Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18488 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3794 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 360 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Hoe kampeer mens reis-reis net met en in jou Bakkie?
Goeiemore weereens aan almal,
Ons het nie meer die Woonwa nie - die ding het te oud begin word toe raak ek maar daarvan ontslae.
Nou oorweeg ons dit om net met die langbak-Bakkie te begin reis en kamp totdat ons eendag weer...
Maar nou wonder ek - ek het al voorheen gesien en gehoor soms kampeer ouens so reis-reis net in hulle Bakkies.
Hoe doen mens dit?
Ons hou van reis en kampeer - so ons sal die grootste deel van die dag voor in die Bakkie deurbring, in restaurante eet en so aan...
Goed - ek kan dink mens moet seker ook 'n plank en matras inbou?
Maar die spasie is so klein, al is dit 'n langbak... - het jy dalk ervaring van so iets en watse raad kan jy my gee?
Ons het 'n Toyota Hilux 2.7i...
Nou het ek kombi, werk baie beter. Maar jy sal selfs met NP200 regkom, die bak lyk lank genoeg.
Ek weet nie hoe jou finansiele toestand is nie...maar ek sal voorstel om miskien na n tent te kyk. Mens kan baie optimisties wees as dit kom by beplanning...maar om te doen is anders. Julle wat al die jare gewoond was aan karavaan kamp gaan moeilik aanpas om in n kar te kamp. Dit gaan jou begin frustreer. Jou basiese benodighede hoef nie veel te kos as jy met tent kampeer nie...maar glo dit gaan vir julle baaaaie meer plesier verskaf
Ek stem saam, tent en yskassie n moet.2 stoele klein stofie vir kos maak. ander goetters is nice to have.
Wat daarvan om 'n valsbodem in te bou? Ongeveer die hoogte van die "wheel arch".
Dan kan al die bagasie ens. onder die valsbodem gebere word in lang laaie en net die matras en beddegoed is bo-op.
Wil fotos laai, maar dit werk nie.

Jy praat van n idee wat nou al n ruk aan my karring. Vroulief is nie altyd reg vir toer nie, en se ek moet asb aangaan. Nou om n karavaantjie te sleep vir een is sinneloos.
Om met n sleepvoertuig te ry met n tent in, klink simpel.
Nou ek het ook n Landrover wat n aluminium canopy het, en Nissan 1400 bakkie met bokkerol op.
Nou wonder ek of ek met die Nissan n toer moet doen, tent en goete agter op, onder die tonneu cover. Magties n ou rugsak stapper gaan nie sukkel met spasie nie.
En dan gedink, so tussen bestemmings by van die Forum lede om te gaan vir n dagse aan te doen.....
Die eensaam sal my vang Neef Herman
Ek weet nie hoe jou finansiele toestand is nie...maar ek sal voorstel om miskien na n tent te kyk. Mens kan baie optimisties wees as dit kom by beplanning...maar om te doen is anders. Julle wat al die jare gewoond was aan karavaan kamp gaan moeilik aanpas om in n kar te kamp. Dit gaan jou begin frustreer. Jou basiese benodighede hoef nie veel te kos as jy met tent kampeer nie...maar glo dit gaan vir julle baaaaie meer plesier verskaf
Ek hoor jou duidelik Relaxed Camper en ek het 'n lekker tent maar ek is te lui om die ding elke oggend af te slaan en weer vanaand op te slaan...
Ek is selfs te lui om 'n Karavaan saam te sleep... veral as mens elke dag op 'n ander plek oorstaan...
Motorhome is natuurlik vir ons die ideale ding... maar ek dink ek wil eers voel hoe voel dit om (soos Flip en Tilla ook al gemaak het,) net met die Bakkie te toer... voor ek regtig oud is... ![]()
Maar moenie 'n fout maak nie - ek hoor jou mooi!
Nou het ek kombi, werk baie beter. Maar jy sal selfs met NP200 regkom, die bak lyk lank genoeg.
Oeeeeie en daai Bak van my is juis nie te stofdig nie Vicbay... ek beny jou waagmoed. Gaan later by jou aanklop vir nog raad.
Aaha! iets om die reen uit die bakkie uit te hou...
Dankie vir die fotos Vicbay... ek sien nou 'n afdak vir die Bakkie agter is 'n moet.
Maar ek wonder hoe lastig gaan die wind nou weer met daai Gazebo wees... en nou's ek amper weer terug by tentopslaan want as ek elke keer die Gazebo moet opsit kan ek net sowel tent opslaan... ![]()
Omdat ons albei (gelukkig) nie baie lang mense is nie, het ons gerieflik agter in die bak kon lê, maar moes dit so van hoek tot hoek doen.
Ons het net een tas vir klere, 'n gas silinder met 'n cadac "cooker", 'n koelboks, 'n klein opvoubare tafeltjie, twee opvoubare kampstoeltjies, 'n ketel en "toaster" saamgevat.
Dan ook natuurlik 'n paar koppies en borde ens.
Ons het die hele kaap en weskus platgetoer, asook 'n draai in Kruger gaan maak. Wanner jy op 'n plek kom waar jy wil staan vir die aand, het ons eenvoudig alles uitgehaal agter en voor in die "cab" gesit, die canopy se venstertjie oopgemaak en lekker musiek geluister oor die radio. Die alarm aangesit en geslaap....Dit was die lekkerste kamp-en-toer ervaring ooit!
Jy praat van n idee wat nou al n ruk aan my karring. Vroulief is nie altyd reg vir toer nie, en se ek moet asb aangaan. Nou om n karavaantjie te sleep vir een is sinneloos.
Om met n sleepvoertuig te ry met n tent in, klink simpel.
Nou ek het ook n Landrover wat n aluminium canopy het, en Nissan 1400 bakkie met bokkerol op.
Nou wonder ek of ek met die Nissan n toer moet doen, tent en goete agter op, onder die tonneu cover. Magties n ou rugsak stapper gaan nie sukkel met spasie nie.
En dan gedink, so tussen bestemmings by van die Forum lede om te gaan vir n dagse aan te doen.....
Blink idee Neef Hermann... Die Nissan NP200...
...ek kan onthou daar was eenkeer iemand hier op die forums wat fotos geplaas het van hom en sy hond wat so met die klein bakkie getoer het... maar ek dink hy het 'n tent ook gehad... so 'n deurmekaar-tent wat mens net maak staan en na 'n paar dae se kamp en luis wees, nogal heel windverwaaid lyk... ![]()
... maar hy en sy brak het te heerlik en gesellig gekamp... ![]()
Omdat ons albei (gelukkig) nie baie lang mense is nie, het ons gerieflik agter in die bak kon lê, maar moes dit so van hoek tot hoek doen.
Ons het net een tas vir klere, 'n gas silinder met 'n cadac "cooker", 'n koelboks, 'n klein opvoubare tafeltjie, twee opvoubare kampstoeltjies, 'n ketel en "toaster" saamgevat.
Dan ook natuurlik 'n paar koppies en borde ens.
Ons het die hele kaap en weskus platgetoer, asook 'n draai in Kruger gaan maak. Wanner jy op 'n plek kom waar jy wil staan vir die aand, het ons eenvoudig alles uitgehaal agter en voor in die "cab" gesit, die canopy se venstertjie oopgemaak en lekker musiek geluister oor die radio. Die alarm aangesit en geslaap....Dit was die lekkerste kamp-en-toer ervaring ooit!
Briljant! Dankie Joe... ek het juis so 'n Sleeper Couch wat ons nooit gebruik nie! Dankie vir jou gedetaileerde beskrywing!
Het nou juis vir my 'n Rhinoman alm. canopie bestel vir my Ranger. Volgende jaar is dit weer Namibie en Okavango en woonwa kan nie saam. Steel nog met die oog orals waar ek kom na manne se "rigs". Wil bakkie mooi inrig maar soek nie daktent nie. Het al gesien met tent op die dak vir vervoer maar gly op rollers langs bakkie af tot so meter van die grond.
Gelukkig het ek tyd en al sal hier dophou vir tips.