Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23025 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2184 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 568 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Ruil van band op karavaan
Kan iemand dalk raad gee? is dit nodig om karavaan van bakkie af te haak, voordat jy karavaan opjack om papwiel op karavaan te vervang?
Nee, ek sou nie. Dink dis veiliger dat karavaan nie voorentoe of agter toe kan rol en van jacks afval nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek haak hom.af sit die mover op die wiel wat jy nie afhaal word
Vra maar net, weet nie of daar n regte of verkeerde manier is nie. Ek sou dink dis beter om nie af te haak nie, indien die koppeling nie sou seer kry nie
Vra maar net, weet nie of daar n regte of verkeerde manier is nie. Ek sou dink dis beter om nie af te haak nie, indien die koppeling nie sou seer kry nie
Koppeling sal nie seer kry nie....daar is baie beweegruimte vir hak op die bol. Daai wat jy karavaan oplig is minimaal beweging op hak.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Koppeling sal nie seer kry nie....daar is baie beweegruimte vir hak op die bol. Daai wat jy karavaan oplig is minimaal beweging op hak.
Ons het nog net 1x wiel geruil op karavaan en moes "scissor jack" gebruik het wat baie onstabiel is.....met pap wiel kon ons nie bottle jack onder die as inkry nie. Die karavaan was steeds gehak, maar ons het die steadies uitgestoot toe die karavaan opgelig was net vir ekstra veiligheid indien die karavaan tog voorentoe of agtertoe sou wou rol
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het nog net 1x wiel geruil op karavaan en moes "scissor jack" gebruik het wat baie onstabiel is.....met pap wiel kon ons nie bottle jack onder die as inkry nie. Die karavaan was steeds gehak, maar ons het die steadies uitgestoot toe die karavaan opgelig was net vir ekstra veiligheid indien die karavaan tog voorentoe of agtertoe sou wou rol
As hy afgehaak is chock die ander weil ( mwt mover of chocks) jack hom op en ruil die wiel. Beter nog gehaak jack hom op en ruil die wiel.
Moet nie corner steadies gebruik nie.
Paul
Ek het nog slegs een keer wiel moes ruil. Het "trolley jack" gebruik en het nie die wa ontkoppel nie ..
Ja kyk hierdie is iets wat enige iemand kan oorkom, maar aan die ander kant redelik min gebeur. Ek sal ook voorstel dat jy die wa aan die sleepvoertuig gekoppel hou, want dit gee ekstra versekering dat die wa nie tydens die wiel ruil proses sal beweeg nie.
Dan sou ek voorstel dat mense wat nooit 'n pap band op n karavaan geruil het nie, net so vir die wis en onwis gaan kyk of jy die korrekte uitrusting het om dit te doen. Want as die wa se band pap is, kom jy nie maklik met sommer enige jack onder die wa in nie. En as jy probeer om die hoekstutte te gebruik is die kanse goed dat jy hulle gaan beskadig.
Twee dinge wat die werk redelik makliker sal maak is:
- 'n Ordentlike wiel trap
- 'n Troley jack
Dan moet jy ook maar kyk na die volgorde van gebeure om die pap band te wissel. Want dit sal die tyd langs die pad so min as moontlik hou as jy dit reg het.
Dit is nie iets wat ek enige kampeerder toe wens nie maar ek dink 'n mens sal baie bly wees as jy dit eenkeer "In geoefen het". Net om seker te maak jou wiel wissel uitrusting/tools is in plek.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon daar is ń proseduure in die Jurgens handleiding om die woonwa op te jack met die hoek stutte as jy nie ń jack het of kan in kry nie. Dit werk saam met die jockey wiel wat eintelik die oplig doen. Jy kan jou indink hoe so ń prosess sal werk.
Paul
Ek het Ingco compressortjie en n tyre tepair kit wat ek saamry. Nog nie op n puncture gebruik nie, maar hoop dit kan help. Andersins het ek die Ingco impact wrench waarmeer ek tentpenne inboor en steadies sak wat sterk genoeg is om wheelnuts los te maak. As puncture nie groot is nie, sal ek pomp en tot veilige aftrekpunt sleep en dan nodige doen
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek ry ook ten alle tye 'n "tyre repair kit" en 'n kompressor saam in die Hilux. Ek het dit nog net een keer nodig gehad toe die TPM vir my gewys het dat die Hilux se linker agterwiel besig is om druk te verloor op die gruispad tussen Solitaire en Maltahohe in Namibië. Ek en my skoonseun het gou-gou die wiel afgehaal en 'n skroefie (wat ek vermoedelik by Solitaire in die band gekry het) gevind, verwyder en (soos my seun sê) 'n "snotprop" ingesit. Die band is weer tot sy regte druk gepomp en ons het die res van ons Namibië-toer (tot by die huis) met daardie band voltooi.
Los die skroef in of draai hom vaster. Dit stop/verminder die lek tot by ń regmaak plek.
Paul
Ek ry ook ten alle tye 'n "tyre repair kit" en 'n kompressor saam in die Hilux. Ek het dit nog net een keer nodig gehad toe die TPM vir my gewys het dat die Hilux se linker agterwiel besig is om druk te verloor op die gruispad tussen Solitaire en Maltahohe in Namibië. Ek en my skoonseun het gou-gou die wiel afgehaal en 'n skroefie (wat ek vermoedelik by Solitaire in die band gekry het) gevind, verwyder en (soos my seun sê) 'n "snotprop" ingesit. Die band is weer tot sy regte druk gepomp en ons het die res van ons Namibië-toer (tot by die huis) met daardie band voltooi.
Ek het ook 'n ARB band pomp wat ek sedert 2013 in my Tipper saam ry. Natuurlik die tyre repair kit is deel daarvan. Dit is in elkegeval die selfde manier wat 'n bande plek die "Puncture" sal regmaak.
Mens kan dit net nie op die kant van die band gebruik nie.
Die ARB bandpomp al baie gebruik met 4x4 ry en so aan en seker so 5 ander mense al gehelp met spykers of skroewe in die wiele en een keer my motorfiets se agter band gepatch.
Die snot proppe werk baie goed.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hulle sê mos: "Voorkoming is beter as genesing." Ek het banddrukmonitors vir beide my sleepvoertuig en woonwa. Jy kry betyds 'n waarskuwing as jou band onder 'n sekere druk daal en dit voorkom skade aan die band. Dan het jy moontlik nog genoeg spasie onder die as om 'n domkrag in te kry, of as jy 'n kompressor het, kan jy die band pomp tot jy by 'n plek kom waar die lek herstel kan word. Dit het my al seker drie keer skade op my band op my voertuig voorkom, maar dit het gelukkig nog nie met my woonwa gebeur nie.
Ek het ook 'n 6-band monitor vir die Hilux en die karavaan se bande. Ek het eenkeer betyds 'n band op die Hilux kon red, maar ("touch wood") gelukkig nog nooit bandprobleme met die karavaan gehad nie.
Ek wonder ook net hoeveel mense gaan gereeld die wa se spaarwiel se druk na om seker te maak dit is styf genoeg indien jy hom nodig kry.
Ek gaan die banddruk na voor elke trippie
My compressor is always with when we tow. Pressures checked before every trip.
Same. I fitted it into the engine bay.
Paul
My tyre pressure monitors continuously show me tyre pressure.
I would like to also fit a tyre pressure monitor to my spare wheels but my units only support 4 sensors. One unit for the car and another for the Exclusive.
Paul