Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23023 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2184 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Wild Track
'n Waarkuwing vir Ford Ranger 2 L eienaars en houers van verlengde waartborge: Ons kinders het sowat twee weke gelede teruggekom van Mozambiek met skoonseun se Ford Ranger Wild Track 2 liter toe die kar so 30 kilos van Pretoria af gaan staan het. Baie gelukkig naby die huis. Hulle het suid van Maputo gekamp met 'n tent trailer, waar jy net met 'n 4X4 kan kom, so dink net aan die situasie as die voertuig daar gebreek het!
Hulle het pas gehoor dis die 'timing belt' wat ingegee het. Die betrokke model het 'n rubberband wat binne die masjien in olie loop. Ek het gaan navorsing doen en gevind dis 'n baie swak ontwerp. Dit is veronderstel om sowat 'n kwart miljoen kilos te hou maar daar is gevalle- soos die een- waar dit baie vroeër begin disintegreer het. Die dele wat afbreek kan ook die oliepomp verstop en so groot skade aan die masjein veroorsaak. Die kwotasie vir die herstelwerk aan skoonseun se bakkie is 150 duisend rand. Hy het 'n verlengde waarborg maar soos verwag kon word, wil die assuransiemaatskappy nie die eis eerbiedig nie. Hulle gaan nou ombud toe maar intussen moet die voertuig herstelk word.
Die masjien word nie meer vervaardig nie omdat Ford besef het dit is 'n swak ontwerp. So my raad is, as jy so 'n voertuig het, raak van hom ontslae en moet nie eers daaraan dink om so een tweedehand te koop nie al kan jy dit amper verniet kry. Sommige klein Fords, oa sommige Ecosports en Focus modelle het ook so 'n band.
Ek het nou net gehoor die bakkie het maar 70 duisend kilos op die klok. Al die voorgeskrewe diense is by Ford self gedoen en dit is ook gediens net voor hulle vertrek na Mozambiek. Daar was toe 'n geluid wat Skoonseun aan die werkswinkel genoem het en die mense het hom verseker dis niks om bekommerd oor te wees nie. Die band is 'n bekende probleem by Ford maar anders as die Kugas wat gebrand het, is dit baie stil gehou. Ek het self 'n Kuga (wat NIE gebrand het nie) gehad, waarmee ek duur ratkasprobleme gehad het en nou hierdie geval. Dit maak dat indien ek weer 'n nuwe voertuig sal koop, wat op my leeftheid onwaarskynlik is, dit nie 'n Ford sal wees nie.
Ja well it is what it is.......................... Ek het tans so Ford Wildtrak en moet maar doen daarmee. Daar is nie fondse vir die vervanging daarvan nie.
Hy moet maar doen. Uitgelewer aan die Heer se genade.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, dit is slegs sekere 2 liter Wildtracks wat die probleem het. Hoop joue is nie een van hulle nie. Maak maar seker wat die geval is. Indien dit is, beveel verskeie eienaars op internet aan dat die bande nie meer as 100 duisend kilos moet loop voor dit vervang word nie. Ford beveel aan 160 duisend kilos maar waarskynlik is dit bietjie optimisties. Hulle het vroeër selfs 240 duisend kilos aanbeveel! Omdat die masjien uitgehaal moet word om dit te vervang, lyk dit my dit kan 'n duurderige operasie wees maar sekerlik minder as wat die band verbrokkel, olietoevoer afsny word en groter skade aan die masjien gedoen word. Internet sê die vervanging sal tussen R18 en 25 duisend kos.
Hoop nie ek het jou gemoedsrus verstoor nie maar dis beter om te weet as om fataal verras te word.
Die internet is vol van die gevalle waar hierdie timingbelt in olie probleme gee. Ek kan nie presies onthou nie, maar is dit nie net die 2l bi-turbo enjins wat die probleem het nie.
Amarok het ook die spesifieke masjien met die 2.3l petrol masjien vervang, seker vir dieselfde rede.
Ford herbou blykbaar nie meer die 2 liter bi-turbo masjiene nie, hulle vervang bloot die masjien met 'n splinternuwe een. Die masjien moet ingevoer word wat sowat vyf weke sal duur en dan kom die werk nog by. Dit is waarom my skoonseun R150,000 gekwoteer word om sy bakkie te herstel. Nie goeie nuus nie!
'n Mens wonder waarom Ford tot onlangs hierdie masjien gebruik het terwyl hulle vroeg blykbaar al agtergekom het dit is 'n probleemmasjien. Een kommentaar sê dis maar soos groot korporasies werk. Hulle het baie geld bestee om 'n tegnologie te ontwikkel en hulle sal aanhou om dit te produseer tot hulle hul belegging verhaal het. Ons, die verbruikers, moet maar daarvoor betaal. En weereens soos met die brandende Kuga's, het hulle dit probeer stil hou- die keer meer suksesvol as met die Kugas. Foute word gemaak met voertuie maar eerbare vervaardigers erken hulle foute en herroep voertuie vir opgraderings.
Sjoe dis slegte nuus. Kan hulle nie die plaaslik beskikbare 2l enkel turbo enjin goedkoper insit nie. Ander opsie is om die 2.3l turbo petrol masjien te oorweeg vir inbou. Dan is jou seun vir aktyd klaar met daai "wet belt" probleem.
Soos gister genoem, die internet het al geruime tyd terug ontplof oor die probleem. FordSA dink seker ons mense lees/besoek nie die internet nie.
Dit is nie prakties om 'n ander Ford motor te gebruik nie. Daar is hope elektronika betrokke wat nie gaan werk met 'n ander masjien nie. Skoonseun het dit oorweeg en met die deskundiges te bespreek. Vyftig jaar gelede was so-iets maklik en is gereeld gedoen. Ons het dit ook gedoen, bv om 'n 1600cc Cortina masnien in 'n Anglia in te bou of 'n Ford V6 in 'n VW Kombi, maar tegnologie het nou so verander dat dit net nie meer doenbaar is nie. Baie jammer want dit sou 'n baie goeie oplossing gewees het. Behalwe vir die masjien, lyk die bakkie of hy pas van die vloer af kom.
Fred, ek lees nounet van die terugroep van sekere Toyota LC300 modelle. Dis die met die twee turbo V6 petrol masjiene, vervaardig tussen 2022 en 2024.
Blykbaar het daar fyn metaal residu na vervaardiging in die enjins agtergebly, wat moontlik skade kan veroorsaak. Toyota vervang daardie enjins GRATIS met splinternuwe enjins.
In my skoonseun se geval sê Ford hulle gaan nie sy verlengde waarborg eerbiedig nie want hy het nie 'n egte Ford uitlaatstelsel nie! Dis net 'n standaard stelsel. Die verlengde waarborg noem sewe redes waarom hulle nie die waarborg sal eerbiedig nie. Een is as daar veranderinge aangebring is wat kon lei tot die skade. Hoe gaan 'n uitlaatstelsel die tydband laat disintegreer? Skoonseun aanvaar hulle verskoning nie. Ford het nie regtig 'n rede om die eis te weier nie- hulle probeer net geld spaar. As die saak in die hof moet eindig, sal dit.
Is die verlengde waarborg by Ford, en nou wil hulle nie dit eerbiedig nie.??
Ek stem saam, die uitlaatstelsel kan nie blameer word nie.
Daar is mos 'n ombudsman betreffende sulke eise/probleme met voertuie en handelaars. Ek het egter geen idee hoe om die ombudsman te kontak nie. Dalk kan die AA mens met kontakbesonderhede help.
Enige verseekerings maatskapy werk so. As die bande nie padvaardig is nie weier hulle om die ongeluk skade te betaal. Al het die twee niks met mekaar uit te waai nie.
Sterkte met die skade.
Paul
Dankie Wessel. My kinders het die saak onder beheer en weet wat om te doen. Beide is heel kundig en sal hulle nie laat bedrieg nie.
Ja....ek sê altyd n versekering en mediese fonds wys hul ware kleure as dit by eis kom. Almal kyk goed en die beste diens as dit by verkope van polis kom. Onlangs moes my seun vir operasie gaan....wel bekend "goeie " mediese fonds....eerste groot eis na 13 jaar....hul betaal R4000 van die R60,000 rekening. Dis maar n derde van jou maandelikse premie.....
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Stem saam met Geert.
N’ vriend met ń Pajero soos myne seize op 85000km. Hy eys toe onder waarborg. Twee mense van Mitsubishi Japan kom kyk na die skade. Hulle keur toe sy eyes aff om rede hy ń wynch foor op het.
Swak!
Paul
Stem saam met Geert.
N’ vriend met ń Pajero soos myne seize op 85000km. Hy eys toe onder waarborg. Twee mense van Mitsubishi Japan kom kyk na die skade. Hulle keur toe sy eyes aff om rede hy ń wynch foor op het.
Swak!
Sjoe....unreal, maak mens woedend
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit blyk nou dat daar nie sekerheid is oor wat met my skoonseun se bakkie verkeerdgeloop het nie. Die werkswinkel het met 'n kameratjie vasgestel dat die tydband nie gebreek het nie. Daar was ook tot vanoggend, twee weke na die voertuig aan die werkswinkel besorg is, nie 'n eis by Ford ingedien nie hoewel die diensadviseur beweer het Ford het die eis verlede week reeds afgekeer. Weet nie hoe sy daaraan gekom het nie.
'n Inspekteur van Ford het vandag die kar ondersoek en omdat daar 'n gesofistikeerde stelsel wat dit so te sê onmoontlik maak om dit te steel, geïnstaleer is, het hy bloot geweier om die eis te eerbiedig. Dis omdat daar die verandering nie goedgekeurde was nie alhoewel daar geen manier is dat dit skade aan die masjien kon veroorsaak nie. Die tak se diensbestuurder is heel ongelukkig oor Ford se houding en hy neem die saak verder.
Met my Kuga het 'n bracket gebreek onder waarborg. Ford het ook beweer dit is onmoontlik en die diensbestuurder op Pietersburg het ook die saak vir my baklei en hulle moes uiteindelik toegee. Dit lyk my Ford het die beleid om duur hersel-eise af te keur en te kyk of die klieënt dalk maar gaan omrol en dood speel. Gelukkig behoort die agentskappe nie aan Ford nie en hulle is begaan daaroor om die voertuig se reputasie te beskem want hulle bestaan hang daarvan af. Snaaks dat Ford blykbaar nie omgee oor hulle reputasie nie.
Kyk ek het het 2 stelle met Ford afgetrap hier in Centurion ... dit is maar altyd Ford se Modus operandie en daarom sal ek nooit weer 'n Ford koop nie... By Volvo toe my V50 Volvo probleme gegee het en 3 weke by hulle in die werkswinkel was het ek geen probleme gehad nie... nie met hulle diens of parte wat hulle moes insit nie... selfs 'n sweed ingekry om die probleem op te los want hulle het nie meer geweet wat fout is nie ( was so erg dat hy die tripple layer pc geblaas het sodra jy 12 Volt op hom sit ) en daar was min standaard op die Volvo en hulle het betaal.
Ek het jare terug 'n 1.6 TDCI Fiesta nuut gekoop en binne 30 000 km toe kom die management liggie aan en dan gaan die kar in limp mode in, Gaan in na Lazarus Ford toe... Hulle strip toe omtrent alles uit, injectors, dieselpomp en die turbo... Kom 'n week later terug na my toe en se hulle het water in die diesel filter gekry wat die injectors vernietig het en dis nie gedek deur die waarborg... Kan hulle maar vervang teen R10 000 stuk op daai stadium... ek gaan toe maar voort want dit is darem 'n nuwe kar en hulle skryf toe al die labour koste af... Ry die kar vir 2 dae... op die hoofweg selle probleem... Ek het Collin Lazarus self gaan sien in sy kantoor en gese dankie maar ek soek my geld terug en jy kan sommer die kar ook hou maar soek die nuwe prys terug en dit was gedoen.
Nuwe BT-50 Mazda gekoop... op 80 000 km kry jy daai bakkie nie gestart nie maar dit gebeur net so af en toe... , vat hom in nog onder diens plan... Tony die Porra wat daai tyd nog die workshop manager was se vir my dis die solenoid op die dieselpomp en hulle moet die dieselpomp vervang want die solenoid is deel van die pomp en nie 'n komponent wat uitgehaal kan word nie.
Die volgende middag ry ek na Lazarus toe en vra waar is my bakkie, nee se hulle dat hulle dit nie self regmaak nie en het die bakkie gestuur na 'n diesel spesialis toe... Ek se toe waar... wou my eers nie se nie maar ek kry toe die adres, ry af in PTA-Wes in en hier kry ek my bakkie by 'n backyard mechanic waar die swart man in die grond sit met my bakkie se dieselpomp voor hom op die grond en die solenoid van die dieselpomp afslaan met 'n hamer en 'n bytel... jy werk nie so met 'n dieselpomp nie
Terug Collin Lazarus toe met fotos en hulle het nuwe diesel pomp ingesit... Moes hulle wel dreig met ek sal die RMI kontak so ek soek antwoorde
