Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23051 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18463 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6719 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3762 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2195 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1525 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1440 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1349 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 833 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 578 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 480 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Grompie | 339 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 167 |
| mplester | 159 |
Towerkraaltjie
Dit lyk my daar is nog onontdekte juweeltjies onder kampe in ons land. Ek het bogenoemde gesoek op hierdie Forum en skynbaar het niemand nog daaroor geskryf nie. Ons was oor die naweek vir twee dae by die oord, sowat tien kilos vanaf Ladismith in die Weskaap, omtrent reg onderkand die bekende Towerkop. Hoewel die oord, op 'n vrugteplaas, so naby aan die dorp is, voel dit heeltemal ongerep en dis so deur berge omring dat jy nie eers selfoonontvangs het nie. Daar is maar tien staanplekke op 'n baie gelyk grasbedekking met krag en water op elke staanplek. Die ablusies is onverbeterlik en die eienaar, Andrew Bezuidenhud, wat self die oord sowat veertien jaar gelede begin het, hou dit pynlik netjies instand. Die cherrie op die koek is egter die fatastiese uitsig op Towerberg, wat deel van die Klein Swartberg-reeks is. Ons het lanklaas iets so asemrowend mooi gesien. Daar is ook 'n elkele huisie wat bietjie hoër op geleë is en 'n nog beter uitsig het. Andrew is die vriendelikheid vanself en sy Weimeraner, Duke, en 'n swart kat met wit pootjies het ons soos ou vriende behandel. Hy laat ook goedgemanierde honde toe. Dit is verbasend dat, hoewel ons oor die naweek daar was, daar geen ander kampeerders was nie. Hoe kan iets os puik onbekend bly? Ken iemand dalk ook die oord? Ek sal later 'n foto of twee plaas, maar ons is nog op toer en ek is nou bietjie lui.
![]()
Het hulle 'n web blad om meer te kan gaan uitvind?
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dis my soort plek en sal graag verdere besonderhede ou gehad het...
Ons het pas tuis gekom maar ek sal fotos en ander besonderhede soos versoek plaas sodr ek tyd het- dalk nog vandag.
Ek het gepoog om Towerkraaltjie se pamflet met verskeie fotos hier te plaas maar my scanner scan net in .pdf en die Forum aanvaar net .jpg. (Hoekom?) Ek het dus net twee fotos wat ekself geneem het wat met 'n bietjie geluk hier sal verskyn. As iemand die scan van die pamflet wil hê, email my by danielfc@telkomsa.net en ek sal dit aanstuur. Lekkeslaap het ook 'n paar fotos: https://www.lekkeslaap.co.za/akkommodasie/towerkraaltjie. Die oord self het nie 'n webbladsy nie. Die eienaar is Andrew Bezuidenhoud. Ek is nie seker of hy Afrikaans of Engels eerstetaal is nie want hy praat beide perfek. Hy is terloops regtig vriendelik en tegemoedkomend- 'n ideale gasheer. Die oord is maar eintlik 'n stokperdjie lyk dit my- hy is 'n boer. Sy landlynnomer is 0285511 296 en sy eposadres is andrewbez@hilbert.co.za. Die koordinate word aangegee as 33.29.53.6 Suid en 21.10.18.2 Oos. Vanaf Ladismith is dit sowat 9 km wes op die Laingsburgpad (begin in van Riebeeckstraat.) Draai regs by Dwarsrivier en dan 3 km op 'n goeie grondpad.
Ek het nie die grootte van die staanplekke gemeet nie, maar dit lyk vir my voldoende. Ons was, behalwe vir twee leë karavane, alleen in die kamp en spasie was dus nie 'n probleem nie. Die ablusies is pynlik netjies met gas waterverhitting. Die badkamers het, as ons reg onthou, twee storte elk en een toilet plus 'n krip aan die manskant. Die koste per staanplek is R190 per nag maar pensionarisse kry R20 afslag.
Ek dink nie hierdie Oord bestaan meer nie. Ons het onlangs deur Ladismith gereis en, voor die tyd en selfs na die tyd, alles probeer om die Oord in die hande te kry om daar te kon oorstaan, maar niks.
Die Oord se bordjies is nog op in die dorp, met dieselfde telefoon nommer... maar dit word nie beantwoord nie.
Ek het laasweek op FB gelees waar iemand terugvoering gee van hierdie oord en daar mense genoem het dat hulle volgende maand daar gaan kamp. Miskien nommer verander?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Goeie nuus.
Towerkraaltjie bestaan nog en is ten volle funksioneel.
Hulle was net van die lug af weens telefoon- en selfoon probleme... maar ek het pas met Andrew gesels en hulle sal ons in Maart kan akkommodeer! (Sien die ander Towerkraaltjie draad hier vir nog besonderhede...)
Voorwaar aangename mense...
Dankie Danie...geniet dit....stuur fotos
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Lees meer hier oor ons onlangse aangename ervaring by die kampplek...
Ons het die afgelope week weer by Towerkraaltjie gestaan vir twee weke. Die plek is presies nog soos ons dit nege jaar gelede gevind het, baie netjies en baie rustig. Andrew Bezuidenhoud en sy Weimaraner Duke is steeds daar en albei steeds netso vriendelik as wat ons hulle die vorige keer gevind het.
Ons het natuurlik Seweweekspoortpas besoek en was weereens stomgeslaan oor die skoonheid. Vir die lede wat dit nie ken nie, dis ook soos Meiringspoort, deur die Swartberge. Dis moeilik om te oordeel, maar ek dink dis dalk selfs meer indrukwekkend as Meiringspoort wat ongelukkig vir seker die volgende twee jaar nie toeganklik is nie. Ons het binne 'n uur net sowat tien kilometer in die meer as 20 kilometer pas gevorder want ons het uiters stadig gery en moes kort-kort stilhou om beter te kon sien. Dit is reënseisoen hier wat beteken al wat kan blom, blom op die oomblik. Daar loop ook 'n stroompie deur die poort maar daar is geen skade nie. Die rede is waarskynlik omdat die water maar uit die omriggende berg kom terwyl Meiringspoort se rivier buite die poort ontstaan en dus 'n baie groter opvanggebied het.
Op Ladismith is dit die moeite werd om by die fabriekswinkel van Parmalat aan te ry. As jy gelukkig is is daar die heerlikste verouderde kaas- met swart was, te koop teen weggeepryse. Ons het die spesifieke kaas om een of ander rede nog nie op winkelrakke gesien nie. As jy, soos die Hollanders sê, 'Kaasbedonnerd' is, sal jy nie daar verbygaan nie.
Ek het gou op Google geloer of ek iets van Towerkraaltjie kon vind. Ek sien toe dat Lekkeslaap hulle lys. Daar's heelwat foto's en gaste se terugvoering. Dit lyk en klink na 'n aangename plek.
Ek maak nogal baie gebruik van Lekkeslaap, maar gewoonlik vaste akkommodasie. So by so slaap ons met ons komende Oktober-vakansie by 4 geleenthede in plekke wat ek deur Lekkeslaap bespreek het - o.a. in Vanrhynsdorp, op 'n plaas naby Keimoes, Kgalagadi Lifestyle Lodge net buite die park en in Kamieskroon.
Ek lees graag vorige gaste se resensies en doen ook gereeld 'n resensie na my verblyf. Dit help ongetwyfeld ander voornemende gaste. Jy kan beswaarlik 'n beter beeld van Towerkraaltjie kry as wat ek op Lekkeslaap gevind het.
Dit sal so bakgat wees om dieselfde tipe van inligting op hierdie webblad se "ratings" te vind, want baie min karavaanparke word deur Lekkeslaap gelys.
But I rest my case.



