Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1456 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Wawielpark
More mede kampers.
Ek het advies nog. Ek beplan om oor Kersfees by Wawielpark te gaan kamp. Was enige iemand onlangs daar wat aanbevelings of advies oor die plek kan gee. Ek was nog nooit daar nie en sal waardeer as iemand dalk kan terugvoer gee.
Baie dankie
Dit is Å„ baie lekker plek met groot atmosfeer.
Daar is baie om te doen vir groot en klein.
Ek dink net gedurende Kersfees is nie Å„ geskikte tyd nie agv dagbesoekers Kersdag, die 26ste en Nuwejaar wat die oord totaal en al oorneem.
Die stadium toe ons daar was het ons tot dagbesoekers gemerk wat deur die karavaan park beweeg.
Alle kampeerders het maar by hulle karavane/tente gesit vir beskerming.
Op daardie dag het hulle die geriewe vir Å„ ekstra uur aangehou sodat kampeerders ook hulself kon geniet nadat die dagbesoekers weg was.
aggenee Gerrie. Voor jou inset het ek gou na Wawielpark se website gekyk. Dis regtig 'n puik plekkie en dit nogal in die Vrystaat.
Hulle laat net 250 dagbesoekkers toe per dag wat 'n nagmerrie kan word vir die kamper wat se goed meestal oop staan.
Ek kan dink oor die feestyd dat dinge sal handuitruk.
Dankie vir die info Gerrie.
Vind uit by hulle of hulle wel nou dagbesoekers toelaat met covid. Ek weet van oorde wat nou gladnie dagbesoekers toelaat.
Moet asb nie dat my bogenoemde terugvoering Å„ negatiewe reaksie teenoor die oord wees nie.
Alle oorde het en gaan deur moeilike omstandighede agv die Covid en waardeer elke sent om verliese op te bou en ek gun dit hulle net solank dit beheer word.
My terugvoering verwys na 5-jaar gelede en ja, indien hulle, hulle tariewe bietjie aanpas wat bekostigbaar is, sal ek definitief terug gaan.
Baie dankie vir die terugvoer Gerrie. Ek sal definitief die dag besoeker ding met hulle bespreek. Maar dit lyk na 'n baie lekker oord vir jonk en oud.
Groete.
Ek is self nog opsoek na n plekkie vir Desember. Hierdie oord lyk inderdaad heel lekker. Daai dagbesoeker idee sit my ook af....250 is lyk my nou deel van hul covid regulasies, wonder hoeveel mag inkom as daai regulasie opgehef word?
Gebruik oornag mense en dagbesoekers dieselfde fasiliteite of het hul hul eie geriewe?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hulle het hulle eie geriewe, maar jy kry die nuuskurige lot.
Toegang vanaf dagbesoeker en kampeer area word beheer deur sekuriteit, maar LENS se mense kom rivier wal se kant deur wat dit ongerieflik maak vir kampeerders.
Vertrou jy weet wat ek bedoel met "LENS"
.
Ek moet darem ook byvoeg: Die enigste gerief wat buite perke is vir dagbesoekers, is die Warm Water Onderdak Gerief, maar wie wil nou in bloedige hitte Onderdak gaan ontspan??? terwyl jy Å„ tarief betaal vir alle gebruik.
Ek het besluit om die park te bel vanoggend en die Covid regulasies en die dag besoeker kwesies aan te spreek.
Die persoon wat met wie ek gesêls het het my verseker dat die dagbesoekers gladnie by die kamp terein kom nie. Hulle word blykbaar afgebaken by 'n deel van die oord. Kampeerders het dus die keuse van 'n koue en warm water swembad wat nie deur dag besoekers gebruik mag word nie, dis nou as jy nie met dag besoekers die res van park wil deel nie.
Daar is Covid besperkings huidiglik wat 250 dagbesoekers bevat. Maar ons weet nie hoe dit teen Desember gaan wees nie, wat vir my sin maak. Alles is maar deur mekaar op die oomblik.
Ek het maar besluit om vir my 'n "stand" te bespreek, kom wat wil. Vir my lyk en klink die oord "bakgat" . Kan nou nie wag vir Desember nie, sien uit na 'n lekker kamp en hengel in die Vaalriver saam met my gesin!!
Ek is bly oor jou besluit.
En ja, die Karp loop mooi daar.
Die rivier stroom is redelik sterk, veral om te vang van die wal af en lyne met buurman raak soms verstrengel
, maar ek het paar mooies getrek vanaf die wal wat redelik styl is.
Die beste plek om te vang is vanaf die rivier brug stroom af.



