Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
VROUENS WAT KARAVAAN SLEEP?
Manlief ontspan en geniet die nuwe landskap en is meer ontspanne as bestemming bereik word.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Verkies ook self, as ons met Surette se kar ry dan is sy gewoonlik agter die stuur.
Elmarie wil ook nie woonwa sleep nie.
Lindy sal die karavaan sleep as ek dit nie kan doen nie. Sy is bereid om te help maar verkies dat ek dit doen.
2006 was ek in Pakistan en sou terugkom die Saterdag van 'n langnaweek. Kamp was toe gereel by Constantia. Sy, my seun en dogter het die wa gepak en die Vrydag oggend vroeg vertrek. Seuna het ma mooigehelp om die wa gehaak te kry. Sy sou net Constatia toe sleep en my broer hulle daar ontmoet.
Soos murfy maar is het ek eers die daaropvolgende naweek huistoe gekom en moes hulle toe maar kamp sonder my en Lindy moes die karavaan weer terug sleep huistoe ook.
Sy vertel dat terwyl sy gesleep het sy die "vents" so verstel het dat die aircon onder haar kieliebakke moes blaas want sy het regtig gesweet van die konsentrasie. Na die eerste 50km het dit toe eintlik gemaklik gegaan. Baie ander sleepers wat by haar verby gegaan het, het vir haar "Thumbs-up" gewys. Seker vir die feit dat sy wat vrou is 'n groot Penta sleep met toe nog die Mazda 2.5 Tdi D/K bakkie. Met die pad terug het my broer darem agter hulle gery met sy Penta tot in PTA, vir morele ondersteuning.
So waar 'n wil is, is 'n weg. Mens moet dit net rustig vat.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek wens!
not a Doctor nor a GP
My vrou het nie EB nie, en ek glo sy sal ook nie belangstel tensy noodgeval nie
My vrou hou niks daarvan om my Hilux te bestuur nie. Sy se sy bestuur nie n "bus" nie.
Moes laasmaand noodgedwonge van Pta af terug polokwane toe bestuur. (ek was vrot van die griep). Toe jaag sy die hel uit hom uit en geniet dit.
Ek moet haar nou net dwing om die wa te sleep. Wat my bekommer, se nou net ek word siek as ons gaan kamp of kry hartaanval of wat ookal? Dan moet sy die wa kan sleep!
Irene, ek admireer jou, en enige ander vrou, wat karavaan sleep, Ek self het nie die moed daarvoor nie. Ek het nog nooit eers probeer nie. Ek het al dikwels gewonder wat sal ek doen in 'n noodgeval, as Colin dalk nie kan bestuur nie. Ek is nogal spyt dat ek nie jare gelede, toe ek jonger was, geleer het nie. Ek bestuur ook nie die Isuzu nie. As ons op die langpad is met my Yaris, sal ek bestuur. Groete, Freda
Sal graag die GIRL wil sien die wa sleep.
Nee wie gaan met haar praat en wakker hou, want ek gaan lekker
agteroor sit en slaap. Want dan kan ek nie n ongeluk sien gebeur nie.
Dit laat my aan my oorlede Oupa dink.
Sien, ek wil ook eendag so rustig soos hy in sy slaap die dood in gaan,
nie so vrees bevange soos die 6 werkers agter op die bakkie toe hy
aan die slaap geraak het en op n draai reguit gehou het en van die
krans afgery het.
Oor die algemeen is dit ve iemand wat nie gewoond is aan sleep nie n aanpassing. Mens moet extra oplettend wees. Draaie wyd vat en nie kort op iemand se hakke ry nie. Ek toets kort kort die inloop remme by afdraantes om te kyk of dit effektief werk.... het haar al so geleer om dit ook te doen.
Imagin n 4ton 20meter kombinasie wat weghol op n lang afdraante met draaie....EISCH
Harry sit rustig, want hy weet daar is niks om oor te stres nie.
Nie net sleep ek nie, maar help ook om die wa staan te maak.
Dit is alles deel van die lekkerte om te kamp.
Glo daaraan as iets met my gebeur dan moet sy haarself kan help
My vrou sleep ook al het sy nie regte lesensie nie. Nou besig met projek om haar wa klaar te maak sodat sy kan wetig kamp terwyl ek in buiteland werk. Sy het ook al van die kus af huis toe gesleep toe ek siek was. Sy ook baie handig met reverse sy moes maar daai kuns aanleer met die boot insit en uithaal.
2024 Scorpio N
Legacy LT



