker toue gaan vas trek. My vorige ranger Wildtrak het soortgelyke Dakrak spore gehad. Ek het Thule se roofracks daarop gemonteer en 4x vol lengte (6m) lippe channel daarop vervoer. Solank die druk af is in die dak in sê ek behoort daar nie probleem te wees nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
As jy die swembad dwars paal naby die agterste montasie van die dak rak spore vas maak kan die dak rak spore glad nie iewers in die middel induik nader aan die dak nie.
Die anker toue trek die paal vas teen die dak en dan effe na vorentoe om te kompenseer vir die rally se opslaan pale en toue.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Jy kry kantseile vir gazebos by oa Takealot. Hier is een voorbeeld. Daar is versskeie ander.
https://www.takealot.com/side-wall-for-gazebo-3mx3m-white/PLID91573405
Daar is selfs opsies war reeds kantmure insluit.
https://www.takealot.com/joyful-waterproof-gazebo-canopy-blue-3-x-3m/PLID99235691

Leon ek hou baie van jou voorstel maar skynbaar is die Triber se dakspore baie swakker as die van die Wildtrak byvoorbeeld. Dit sal blykbaar gladnie enige rukwinde kan weerstaan nie omdat dit nie aan stewige interne "structural bars" vasgeboud is nie, maar slegs aan versterkte alluminium plate of so iets.
Met ander woorde die swakpunte is nie net die middel van die spore nie maar selfs waar dit vasgeboud is.
En hou in gedagte dat soos wat ons in en uit gaan klim agter gaan die agterkant sak en die ankertoue soos wat ons binne-in beweeg verswak en styftrek... daar sal dus nie n konstante traksie wees nie
Dankie dat jy aanhou verduidelik... ek oorweeg jou "prentjie" deeglik...
Fanie, slaanmaak die agterdeur van Renault na bo oop? wil julle deur die dag die agterdeur oop hou? Indien wel, sal jy mooi na hoogtes moet kyk, voordat jy 'n gazebo koop. ek weet nie of gazebo's se hoogte stelbaar en genoeg sal wees nie.
Dalk is die gazebo nie so prakties nie as gevolg van spasie. Die Triber het nie naastenby die pakplek van jou Hilux nie. Waaarskynlik kan hy ook nie 'n sleepwaentjie sleep nie, maar ek glo julle wil die uitkamp steeds minimalisties hou. As jy eers meer pakplek skep, begin jy ook almeer goed saamry.
Jy kry kantseile vir gazebos by oa Takealot. Hier is een voorbeeld. Daar is versskeie ander.
https://www.takealot.com/side-wall-for-gazebo-3mx3m-white/PLID91573405
Daar is selfs opsies war reeds kantmure insluit.
https://www.takealot.com/joyful-waterproof-gazebo-canopy-blue-3-x-3m/PLID99235691
Hmmmm dankie Fred ek hou baie van die tweede opsie. Hoe keer mens nou net dat die reen en wind by die oop kant, waar die Triber sal staan met sy agterkant oop, inkom.
Fanie, slaanmaak die agterdeur van Renault na bo oop? wil julle deur die dag die agterdeur oop hou? Indien wel, sal jy mooi na hoogtes moet kyk, voordat jy 'n gazebo koop. ek weet nie of gazebo's se hoogte stelbaar en genoeg sal wees nie.
Dankie Grompie, ek reguleer die hoogte presies wat die agterdeur oopmaak met n toutjie met n lussie, gehak om die punt van die gaslifter, vasgemaak aan die voet van die gaslifter. Dit werk baie goed en na die reis haal ek fie toutjie weer af.
Dankie vir jou waarskuwing.
Dalk is die gazebo nie so prakties nie as gevolg van spasie. Die Triber het nie naastenby die pakplek van jou Hilux nie. Waaarskynlik kan hy ook nie 'n sleepwaentjie sleep nie, maar ek glo julle wil die uitkamp steeds minimalisties hou. As jy eers meer pakplek skep, begin jy ook almeer goed saamry.
😃😃😃 jys reg Fred.
Ons het reeds gemeet en gepas en dit lyk darem of alles sal inpas...
Ja die Triber kom nie met n sleephak nie... laat my baie dink aan my ou Mini Clubman... pragtige rooie van die 70's... net groter binne as die Clubman... en met hordes meer bells en whistles...
Ons is heeltemal verslaaf aan die minimalisties reis en kamp, jys reg...
Dalk is die gazebo nie so prakties nie as gevolg van spasie. Die Triber het nie naastenby die pakplek van jou Hilux nie. Waaarskynlik kan hy ook nie 'n sleepwaentjie sleep nie, maar ek glo julle wil die uitkamp steeds minimalisties hou. As jy eers meer pakplek skep, begin jy ook almeer goed saamry.
Wel, die rallytent en grondnet ry opgerol agterop die voertuig met die tentpale. So as die toekoms n Gazebo is sal dit ook bo-op moet ry... 😄😄
.
My dogter het op 'n slag van agter uit haar Haval gekamp.
'n Baie groot Gazebo bo oor die hele Haval met 'n silverseil vas aan die gazebo wat gewerk het vir die rally gedeelte.
So kon sy steeds die Haval agter toe maak in die kar klim en winkel toe ry.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !