Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Wat is 'n aanvarbare tyd om 'n oord te ontruim op 'n Sondag
Nadat Tommie van Buffelspoort my gekontak het oor my terugvoering van hul kennisgewings, het ek dit goed gedink om 'n draad te skep oor aanvaarbare tye om 'n staanplek te ontruim.
Ek persoonlik dink 15:00 is 'n aanvaarbare tyd indien die oord jou versoek om die staanplek te ontruim.
As 'n mens dit vat kom jy enige tyd tussen 15:00 en 18:00 by 'n staanplek aan op 'n Vrydag, en dan om dinge te regverdig en om waarde vir jou geld te kry, dink ek Sondag 15:00 is darrem net regverdig, nie 10:00 die oggend nie.
Wat is julle gevoel, en watter tyd dink julle is aanvaarbaar om 'n staanplek te ontruim?
Goeiemôre Bosvelder,
Eerstens - ek dink ook die 10:00 Sondagoggende is on-lekker. Die probleem is dat in 'n gewilde Oord, daar dalk 'n Makker kan wees wat wag vir DAAI staanplek en hoe nou gemaak. Ek is egter van mening dat dit BAIE MIN gebeur.
Tweedens - om op te pak en dan vir die res van die dag in die oord te kuier -- daai kite vlieg ook nie vir my nie. As ek gepak het is my naweek verby en moet ek by die huis kom.
Derdens - ek sien geen rede waarom ons nie 15:00 (of selfs tot 17:00) kan waai -- as daar nie reeds iemand wag vir die staanplek. Dit behoort nie 'n kernfisikus te neem om uit te werk of iemand anders die staanplek sal benodig wanneer jy jou bespreking doen nie en die Oord kan mens vooraf waarsku as dit die geval is en dan is die keuse weer joune om voort te gaan, te skuif, of te kanselleer.
My straaltjie - baie dankie
Ek stem heeltemal saam met jou.
Ek hoop maar net Tommie kom op hierdie draad af sodat hy die publiek se gevoel kan kry en sien dat dit nie net my en my klub se mening is nie.
Yes, ek stem saam met daai 3 uur tyd op n Sondag. Ek voel om 10 uur alreeds opgeslaan te wees op n Sondag is heels te vroeg, want die oord mense het niks om agter my skoon te maak nie, dis nie soos in n rondawel of chalet waar hulle die "oord staf" die bedde goed en plek moet kom skoon maak nie.
Ek glo ook dit gaan vir my oor hoe ver ek het terug huis toe, as dit dan 200 - 300 km of so iets is sal ek vroeer oppak en ry, so dit hang af maar 10 uur wow te vroeg vir my.
Groete ekke............
Three-O-clock if there is nobody waiting...
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
When we managed the two different resorts back in the 90’s we had a simple policy when it came to this Sunday problem, or even any other day for that matter.
If no one has booked your site, you can pack up mid to late that afternoon, when you please, but try being out by 17:00, enjoy the last day at the facilities on offer.
If some one has booked your site on your last day, THEY are entitled to take it over from anytime after 10:00am, so please pack your site up, but park your rig in the parking area and enjoy the facilities till mid to late afternoon.
One should consider that following: How would you feel if you get to a park after long a trip and someone is still on your site taking their own time packing up.
Sundays are a contentious topic in various resorts, the larger ones like the one mentioned in that other topic is just too big to bend certain rules, privately owned and run resorts that have “peoples skills” and “personally meet and greet” would defiantly allow you the benefit of the doubt.
Over 25 years in my camping profession and this topic is still about.
Gonnie
Ons ry gewoonlik so 11:00 se kant, staan op eet iets en pak rustig op ons tyd op. As ek opgepak is wil ek oook ry en kan nie nog sit en rond kuier nie!
Ek sien geen rede hoekom dit so vroeg moet wees nie, kan dit 15:00 maak want mens kom meeste van die tyd laat op n Vrydag middag elk geval daar aan.
When we managed the two different resorts back in the 90’s we had a simple policy when it came to this Sunday problem, or even any other day for that matter.
If no one has booked your site, you can pack up mid to late that afternoon, when you please, but try being out by 17:00, enjoy the last day at the facilities on offer.
If some one has booked your site on your last day, THEY are entitled to take it over from anytime after 10:00am, so please pack your site up, but park your rig in the parking area and enjoy the facilities till mid to late afternoon.
One should consider that following: How would you feel if you get to a park after long a trip and someone is still on your site taking their own time packing up.
Sundays are a contentious topic in various resorts, the larger ones like the one mentioned in that other topic is just too big to bend certain rules, privately owned and run resorts that have “peoples skills” and “personally meet and greet” would defiantly allow you the benefit of the doubt.
Over 25 years in my camping profession and this topic is still about.
Gonnie
When I pack up, I see it as the end of the weekend.
If I have to vacate the stand I'd rather vacate the premises and that resort won't see me again...
There are plenty of other resorts that have almost the same facilities, that do not require you to vacate your stand on or before 10:00...
I'd rather support them in this matter...
Ek sou sê dioe algemene gevoel is dat indien staanplek bespreek is vir selfde dag, is dit net regverdig om beskikbaar te maak teen 10uur, en hier behoort oord jou vooraf te kan waarsku.
Anders is 3uur of later in die haak, tensy oordbestuur nou weer voel hulle werkers moet 1uur klaarmaak om te tjaila. Weereens oordbestuur moet jou kan inlig VOORAF, sodat jy besluit of jy buig vir hulle reëling, of jy ander plek soek.
Ek moet erken dat daar nie baie oorde is wat sulke inligting vooraf gee, sonder dat jy VRA daarvoor, en ons wil so graag weggaan, ons dink nie aan alles nie, en vergeet om te vra.
Andre die meeste plekke wat daai reel het wat se jy moet 10:00 van daai stand af wees het ook gewoonlik 'n reel wat se dat die volgende ou eers mag inkom van se bv 12:00 of 14:00, so wat maak daai makker al 10:00 daar om jou aan te jaag? Ek sal weet wat se die betrokke oord se reel so as hy te vroeg is moet hy maar wag en ek mag dalk net vreeslik lank opslaan as hy my wil kom staan en aanjaag!!
Ek voel ook 10 uur is vroeg, meeste plekke laat jou eers 14:00 in boek, iemand het op 'n ander draad genoem dat 'n oord hulle buiet laat wag het tot 14:00.
Ek was Paasweek by Weesgerus en my staanplek was geboek vir sirkel 6E, toe ek daat kom, het hulle dit verander na 6J, rede, ander ou wat voor my in geboek het was nie tevrede met 6J nie????? Ek het nie 'n issue daarvan gemaak nie, dit gaan vir my oor kamp, maar baie ouens sou erg gevoel het, en ek blameer hulle nie, dis 'n beginsel.
Ek dink 13:00 is aanvaarbaar, veral op Sondag, hoe vol gaan die oord op Sondag aande word? Ek hou ook nie daarvan om my wa te haak en dan daai gewig vir ure op my kar te los terwyl jy nog swem ens. nie, dan ry ek liewer. As ons bv. 2 uur moet uit, maak hulle ten minste nog so paar rand uit my terwyl ons hulle fasaliteite ondersteun.
Die problem wat dit bied is by die klub kuier ons almal saam tot laat en as jy dan se 23h00 by jou wa kom kry jy hierdie ongewensde verrassing...
Kyk Buffelspoort is nou wel 'n baie populere oord, en baie lekker.
Ek sou graag wou daar weer gaan kamp, maar dit is net nie waarde vir geld om net vir 1 dag basies te kamp nie.
Ja dit is ongelukkig so Bosvelder. Ek sal verkies dat die oorde die Sondag deel van jou kampnaweek maak, sodat die volgende kampers eers die Maandag kan inboek. Daardeur kan jy jou (alreeds) kort naweek net so bietjie meer strek.
Maar ek glo dit gaan oor revenue vir die oorde.
'n Pel van my gaan nou vir die lang-naweek Buffelspoort toe.
As hulle my sou versoek om op 'n aanda uit te wees teen 10:00 sal ek dit nog kan verstaan.
Ek wonder net of die oord bestuur dit gaan doen nou ook met die lang-naweek manne?...
Ek het al by Buffelpoort eers laat my staanplek ontruim op n Sondag. Dit was natuurlik buite seisoen en die staanplek was nie bespreek vir volgende kampeerders nie.
Weet nie hoe streng hulle reels nou toegepas word nie, want ek was seker n jaar laas daar.
Ek boek die sondag ook as ek kamp, dan pak jy sondag aand op jou tyd en ry so 10 uur maandag.Kan mos is op pension
Eiland het nie n probleem met 12uur uit nie.
So 6 jaar gelede staan ek op Badplaas, en 'n baie onstoke man stop sy voertuie reg voor my staan plek. Hy begin vreeslik uit vaar oor die mense wat nie betyds oppak en weg is nie en vra of ek sal "omgee om my goed te vat en te F765 off, wanneer dink ek moet hy sy waaentjie staan maak. Baie verbaas vra ek toe nou wat praat u dan nou so met my, ek staan nog vir 2 weke nbet hier waar ek nou staan. Hy kom toe ook so ewe parmantag nader met sy brieffie wat se hy staan van vandag af hier, ek wys hom toe daarop dat hy nou eintlik so 2 stands verkeer is en dat sy stand leeg staan. Hulle was twee ou mensies en ek het toe die omie en tannie gaan help opslaan, maar was hy verbaas oor sy fout en my hulp aan hom na hy so te kere gegaan het. Toe kamp ons 'n brak uit 'n tak.



