Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1352 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Skoonmaak van Tent Penne
Hi
Waarmee maak julle die tentpenne skoon en beskerm teen roes, veral die springs en die knippies want party is baie meer geroes na so maand of twee by die see.
Ek gooi die penne en alles in n skottel water, was die grond af en laat droog word, dan bespuit ek dit met WD 40.
Met ons onlangse 2 maande by die see was van die springs sommer heeltemal bruin van die roes.
Ek gebruik meestal die Maxcon penne.
Ek hoor asb watter anti roes goed werk vir julle.
Groete
Pierre
Daar is voorheen van Jeyes Fluid gepraat. Ek wou al probeer maar het nog nie.
Ek spoel dit net goed af in water voor ons dit bére. Dit werk vir ons, maar langste wat ons gestaan het, is 24 dae. Elders gelees dat hul paraffin gebruik, maar dan moet jy dit vooraf opsit want dit verwyder of stop nie roes nie, maar voorkom. Miskien sal dit ook beter wees om penne vooraf te spuit met Q20 voor mens dit by die see gebruik
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Paraffien verdamp redelik vinnig so dit kan die moeite werd wees om 'n was, verkieslik byewas maar kerswas sal seker ook doen hoewel dit nie so goed kleef nie, by te voeg sodat daar 'n lagie was agterbly na die vloeistof verdamp het. Smelt 'n bietjie was en voeg sowat 10 maal die hoeveelheid verhitte paraffien of terpentyn by. Wees baie versigtig- verhit eerder die paraffien of terpentyn in 'n blik binne in 'n pot met kookwater eerder as om dit direk op 'n hittebron te sit. hou maar 'n brandblusser byderhand net vir ingeval. onderdompel die penne in die warm mengsel en laat dit oop tot die vloeistof verdamp het. Terpentyn verdamp vinniger as paraffien so dis dalk die beter alternatief.
Hierdie is maar 'n idee wat ek nie self gebruik nie- ek laat die penne maar roes en vervang indien nodig, maar ek glo dit sal werk. Die metode wat ek beskryf, gebruik ek gereeld vir 'n middel om aan hout te smeer alhoewel die hoeveelhede natuurlik verskil.
Ek gooi die vuil ten penne in 'n emmer water en vee hulle af. Dan as mens 'n tyd lank by die see omgewing gestaan het weet almal dat die penne in die grond begin roes. Ek het so rol skuur papier wat ek 'n stukkie agskeur en skuur dan die tent pen terwyl ek dit was en af vee.
Sit op 'n stoel en doen die joppie, en geniet die laaste stuiptrekkings van die kamp voordat als weggepak is en ry tud aangebreek het.
Al spuit jy Corrosion-block op die penne, sodra jy hulle in die grond in kap gaan hulle steeds roes as hulle lank genoeg daar bly. Maintenance is maar die in ding.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Julle
So, was die grong / sand af met skoon water, skuur roes af op die penne and laat droog word voor wegpak blyk maar die enigste manier te wees.
Ek was die springs en hakkies wat saam met die Maxon penne kom ook net af, laat droog word en spuit dan WD40, maar die witroes by die see is binne 2 weke op daai springs - is daar nie ander raad / product wat langer gaan hou as die WD40 om die springs the beskerm nie?
Dankie vir al die rate, maar Fred, eks te lui vir jou raad.
Die penne is van gegalvaniseerde staal gemaak. Die witroes is die dun lagie sink wat die staal bedek, wat oksideer of roes. Dit is, netsoos by sinkplaat daar om die onderliggende staal te beskerm omdat dit minder geneigd is om te roes as staal. Om die penne te skuur verwyder die witroes maar telkens ook 'n deel van die oorblywende sink wat sagter is as staal. Wanneer dit plek-plek verwyder is, roes die staal dus net vinniger. My raad bly dus om eerder nie die penne drasties skoon te maak nie dan sal dit langer hou. Hulle kan nie vir altyd hou nie en die gewone penne sonder vere en so aan, is goedkoop genoeg om te vervang as hulle gedaan is. Hulle hou in elkgeval baie lank, selfs as jy baie by die see tent opslaan, soos ons.
Dankie Julle
So, was die grong / sand af met skoon water, skuur roes af op die penne and laat droog word voor wegpak blyk maar die enigste manier te wees.
Ek was die springs en hakkies wat saam met die Maxon penne kom ook net af, laat droog word en spuit dan WD40, maar die witroes by die see is binne 2 weke op daai springs - is daar nie ander raad / product wat langer gaan hou as die WD40 om die springs the beskerm nie?
Dankie vir al die rate, maar Fred, eks te lui vir jou raad.
Daar is 'n produk wat ons hier by die werk op Naval WPN stelsels se boute en moer gebruik.
"CORROSION BLOCK"
Dis 'n wit en blou lyk soos a aerosol blikkie met die naam in groen geskryf daarop en die pyppie wat jy saam kry is geel. As jy die spuit bo op druk kom die olie basis Corrosion Block uit soos in 'n olie kannetjie.
NB. Moet nie die Aerosol een koop nie as jy dit doen is die WD40 goedkoper en werk minder goed. Hierdie werk redelik goed ten minste beter as WD40 en Q20 want dis dikker en verdamp nie soos die Aerosol counter parts nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Another 2c. As a rule I do not oil my pegs. The rust prevention of a thin oil vs dirty hands during setup is not worth it. I also prefer older pegs with patina, as they do not pull out on their own as easily.
Sorry Fred. At the coast your Gaa-ting galvinizing (electroplating) is worthless. If I really wanted to protect the pegs, I would put some yellow heatshrink on the top section of the anchor peg. For the springs I would look for something like a shock cover. Cover the pegs and they will be less inclined to rust. Most likely I will just carry on buying a pack of pegs when I wander through camping shop.
If you really want dirtier hands, you could chuck a cup of paraffin into your wash water. Definitely a good idea for your car wash water at the coast.
Another 2c. As a rule I do not oil my pegs. The rust prevention of a thin oil vs dirty hands during setup is not worth it. I also prefer older pegs with patina, as they do not pull out on their own as easily.
Sorry Fred. At the coast your Gaa-ting galvinizing (electroplating) is worthless. If I really wanted to protect the pegs, I would put some yellow heatshrink on the top section of the anchor peg. For the springs I would look for something like a shock cover. Cover the pegs and they will be less inclined to rust. Most likely I will just carry on buying a pack of pegs when I wander through camping shop.
If you really want dirtier hands, you could chuck a cup of paraffin into your wash water. Definitely a good idea for your car wash water at the coast.
I am with you on this one. I also just clean them and remove the rust with the sand paper. They are not that expensive so it would not cost an arm and a leg to replace them when they realy cannot do the job anymore.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Korrosie of dan roes van materiale is 'n wetenskap van formaat. Die behandeling van materiale om nie te roes nie, is nog 'n groter wetenskap.
As mens net dink aan die verskeie rooesvrye stale wat beskikbaar is, vir sekere toepassings en omstandighede, is die voorkoming van eenvoudige tentpenne se weerstand teen korrosie nie maklik nie.
Beskermde behandeling soos galvanisering, elektroplatering, kondisionering en pasivering is behandelings van materiale wat aan ekstreme omstandighede blootgestel word. Die kostes daaraan verbonde is enorm, en daarom geld die ekonomie van skaal faktor.
Die eenvoudige beginsel is dat 'n beskermende deklagie ,wat nie juis elektrone gelei nie, aangebring moet word, hetsy natuurlik of dan met genoemde duur prosesse. Byvoorbeeld daardie natuurlik gevormde wit lagie "roes" op aluminium. So ook die Cr2O3 lagie op roesvryestaal. As daardie lagie dus verwyder word, sal die proses net weer herhaal, amper selfhelend.
Ek is lui en het geen probleem met geroeste penne nie. Hoe growwer die pen, hoe beter klou dit in die sand/grond.
Ek stem Wessel, en soos ander ook genoem het, as die pen teveel geroes het, koop n nuwe een.
Wat doen mens met die springs en die latch. Ek was met water en bespuit met WD 40, los in die sakkie tit die volgende kamp.
Pierre ek dink as jy die penne doop in olie voodat jy hulle in slaan en dan die springs gereeld met Q20 spuit sal die oxidasie beperk word.
Paul




