Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Lid | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Voorstelle vir die Gewigs probleem
Ons hier op die forum is 'n baie klein persentasie van die totale karavaan se sleep gevolg. Ons sal nie die industrie seermaak met ons staaking nie.
Wat ons positief kan bydra glo ek sal beter resultate teweeg bring soos :
- Om almal (ons inkluis) bewis te maak van wat gelaai word (weeg dit en skryf dit neer vir die toekomstinge laai)
- Weeg jou karavaan leeg, sodat jy weet wat jy kan laai.
- As jy 'n karavaan koop, kry 'n geakrediteerde weerbrug drukstik van die Tare (as dit verskil van die karavaan maak seker die verkoper maak dit reg)
Dit glo ek sal die fabriek druk (sonder klappe) om die nodige regstellings te maak. Dalk kan jy dan 'n selfde karavaan model koop met verskillende gewigte.
Vrydag is D-day ve my en ek sal dadelik rapporteer.
Ek het nog nie 'n oplossing nie. Die probleem met my wa is dat hy baie meer stabiel sleep as die water tenk vol is. Een van Jurgens se verkoop foefies was juis dat die karavaan ontwerp is om die stabielste te wees as dit ten volle gelaai is. Miskien moet ons hulle vra om 'n lys te stuur van goed wat hulle as noodsaaklike kamp toerusting beskou om as "fully loaded" beskryf te word.
As ons die vervaardiger kan dwing om met elke wa te stipuleer wat die tarra behels en 'n lys te voorsien van dinge wat uitgesluit is soos tente, batterye vol gas bottels ens.
Jou laaste sin is belangrik so ek gaan dit weer kwoteer Dave.
"As ons die vervaardiger kan dwing om met elke wa te stipuleer wat die tarra behels en 'n lys te voorsien van dinge wat uitgesluit is soos tente, batterye vol gas bottels ens."
Om by Jurgens raad te vra, gaan dalk beter samewerking gee van hulle kant af, raas en kla kry maar normaalweg negatiewe reaksie.
Om jou wa te laat oorweeg, net om n nuwe Tarre te bepaal, bring niks in die saak nie, die fokuspunt moet wees om die Gvm van wa te kan verhoog indien dit gedoen kan word, en net Jurgens het die vermoee volgens my. Rede vanselfsprekend, hulle ontwerp etc.
Nou moet die eienaar verseker dat hy die regte sleepvoertuig het wat die gewig mag sleep.
Gaan maar daai plaatjie op jou voertuig na, die wat ons altyd gese het jy mag jou voertuig se Tarre sleep, is verkeerd, blyk dit nou.
Bv, my handboek se 3000kg, Tarre is 2000kg, my plaatjie se 1500kg, en dit is al wat tel.
Extras Aircon en Movers + Battery
Saterdag het ek onder die wa gaan le en na die as gekyk
As se vermoe 1600kg maar op die plaatjie is daar 1400kg met pons aangebring.
Ek het Dinsdag ALKO gekontak om te verstaan wat die 1400kg beteken
Antwoord soos volg.
Die as struktuur is 'n 1600 kg maar die fabriek versoek 'n 1400kg as
Ek kan my as uithaal en inneem na alko en hulle sal van die onderdele vervan dat die dra vermoe 1600 kg word Dit sal +/- R1700.00 wees indien net die sterker "rubers" [vir gebrek aan regte benaming] vervang moet word.
Volgens "Sprite"
Tara = 1094kg
GVM = 1330kg
so ek sit met lee wa wat reeds oorlaai is.
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Stem met julle saam, maar mens moet ook nie net terug sit en hoop alles kom reg nie as paar mense optree nie.
Jurgens is 'n sake bedryf met maksimum wins oogmerk, al verdraai hulle die prentjie, soos tans.
Een of twee se boycott gaan hulle voor lag, maar as daar van die media en gebruikers gekla word, en die ware prentjie openbaar gemaak word, moet hulle hulself inlyn kry, geen ander opsie nie.
Hyundai, Kia, GWM ens. se oorspronklike motors was net op verkope gerig, kyk waar staan hulle vandag omdat hulle na die publiek se voorkeure geluister het, en ag geslaan het daarop.
Ons kan Jurgens se toekomstige denke reg ruk, maar die verlede gaan ons moet gebruik om hulle koppe te swaai.
Ek gaan op eie stoom volgende week my Penta se goed reg maak, as Jurgens help, "good luck" maar ek vertel voornemende kopers (op die sosiale media en ook woord van mond) waarna om uit te kyk.
Ek het nie face book nie, maar ken mense wat reeds ook daar begin het met "waarvoor jy moet kyk" as jy Jurgens, of enige woonwa, wil koop.
Kortom, ek dink Willem se houding is reg met die draad.
As jy stem tyd nie stem nie, het jy nie die reg om kla oor die regerende party se foute nie.
As jy druk uit oefen om die gewigs probleme reg te kry vir die volgende kopers, ons self ingesluit, mag jy saam huil as Jurgens voort ploeter op hul manier. Hier stem ons mos darem saam.![]()
Ek het hierdie draad se skakel aan Jurgens en Prof. Neels gestuur. Ek verwag nie 'n andwoord nie maar het gevra hulle moet na hierdie draad kyk. My hoop is dat dit 'n andwoord sal regverdig ?
My skoonseun vandag hier, ry n Toyota 4x4 outomaties v6 dubbel kajuit. Sy plaatjie se 1500kg vir sleep, nou wat se kans het hy om dit te verhoog, seker nul.
Herman, hoe lyk die plaatjie en waar is hy ?
Ek het hierdie draad se skakel aan Jurgens en Prof. Neels gestuur. Ek verwag nie 'n andwoord nie maar het gevra hulle moet na hierdie draad kyk. My hoop is dat dit 'n andwoord sal regverdig ?
Dankie Willem, ek is ook per e-pos voortdurend met Jurgens besig, en het so half uur terug, hoeka weer 'n e-pos aan hul Bemarkings Dept. getuur.
Wat hulle gaan aanbied, of antwoord, sal more leer....
Jy moet die Gvm aftrek van die Cvm totaal dan is dit presies 1500kg
Hurricane.
Gestel Jurgens stem in om alle woonwaens wat se tarra verskil van die op die vin plaat reg te stel. (Nie veel hoop dit sal gebeur nie.)
Ek dink een van die vereistes sal wees dat alle bykomstighede eers verwyder word, soos aircon, movers, ander yskas, ander matras, gryswater tenks ens, voor Jurgens die nuwe tarra sal aanvaar as korrek.
Ongelukig het ek nie 'n voet om op te staan nie. Ek het movers op gesit, groter yskas, groter mikrogolf en nog so paar kleiner veranderings gemaak.
As jy niks aan jou wa verander het nie, kan jy die vervaardiger aanvat, dit gesê, ek bly in kontak met Jurgens met die hoop dat my "lastigheid" ander sal help.
Ek bly staan by my argument dat die tent, pale, penne, spaar wiel, domkrag en 'n batery deel van die Tarra moet wees. Dit is tans nie deel van die Tarra nie,wie gaan kamp sonder batery?
Toe ekdie batery storie aan Jurgens noem, was hulle antwoord, nie almal wil batery saam ry nie, nie almal wil tent hê nie. Toe ek vra of hulle Chargers sal hou as daar nie 'n batery gekoppel is nie, het hulle my nog nie geantwoord nie.
So ver ek weet, doen Sensation dit reg, hoekom nie Jurgens nie?
Hendrik
Dit is presies wat ek ook ....
Wel dan is my gewig baie naby aan wat hulle gesê het, nou het ek hom geweeg met die veranderings in plek.
Ek weet daar is wel gevalle waar die inligting nie korrek is nie soos bevoorbeeld die wat 'n GVM van "0" het of waar die werklike leë karavaan se gewig meer is as die GVM op die plaatjie is.
Ek sê weer, weeg jou karavaan soos wat hulle gesê het sonder dit-en-dat, dan eers weet jy waar jy staan en wat om dan te doen, anders tas jy net in die donker rond.
Daarom dié draad soos in die eerste plaasing genoem.



