Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23051 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18463 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6719 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3762 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2195 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1525 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1440 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1349 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 833 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 578 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 480 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Grompie | 339 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 167 |
| mplester | 159 |
Elephant waterhole - Terugvoering
Hierdie oord is binne in die Dinokeng Big5 reservaat self. Die laaste 6-7km na die oord is grondpad....dis doenbaar met n pad karavaan, maar sal voorstel om dit rustig te vat. Die ontspanning self van die oord self gaan natuurlik oor die rustigheid van die Big5 reservaat self wat ons baie geniet het.....daar is geen verby paaie wat verby oord gaan nie, so dis basies jy en die geluide van die natuur. Daar is n lekker swembad wat seker n lekker laafenis gaan wees gedurende die warmer somers dae. Dan is daar jungle gyms vir die kinders. Nelmare en Wollie, die eienaars, was baie vriendelik en was baie behulpsaam vanaf ons die dag navraag gedoen het, bespreek het, kom kuier het tot ons vertrek het. Die badkamers was n plesier om te gebruik en was deurgaans skoon gewees. Ons het deurgaans veilig gevoel....die oord is goed omhein om die Big5 uit te hou, maar is automaties ook n aanwins om ongewenste elemente weg te hou, maar geen onveilige gevoel was ter sprake nie. Daar is n winkeltjie wat die basiese goed soos hout en ys verkoop asook n roomys en koeldrank en paar ander items vir kinders. Daar is ook n klein restaurantjie op perseel wat ook n lekker koue biertjie ensovoorts beskikbaar het, maar ons het nie van daai dienste gebruik gemaak nie. Die atmosfeer was heeeeerlik rustig. Ons was baie bevoorreg gewees om 2x leeus vroeg die Saterdag oggend by die watergat te sien water drink....dit was n onbeskryflike ervaring gewees.....net die oord se heining tussen ons en die leeus....seker so 20m van ons af. Verder om net lekker by jou tent te sit en te geniet van die natuurgeluide en ander diere wat kort kort die watergat kom besoek dop te hou....dit is besonders. Daar is basies 4x baaaaaie groot staan plekke, maar as jy n redelike groep is bespreek mens sommer die hele kampeer terein vir jou groep. Ons was n groep wat hiernatoe gekom het en ons het die hele kampeer area vir onsself gehad. Alhoewel daar net 4x staanplekke adverteer word, was ons groep oor die 40 mense en ons het wyd uitmekaar gestaan.....niemand bo-op mekaar gestaan nie. Jy kan jou kampeer opset ook sò opstel dat jy lekker oor die watergat uitkyk waar die diere gereeld inkom. Staanplekke was gelyk, maar was stowwerig van die droë seisoen wat agter die rug is. Kragpunte en waterpunte was gerieflik naby. Daar is paar baie netjiese kamers /chalets te huur op die perseel vir die mense wat so bietjie wil cheat en nie kampeer nie. Die Lapa kamer se uitsig was vir my die mooiste....oor watergat. Daar is paar toerime aantreklikhede in die omgewing, maar ons het dit nie besoek nie....ons kuier was hoofsaaklik rustig in die kamp en n wildsrit deur die reservaat gedoen. Ons hele groep van byna 50x mense het dit almal vreeslik baie geniet en net goeie terugvoering vanaf hulle gehoor....so ek kan hierdie oord enige tyd aanbeveel vir die kampeerder {of chalet} wat hou van die rustigheid van die natuur en net lekker wil ontspan. Ek sal graag weer in die toekoms my tent penne hier wil kom inslaan....
Ek plaas so n paar foto's
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
1
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert thanks for the feedback and the pics. I will recommend this one to my daughter they live close enough to go there.
.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Geert. Dit lyk lekker.
P
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
EWH
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Skuus die fotos is in sulke sarsies geplaas, maar stelsel wil nie alles eenkeer laai nie....laai n paar en gee dan errors![]()
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Wou nog vra, gaan daardie draad daardie leeu keer??? Julle is lekker braaf ![]()
Geert wat kos dit per aand of naweek.
Dink ek moet daar gaan aansterk na my Op maandag.
Bel my of stuur jou nommer my foon is gesteel by die hospitaal vandag.
Groete
Kampeer is R120/R135 per volwasse per nag. Maar jy sal seker wil gebruik maak van die kamers na jou operasie. Ek sal net gaan vir die Lapa kamer....hy is die enigste wat uitkyk oor die watergat. Die ander kamers kyk ander rigting wat rustig is, maar nie veel diere daai kant nie. Lapa kamer is R800/ nag oor naweek gewees.....weet nie of hulle spesiale prys vir deur die week het nie. Dis n 4-Bed {2x Dubbelbed} Die 2slaap eenhede is R600. Dis baie netjies....lyk of hulle splinternuut oorgedoen is baie onlangs.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit lyk heel chapperig en gesellig daar.
Baie mense is maar skugter oor die Big 5 storie van Dinokeng en hier is fotos van 'n leeu daar.
Maar aai dit sal maar moeilik gaan om my wa oor daai grondpad te sleep.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Goeie oord verslag!
Dankie.
Ek sal die plek net na 'n winter seisoen 'n mis gee veral in Augustus.
Daai rooi grond en stof gaan 'n pyn wees.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dust can be managed by a ground cover under tents, looks very grand, thanks for the tip
True. I will just skip August.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Geert.
Jy moet vir ons ingedagte hou dat jy ons gaan wys na die eerste reën.
Glo Leon sal saam gaan dan nog n pêl kry.
Hou dit in gedagte.
oom Chuck, hoe moet ek jou bel as jy nie 'n foon het nie. Is dit nou 1Mil Hosp se pasiente wat nie ander se goed kan uitlos nie?
Ek probeer wel.
Geert, dit lyk lekker. Sal n' groot grondpad woonwa soos n' Exclusive/Sensation dit tot daar kan maak?
Ek het n' draai daar gemaak maar nie met die doel om daar te gaan kamp nie. Dit is n' lang grond pad met die laaste gedeelte maar kronkelig en smal?
Was daar 747's?
Paul
Ek glo mens sal met enige wa daar kan inkom, maar sal dit baie stadig moet vat. Om na die oord te ry neem mens daai lang reguit brandpad vanaf Dewagensdrif pad af.....oord maak hek via selfoon oop. Ek kan nou nie so dink dat daar laag hangende takke voor die oord self was wat jou sal pla nie. Ons het egter met n tent gegaan. Dit was egter weer iets gewees waaraan ons gewoond moes raak aangesien ons lanklaas dit gedoen het, maar was op die ou einde bly, want met die droogte pla daai rooi stof baie.....was n goeie skoonmaak sessie gewees toe ons tuis was.....ek dink dit sal heelwat erger gewees het met karavaan as stof oral sou inkruip, maar so het elke sport maar sy beserings :-} As jy 10 of meer mense is, bespreek jy basies die kamp gedeelte vir jouself....so ons het die hele plek vir onsself gehad. Die oord bied egter picnic geriewe aan, maar toe ons daar was het daar deur die dag net 2x gesinne ingekom en vir hulle ontbyt op n skottelskaar gemaak en weer verder wildsbesigtiging gaan doen. Ek het al voor ons verblyf al seker 5x daar picnic {Hotdogs of hamburgers gebraai} gaan hou tydens ons wildsbesigtigings as ons by ander kampe gebly het....nog nooit enige onaangenaamdhede van ander ervaar nie,,,,was altyd nog alleen daar as ons picnic daar hou met n paar kampeerders.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie vir die terugvoer Geert. Ek sien nou eers die draad. Jy het ook net geluk aan jou kant met wat jy sien.




