Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Waardevolle bydraes deur ons lede
Ek sit so en dink afgelope naweek hoe handig ons forum is vir al ons kampeer verwante vrae....hetsy dit oor oorde is, tegniese kennis of wat ook al. Ek het my meeste kennis hier opgetel...nie tydskrifte of handleidings nie. Vir my is die forum soos n biblioteek op al my kamp vrae. Dankie vir ieder en elk daarvoor.
Ek wou Vrydag op die vakansie dag na n oord gaan. Vroeg Vrydag oggend sukkel ek toe met my movers wat nie wou werk nie. Weet nie of dit die verkeerde knoppies is wat ek gedruk het wat gemaak het dat movers nie wou werk nie. Na oproep na vervaardigers het ons steeds nie reggekom nie. Aangesien ons nie ons wa by die huis kan uitkry sonder die gebruik van movers nie, het ons maar onsself gereed gemaak om naweek te kanseleer en tuis te bly. Ek het toe besluit om vir Leon te skakel wat reeds op sy wegbreek was. Hy het my raad gegee deur 2 opsies te probeer. Toe ons sy 1ste opsie probeer is ons probleem uitgesorteer en was binne 30 minute oppad na ons bestemming! Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir Leon BAIE DANKIE te sê dat hy bereid was om my by te staan oor die lang naweek......sonder jou raad sou ek seker tuis gebly het.
Ook weereens dankie aan alle forum lede wat hul kennis en ervarings hier deel....almal saam maak dit n great forum!
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek stem Geert. Ons forum is van onskatbare waarde. Orals waar ek gaan moedig ek mense aan om van die Forum gebruik te maak. Ek het met twee kampers gesels by Sionsbergh en glo hulle gaan binnekort deel wees van ons forum.
Dan by gesê wil ek vir jou dankie sê vir jou kennis wat jy deel. Soms weet ek nie waar jy al die info uitkrap maar bruikbaar is dit en ook nie sonder waardering van ons kant.
Dit was regtig nie nodig om my uit te sonder nie Geert want almal se kennis is van onskatbare waarde. Ek is jammer ek het jou eerste oproep gemis vrydag ...................... jy weet mos foon op "silent", Laat in lê, buite sit en foon wat daar in die hoekie binne die karavaan lê.
Ek net bly ek het die oggend gesien jy het my gesoek en nie die middag nie. Ook baie bly die raad het gehelp.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hy vat n kans, hys doof en sy foontjie was langs die bed. 🤣
Ja okay vryf dit in. Ek kan nie help as ek 'n proefbuis baba was nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek stem ook Geert. Die kennis wat ek hier opgedoen het en die raad is van onskatbaare waarde. Ek promoveer ook oral die forum tussen die kampers. Dankie aan almal vir julle ondersteuning en openhartige bystand.
As ek so aangaan gaan ek in traane uitbars.
Mag ons ook weet wat die fout was met die movers?
Paul

As mens die roller wil laat engage op die Powrtouch, moet mens eers die oranje knoppie in die middel inhou en dan die regterkantse boonste knoppie met die 2pyle regs indruk. Ek het ongelukkig net die boonste knoppie ingedruk....die liggies het toe op remote begin werk, maar nie die movers self nie. Ek het toe nog paar ander knoppies gedruk en toe wou niks meer werk nie....asof ek die siteem "gelock" het. Ek het battery toe vir paar minute ontkoppel en weer probeer....maar elke keer wys die liggie op die remote dat movers besig is om te engage, maar niks gebeur nie. Die raad wat Leon toe gegee het wat gewerk het was om die covers van movers af te haal. Agter op die mover is dan n wit proppie wat mens afhaal en dan gebruik mens n klein socket om daai skroefdraad een draai anti kloks te draai. Na dit toe werk die movers weer! Die ander opsie wat Leon genoem het wat vir my ook sin gemaak het was met die verskillende knoppies wat ek gedruk het op remote kon ek miskien die remote "un-pair" het van die sisteem, daarom dat movers nie meer reageer het op remote nie. Handleiding wys hoe om remote weer te pair, maar was nie nodig vir my om te doen nie.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Will agree with Geert there is thousands of years worth of experience on this form and everyone is very helpful especially when a fellow camper is in need. Same goes for when one is on the road and stuck a fellow camper even if he does not have his van in tow will always stop to assist.
Dankie Geert.
Wat ek agter gekom het oor die jaare is dat meeste kampers baia prakties en tegnies nuskierig is. Will altyd weet hoe n' ding werk. So voorkom ons seeker onoorkombaare probleeme waneer ons in die boendoes is.
Dankie aan almal!
Paul
CaravanParks.com bly die top kampforum om raad en advies te kry.
Drie Hoera's met baie handjies klap.
Al wat ek graag sal wil weet is.... wanneer kamp ons mekaar raak.
Ek en Chuck het nou al ontmoet, en so ook n paar ander waar ons mekaar in die oë gaan kyk.
MOOI MAN.
Oom Jeep, ek het nou al die vooreg gehad om twee lede te ontmoet...face to face. Een was per ongeluk en die ander was beplan.
Ons gaan van die 20st Aug tot mid Sept in wildtuin kamp. PM - 20 - 24, SH - 25-26, Sat - 27-05, SK - 06, LS - 07-10, CB - 11....daarna weet ek nog nie. :) Hoop ons kamp raak.
Paul
Ek kan maar net met groot dankbaarheid beaam wat hier bo gesê is. Vat so......!

Mooi man.
Ons gaan beslis mekaar raak kamp.
Al is dit later.
Stem saam met Geert en al die ander kommentaar.
Wat vir my waardevol is, is dat die ouens met die praktiese ondervinding dit geredelik deel. Ja, soms spekuleer ons ook, dan kom Danie in met nageforste inligting!
Dis mos soos dit moet wees.
Het darem ook al 3 forumiete raakgekamp.
Dankie vir almal se bydrae.
Vir my is hierdie forum van onskatbare waarde. Somtyds voel jy as persoon net "af". As jy dan net n bietjie tyd hier spandeer word jou gedagtes so weggelei van jou eie probleme dat jy sommer gou weer opgebeur word. Dankie ouens hierdie forum is baie ondersteunend op die kamplewe MAAR ook sielkundig. Hier leer jy ook om anders te dink.
Piet jy en all die ander kamp maatjies is precheous.! Ek hoop die spelling is kkoorect!
Paul
Ek will volgende jaar Namibie toe? Ek sal n' ander thread vir dit stig.
Paul
Ek stem die kundigheid wat hier op die forum gedeel word is bak. As mens vas hak met n probleem kan jy verseker weet jy gaan hier geholpe raak.
Leon ek wil net se die foon antwoord probleem het my ook al laat wonder of n selfoon nie n oog het nie want hy lui net as jy nie naby of in die toilet is nie.

Re .. selfoon.
Of hy lui aanmekaar as jy op kamp is. Beste is ... sit hom af. LOL