Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23110 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5987 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1529 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 380 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Smilin Thru word opgradeer
Hierdie naweek so bietjie gaan kamp by Smilin Thru. Dit was ons eerste keer by hulle en ek was baie skepties oor watter kommentaar voorheen gelewer is deur kampeerders. Ek het baie negatiewe van die oord gelees, maar ek moet byvoeg dat daar groot aandag gegee word en baie herstel werk word gedoen. Al die kampeer stands word opgegradeer, die rondawels en restaurant is alreeds opgegradeer en dan bou hulle nog een groot abblusie blok wat bykans alreeds voltooi is.
Vir elke 4 stands gaan hulle ook klein abblusies aanbring. Volgens personeel is dit 'n 3-jaar projek wat alreeds vordering wys. Ek moet byvoeg ons het baie lekker gekamp met geen probleme met geraas gatte nie en die plek was vol. Welgedaan Smilin Thru, wys die negatiewes wat julle voorheen afgekraak het.
Die weer was uitstekend, eintlik ongemaklik warm, maar tog lekker en baie rustig.
DK, dit lyk regtig baie lekker, ook vir die kinders. Die idee van die ablusies klink baie goed. Seker weer te vêr vir ons om na toe te gaan. Julle is regtig gelukkig met al die lieflike karavaanparke wat so naby aan julle is.
Ek was laas in 1994 daar gewees. Daaityd het ons lekker gekamp daar.
2024 Scorpio N
Legacy LT
Dit lyk baie lekker![]()
vernuwe.
Wat is hulle tariewe nou se tyd. Ons kamp nogal gereeld aan daai kant by my vriend se plek. Deo Volente.
Wat ek eintlik wil weet, het die vis gebyt ??
@ Tannie Freda, daar is so baie van hulle in Parys, jy weet nie watter een om te kies nie. Ek was naderhand so moeg verdwaal en gery dat ek maar die eerste en beste gevat het en ons was geensins spyt daaroor nie.
@Ski, was dit jy en die gesin wat verby my gery het daar by die VDP, Berrage afdraai en so vriendelik gewaai het?
@Oom WJ, ja dit is regtig lekker daar. Die staan plek wat ons gekry het was lekker rustig, maar met die meerkatte moet jy maar alles toe hou of hulle maak hulle self tuis. Hulle is al so slim, hulle maak my swaer se mieliebom emmer oop, haal mieliebom uit en plaas dan weer deksel netjies terug![]()
Die naweek vanaf Vrydag tot gister was 'n skamele R 300,00 vir die naweek.
Vrydag het hulle redelik gebyt, maar Saterdag was die kanoe vaart ouens daar en toe kon jy nie juis vang nie omrede hulle die dam se sluise oopgemaak het sodat die rivier water kan styg en sodoende het daar heelwat gras afgekom wat sake bemoeilik het.
DK ek het gekamp maar in vereeniging. So ongelukig nie ek nie.
2024 Scorpio N
Legacy LT
Bly om te hoor Dennis. Ek en Janet het so 34 jaar trug 'n karavaan daar gehuur, vir 'n naweek. Die oord was toe ok, maar die wa was vrot, ons het deur die dak lekker nat gereen. Dit het ons naughty weekend noggal gespoil.
-James Baldwin-
Oord het toegemaak.....riviervlak het alles beskadig/verspoel

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜



