Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23221 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18553 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6789 |
| BrianB | 6020 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3901 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1463 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 611 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
Platinum Member | 250 + |
| Grompie | 446 |
| LEEN | 438 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 327 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 282 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| mplester | 159 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |

Ruby River Resort
Goeie dag, ons wil graag hoor of enige iemand al by Ruby River naby Loskopdam en Groblersdal gekamp het en hoe jul dit gevind het. Ons is op soek na plek vir eerskomende Desember oor die Kerstyd. Kyk na so 5 staanplekke asook 2 chalets. Soek rustige omgewing maar iets vir oud en jonk om te doen enige voorstelle van julle af?
Hoor graag van julle.
Geniet die naweek.
Groetnis Renette
Hallo Renette, ons het nog nooit by Ruby River Resort gekamp nie, maar wel al baie in die Loskop omgewing. 'n Kamp wat ek egter vir jou kan aanbeveel is De Voetplaat Kloof - ook in die Loskopvallei - probeer dit gerus, jy sal nie spyt wees nie.
Jy moet in gedagte hou dat dit Desembermaande vrek warm is en feitlik elke aand reen, gewoonlik donderstorms wat redelik gou verby is.
Hoop jy kom reg.
Groete,
Michelle
Dankie Michelle, ons was 2 jaar terug by Serengeti en weet dit is baie warm daardie kant toe. Dit was baie lekker gewees. Ons probeer om nie by dieselfde plekke te probeer kamp nie, eers soveel plekke as moontlik te probeer. Al die oulike plekke is reeds vol bespreek vir Desember, sukkel nogal om plek te kry.
Dankie vir terugvoering.
Groetnis
Renette
Hallo Renette, ons is pensioenarisse en was nou Mei 2011 by Ruby River Lodge. Dit was vir ons baie lekker. As julle van rustigheid hou is dit die regte plek, met die pragtige rivier wat daar deur loop. Ons was die enigste wat daar gekamp het, want dit was buite seisoen, en ons het op die wal van die rivier gestaan. Omdat ons alleen daar was kan dit nou dinge verander as julle in Desember soontoe wil gaan,soos die rustigheid wat ons ervaar het. Die badkamers is skoon, ons het net bietjie gesukkel met warm water, want hulle het n 'donkie' om die water warm te maak, maar soos ons se dit is seker maar net omdat ons alleen daar was.Ek glo as daar meer mense is sal hulle die 'donkie' die heel tyd aan die kook hou! Daar is n groot swembad en een vir die kleingoed.Dan kan mens visvang, wat die seuns en Pa besig kan hou.Ek glo daardie tyd sal die kinders nog met hul fietse ens. daar kan ry. Dan by die challets is daar n restuarant, ook n swembad,pool en darts kamer, opelug bar wat op die rivier kyk. Putt-putt baan, paar swaaie en jungle gym.
Ons het dit baie geniet. As julle daar plek kry hoop ek dat julle dit ook sal geniet. Soos ek se omdat ons pensioenarisse is en by plekke kan gaan buite seisoen kan dinge verander.
Groete, Gary en Fransie, Wes Kaap,
Renette,
Ons woon in Middelburg en het nie 'n baie goeie ondervinding gehad by Ruby River Lodge nie. Quad bikes het alles versuur.Die geriewe is mooi skoon en voldoende. Enkele bome vir somer kampering maak dit nie ideaal nie. Sonder die vierwiel motorfietse sal dit waarskynlik rustig wees. Daar is ook alternatiewe akkommodasie indien jy nie wil kamp nie. Ons ondervinding daar het gemaak dat ons nie weer daarheen sal gaan nie.
'n Alternatiewe parkie is sommer daar naby nl. Inniebos. Culles Nortje die eienaar. Dit is werklik in die bos en het staanplekke 'n eie ablusiegerief alhoewel die geriewe in een blok staan. Die staanplekke is mooi groot en kan tot twee karavane akkommodeer. Ongelukkig nie veel vir kinders nie maar fietsry en hengel is wel beskikbaar. Die swembad is klein maar voldoende vir afkoeling en is onder dak. Kontak Culles Nortje by 0828882002 vir meer inligting. Die karavaanparkie grens direk aan die Loskopdam Natuurreservaat.
Wat die klimaat betref: Noord Transvaal Noord van Middelburg is gemiddeld drie grade warmer as Middelburg en werklik nie onhanteerbaar nie. By Inniebos is dit ongeveer twee grade warmer.
Hoop jy kom reg.
Zylie Joubert
Kan enigiemand inligting verskaf oor Marula Mountian Village & Caravan park naby Warmbad. Ons wil die komende Desember daarheen gaan en benodig info oor die park.
Zylie Joubert




