Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Resorts with prepaid electrical meters
Can anyone forward me a list of Resorts that have prepaid electrical meters installed. Many Thanks
I do not know of any as yet.
Keeping an eye on this topic. Could be interesting.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Hi Michael
Wellcome to the forum.
I doubt whether such a list exists as the electrical cost issue at parks is a fairly recent issue.
Will be interesting though if such a list pops up. Then one can see what happened to costs of a stand where you pay for your own electrical use.
Ek weet net van oorde wat addisionele fooi vra as jy n aircon het...ook nog nie gehoor van pre-paid nie....maar dis welkom
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Sal interressant wees om te sien watse effek dit op kamppryse en tendense gaan hê.
Michael, welcome to the forum
My opinie, dit gaan elkgeval deur kampeerders betaal word, en in stand gehou moet word// So kampkostes gaan nie sak nie
I don't know of any resorts that offer pre-paid meters. I am a big fan of pre-paid meters for permanent living tenants.
But in my opinion, I don't think campers will be as happy with this idea compared to permanent living people without knowing how much they really need for that actual visit.
Welkom hier.
Sal ook die draad saam ry.
Ek dink nie dit sal kamp pryse afbring nie.....dit sal meer net n addisionele fooi wees wat jy betaal. Ek glo in die meeste gevalle is n kampeerder se elektrisiteits verbruik bitter min.....meeste gebruik maar net n yskas en paar liggies. Aircons, stowe ens maak dit seker n ander storie.
By permanent kamp met pryse van R1500 kan ek verstaan dat daar ernstig gekyk moet word na elektrisiteits verbruik, want om R50 se krag te gebruik per dag hoef nie moeilik te wees nie......en waar is dan die oord se profyt?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kragverbruik is reeds gemeet en op 'n soortgelyke draad geplaas en breedvoerig bespreek.
As ek reg onthou, was die gemete verbruik, ongeag dat dit by 1 park was, insiggewend en was meeste van ons verbaas oor die volume verbruik.
As ek kyk hoeveel addisionele buiteligte hier in die kamp snags brand, dit lyk soos 'n dorp, kan die gebruik nie so min wees as wat ons graag wil glo nie.
Terloops, dit is so helder in my wa snags dat ons sukkel om behoorlik te slaap. En ek het gekyk, grootliks addisionele ligte wat kampers in die nag buite hulle waens laat brand.
Ek vermoed mense is oor die algemeen bang. Nou slaap hy lekker met sy lig aan wat bydra om my wa lig te maak binne en ek moet wakker lê en nog vir sy elektrisiteit betaal ook.
NEE! Ek het nie eers 'n buitelig nie.
Ek is ten gunste van betaal vir eie verbruik. Prepaid of watter sisteem ookal sal werk.
The cost of electricity has always been an overhead taken into account when park owners determine their tarrifs - why would they need to now install ( also at a hefty price ) pre-paid meters?
If they needed to charge each campsite for their individual electricity useage it would be more manageable to rather install a useage-meter per site with the customer paying Rx per KWH on departure.
With pre-paid meters they would need to have a system where one could purchase electricity 24/7 as it would be difficult to correctly determine the exact number of KWH you may need.
Met die huidige pryse wat ordentlike kampe vra per dag is dit al reeds net vir die bo gemiddelde inkomste groep. As daar nou nog prepaid krag op dit gelaai word is kamp kostes net nie meer die moeite werd. Dit is al reeds belaglik. Sou dit n norm word sal my karavaan op n permanente basis gestoor word tot die bose seer hom self uit woed. Daar is nie n manier dat huidiglike pryse sin maak. Kan net sowel vir n paar rand meer op safari gaan gepaard met n lekker bederf. Of selfs die Ooste besoek met net die beste bederf denkbaar. Ek is oortuig dat karavaan kampe kort voor lank hul self uit die bedryf gaan prys.
Die bestuurder van die Eiland het ons langblyers meegedeel dat sy elektrisiteitrekening tussen R350k en R500k per maand is. Dan gebruik hy nog tussen 2 en 3 vragte kole van 30 ton elk per maand.
My opinie is dat as 'n oord die meters gaan gebruik moet hy sy oorspronklike kamp kostes verlaag.
Sou hy dit nie doen nie gaan hy homself heel uit die mark uit prys. Die huidig tariewe plus dan nog krag of jy nou min of baie gebruik dis beter dan om by ander oord sonder meters te staan.
Die meter moet daadwerklik gebruik word om krag en dan gevolglik tariewe te bespaar. As dit gebruik word om addisionele winste genereer sal net tyd vertel of dit werk in 'n oord.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
As hulle meters onsit, moet hulle seker dieselfde doen met hulle chalets. Daar gaan mens dieselfde probleme kry....een ou los byvoorbeeld sy aircon 24/7 aan en die ander het geen behoefte om dit te gebruik nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
As hulle meters onsit, moet hulle seker dieselfde doen met hulle chalets. Daar gaan mens dieselfde probleme kry....een ou los byvoorbeeld sy aircon 24/7 aan en die ander het geen behoefte om dit te gebruik nie
Dis soos jy sê Geert. My wa het 'n Aircon in maar ons gebruik dit nie. Nou moet ek maar die ekstra geldtjie opdok want hou beheer die oord eienaar dit anders as ek sê ek gebruik hom nie.
Enigste manier is om hom heeltemal te ontkoppel of uit te haal.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek is 'n voorstander van die prepaid meters selfs vir kamp. Maar dan moet dit gebruik word ter bevordering van besparing. Nie verrykking nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
As ek 'n oord sou hê sou ek verseker die meters geinstaleer het. Net meters nie eers prepaid nie.
Staanplek se tariewe word gekwoteer sonder krag en dan die krag tarief per Watt of KW se gebruik. Jy betaal dan ook 'n gepasde krag deposito (sekere bedrag per dag).
Wanneer jy as kampeerder op die staanplek in trek word die meter op daai staanplek se lesing neergeskryf. Met jou vertrek word dit weer gedoen en die kostes word van die deposito verhaal en die res gee ek terug.
Die werk soos "prepaid" maar op so manier kan ek jou teruggee wat jy nie gebruik het nie.
As mens volwaardige prepaid meters gebruik koop kampeerders by die Oord winkel krag en lees dit op die meter in. Bietjie moeiliker om reeds ingeleesde "credits" terug te betaal.
Wat nou van die nuwe kampeerder hoe verduidelik jy vir hom hy moet nou betaal vir "credits" wat reeds op die meter is. En en en en................
Maat van my het huise wat hy verhuur op die plot waar my karavaan staan. Mense het ligte bv buite deurnag laat brand en die krag rekening het regtig buite beheer geraak want aanvanklik was die krag ingesluit by die huur. Hy verminder die huur en sit gewone meters in die huise wat baie goedkoper is as Prepaid meters. Skielik brand geen ligte nie en mense sit in die donker op hulle stoepe en kuier in die aand.
Die is vir my 'n voorbeeld dat meters kan verseker werk by kamp omgewing. Dit moet net reg gebruik word en ja dit het nou 'n ekstra logistieke las van meterlesings maar soos die tyd gaan raak dit 'n gewoonte en oord bestuur sal maklike metodes kry om dit te bestuur.
So bespaar ons die land se krag en geld in jou sak. Sou 'n ou besluit sy Aircon is aan van hy daar aan kom tot hy ry is dit sy sak wat geraak word nie die ou wat kamp sonder enige krag nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Enigste huis werk wat ons as kampeerders moet doen is om op datum te bly ten opsigte van die eenheids kostes van elektrisiteit. Net so vir ingeval 'n oord homself wil verryk met due verskaffing van krag.
Ja die Tarief per watt of Kw sal effe hoër wees om te kompenseer vir die ligte in die ablusie en langs die paaie. Maar dit behoort merkwaardig klein te wees.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Daar is 'n nuwe oord buite Bela-Bela met die naam Shammah, en die het blykbaar 'n meter op elke staanplek.
"Prys, is R1600 per maand plus elektriese verbruik, meter op jou staanplek, tarief per eenheid is soos Eskom tarief."
Ek het bogenoemde aangehaal van iemand anders se plasing "elsewhere"



