Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23105 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6743 |
| BrianB | 5987 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3814 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 591 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 373 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Happy Wanderers
My eerste 30 dae weg van die huis af was by Happy Wanderers, en ek het vinnig besef: dí́s is die lewe!
Ek moet bieg, dit vat ’n bietjie tyd om gewoond te raak aan die kamp- en karavaanlewe, maar ek kan myself maklik sien om dit gereeld te doen. Ek was sommer jammer toe ek die Saterdag moes oppak en terugry huis toe.
Die ervaring was so goed dat ek reeds weer vir Mei 2027 bespreek het vir nog 30 dae. Ek het baie geleer gedurende die maand, veral hoe om die uitdagings van reën en wind van alle kante af te hanteer. Ek het ook vinnig agtergekom wat noodsaaklik is, wat by die huis kan bly, wat ek kort, en natuurlik wat ek nog graag wil koop!
Bo alles het dit my weer laat besef hoe bevoorreg en geseënd mens is om so ’n geleentheid te hê. Ek kan sonder twyfel sien hoe ek dit vir drie maande of selfs langer op ’n slag sou kon doen.
Die oord self is uitstekend. Die winkel het byna alles wat jy nodig het, so jy hoef skaars te ry. Die badkamers is altyd skoon en die terrein word baie goed onderhou.
Alles in ag genome was dit ’n fantastiese ervaring, en ek sien reeds uit na my volgende lang verblyf
PS: moenie 'n Sponono wasmasjien koop nie... werk nie



