Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23226 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18556 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6791 |
| BrianB | 6021 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3907 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1467 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 611 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
| Grompie | 451 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 438 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 328 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 282 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| mplester | 159 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |
SLEEP SPOED MET BAKKIE
Ek weet nie wie van ons Forumlede is bewus van die Verkeersregulasie Nr293 wat op 11November 2025 gewysig het nie t.o.v. die maksimum sleepspoeed nie. 'n Bakkie word as 'n goedere vervoer voertuig geklassifiseer.
Die Wet bepaal dat indien die bakkie en woonwa se gesamentlike GVm m.a.w. die GCM meer as 3 500kg en minder as 9 000kg is, die maksimum spoed 100 km.p.u. is. Volgens die video wat ek gesiem het ,moet die maksimum spoed ook agterop die wa vertoon word. Vir SUV's bly die spoed onveranderd op 120 km.p.u.
Ek weet dat die meeste van die lede nie vinniger as 'n 100 km.p.u. sleep nie. Wie van julle het wel die 100 plakker agterop die wa.
I don't have a 100 kph sticker on the rear of my van. This is the first time I have heard of this and I have never been questioned about it when I've been stopped, although I'm in a SUV. I very seldom go over 100 Kph while towing.
Nog nooit gehoor gehoor van die regulasie nie. Het ook nie 'n plakker nie, en sleep baie kere vinniger as 100km/hr.
Dis nie dalk 'n Australië video wat jy gesien het nie? Hulle het 'n klomp ekstra regulasies.
Gaan 'n dubbelkajuit deur as 'n goedere bakkie???
Nog nooit gehoor gehoor van die regulasie nie. Het ook nie 'n plakker nie, en sleep baie kere vinniger as 100km/hr.
Dis nie dalk 'n Australië video wat jy gesien het nie? Hulle het 'n klomp ekstra regulasies.
Gaan 'n dubbelkajuit deur as 'n goedere bakkie???
Ek het die Regulasie gaan Google .
Dit is 'n SA video wat oor verskeie punte handel betreffende die sleep van woonwaens en ssleepwaens. Die plakker is net van toepassing indien jy met 'n bakkie sleep.
Kyk op die registrasie dokument van jou bakkie hoe hulle hom klassifiseer.
Die nou ʼn nuwe een nè maar met ʼn vinnige soektog op Google blyk dit waar te wees soos Chris beskryf. Ek het geen beswaar daaroor nie en ek sou wou sien dat dit van toepassing moes wees op alle sleepvoertuie, nie net bakkies nie. Karavane is lomp voertuie wat nie veilig is om teen hoë spoed gesleep te word nie maar sommige bestuurders besef dit duidelik nie. My indruk is darem dat meeste karavaanslepers, ongeag die sleepvoertuig, in elkgeval nie oor 100kpu sleep nie.
Iets wat my wel pla is die spoedbeperking op sommige hoofpaaie. Ons het onlangs weer tussen die Suikaap en Pretoria gery. Die pad noord van Willomore na Aberdeen het ʼn spoedbekerking van 120 maar is uiters smal met geen skouer nie. Om ʼn aankomende voetuig teen ʼn gesamentlike spoed van 240 kpu verby te steek, teen sentimeters tussen die voertuie is erg. As dit ʼn swaar vragmotor is, is dit eenvoudig doodveragtend. ʼn veiliger spoed sou 80 kpu wees.
Gelukkig sleep Grompie en ek nie met n bakkie nie, maar met n Hilux....lol
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Dis interesant....ook nooit geweet nie. Ek het nou AI gevra en hulle het met die antwoord gekom dat 100km plakker nie nodig is nie, maar AI kan ook foute maak. Hier is wat AI geantwoord het:
- 2016 Toyota Hilux 2.4 GD-6 Dubbelkajuit:
-
2015 Jurgens Expo:
- Tarra: ~1 050 kg
- BVM (GVM): 1 210 kg [1]
- Maksimum spoed: 100 km/h op hoofweë (en die gewone 60 km/h in stedelike gebiede, tensy anders aangedui).
- Sleepvermoë: Jou Hilux se sleepvermoë is meer as dubbel die Expo se gewig (1 210 kg), so jy het geen probleem met oorlading of gewigsbeperkings nie. [1, 2, 3]
- Bestuurslisensie: Jy moet 'n Kode EB-lisensie (of hoër) hê omdat die Expo se BVM meer as 750 kg is.[1]
- "100"-plakker: Jy hoef nie 'n "100"-spoedplakker agterop jou bakkie of karavaan te plak nie, want jou Hilux se eie BVM (sonder die karavaan) is minder as 3 500 kg. [1, 2]
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Chris, jou eerste inset is korrek in verband met die beperking van 100km/hr en totale GCM tussen 3500 en 9000kg.
Die enigste regulasie hieromtrent is nr293 van die "Road Traffic Act" soos aangepas alreeds in November 2016. Ek kon geen nuwer weergawe vind nie.
Daar word niks genoem van 'n plakker nie. Sal weer vêrder gaan soek.
My registraie sertifikaat toon my DC Hilux as 'n "light load vehicle" onder kategorie "bakkie".
Ek sal dit waardeer as jy jou nuwer verwysing se skakel na regulasie 293 kan gee. Ek verkies om aan die regte kant van die wet te bly.
Chris, jou eerste inset is korrek in verband met die beperking van 100km/hr en totale GCM tussen 3500 en 9000kg.
Die enigste regulasie hieromtrent is nr293 van die "Road Traffic Act" soos aangepas alreeds in November 2016. Ek kon geen nuwer weergawe vind nie.
Daar word niks genoem van 'n plakker nie. Sal weer vêrder gaan soek.
My registraie sertifikaat toon my DC Hilux as 'n "light load vehicle" onder kategorie "bakkie".
Ek sal dit waardeer as jy jou nuwer verwysing se skakel na regulasie 293 kan gee. Ek verkies om aan die regte kant van die wet te bly.
Dankie Chris vir die ekstra inligting.
Ek vind egter nog nie in die amptelike verkeers regulasies [nr 293] die voorskrif van die 100km/hr agterop 'n woonwa nie.
Die verwysings na SABS en SANS is bloot regulasies tov, die spoedplakker.
Sal nog vêrder soek.
Geert, dink jy ons gaan wegkom by 'n verkeersbeampte met daai verskoning van ---dis dan 'n Hilux!!!😆
Geert, dink jy ons gaan wegkom by 'n verkeersbeampte met daai verskoning van ---dis dan 'n Hilux!!!😆
Behoort....maar hou maar n R100 skuld ooreenkoms dokument by jou, net ingeval
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Wessel, ek het die volgende gekry.
En dan kla ons oor die verkertsmense wat korrup is!!
Wessel, ek het die volgende gekry.
So only if your combo exceeds 9000kg do you require a sticker on the rear of the combo
Sorry this was a duplicate post, so I deleted it
dit is uiters verwarrend. As jy deur die verwysings werk genommer 1 tot 3 en jy klik op 3 kry mens die regulasies.
Dan gaan soek mens regulasie 293 en vind die beskrywing. Let fyn op, punt 1b verwys NIE na enige bakkie en sleepwa kombinasie nie. Mens kan dus argumenteer dat dit nie onderworpe is aan die 100km/hr regulasie en plakker nie.
Ek dink dat omdat hierdie regulasie en verandering so swak beskryf is op verskeie plekke, word dit nie toegepas nie.
Ek is al baie kere deur wetstoepassers afgetrek en ondersoek, vir baie goete, soos ligte wat nie werk nie, gebrek aan syspieels, en nog nooit het hulle vir my gevra na 'n plakker nie.
Nogtans 'n baie interessant aspek om oor te gesels, en van kennis te neem.
Lees mooi die beskrywing.
Goods vehicle over 3500kg up to 9000kg GVM (100km sign). It does not read .........................
Goods Vehicle over 3500kg with trailer of which the combined vehicle mass CVM exceed a certain weight.
Sover as ek kan onthou is my Ford Ranger GVM minder as 3500kg. So eerstens val ek nie binne die regulasie nie want dis minder as dit wat in die regulasie weergegee word, al is my voertuig se beskrywing 'n Light load vehicle en daar word niks gemeld van die, combined vehicle mass (CVM) in die regulasie nie.
Dus as die geskrewe posts hier bo die regulasie reg aanhaal. Is my Tipper nie deel hiervan nie al sleep ek in elk geval 97% van die tyd onder 100km/h.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Hier is die link vir die video wat handel oor die sleep van waens.
https://youtu.be/1SUk4PembWE?si=Gjqym2EEm6yQMFjU
Chris, baie interessant, die video is verwyder van youtube af.
Wel, dis die boodskap wat ek kry, as ek dit google.
Wessel, copy and paste the link in your web browser - works for me




