Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
UMFULA
Wil net weet of iemand onlangs by oord gekamp het, sien ratings maar mense se niks,ek wil bietjie nuwe oorde probeer en my vrou wil graag in Parys gaan rondloer, was baie lanklaas in daai omgewing.
Ja....weer die probleem waar meeste net sirkels is sonder motivering....van geen waarde. Jammer ek noem dit weer, maar.......🤔
Ek sien Nico was onlangs daar en het dit geniet....dink die plek is amper op sy voorstoep
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het laasjaar se trippie na Deo Volente baie geniet. Het 'n stewige paar visse gevang. Ek sal verseker kyk om die jaar weer by die Vaalrivier uit te kom.
Hierdie is 'n opsie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Persoonlik was ons nog nie by Umfula nie, maar soos al gehoor is die oord baie populêr.
Ek het al gehoor by mense dat dit redelik raserig en woelig daar kan raak gedurende binne seisoen, maar solank dit binne die reels gehou word en beheer word, sien ek geen probleem nie.
Ek glo darem nie dit kan erger as Smilin Thru wees nie, waar daar geen beheer oor geraasgatte by die chalets is nie. Die laaste keer wat ek daar was en ook besluit dit was die laaste, het ons langs die chalets gestaan en die musiek was so hard, ek glo dat mense in die omliggende gebiede, Parys, Fochville en Potch die geblêr sou kon hoor
Ek glo enige kampeerder wil darem so nou en dan hoor hoe lag en gesels mede kampeerders, eerder as om te sit en te aanskou wat die vorige 2-sekondes gelewer het soos bv: Absoluut ''sweat boggerol''.
Indien ek weer daardie kant toe sou beweeg, sal ek definitief Umfula ook eerder my eerste keuse maak.
Ek het gou gaan loer na die website en dit lyk heel skaflik daar. Die hengel oewer is regtig chapperig. hoop die water vlak bly redelik konstand.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek kamp een keer m jaar daar en geniet dit baie. Kan ook my boot saamvat. Sal nie se kamp is stil nie altyd vol maar gewone kamp geraas. Ek geniet ook Eastco Parys en weltevrede. Dan oppad viljoenskroon toe is tava linga ook n baie lekker oord maar nie op die rivier nie
2024 Scorpio N
Legacy LT
Ek sal gaan vir die Visvang. By Deo Volente het ek die visse geroer en hulle het net groter geraak soos die hengel dag gevorder het.
Selfde water net 'n ander plekkie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dag sê. Ja, soos genoem was ons by Umfula (pensionaris week) eind Januarie 2020.
PRAGTIGE plek, en weereens hoogs aan te bevele. My vorige evaluering in die verband hou nog steeds stand: Skoon ablusies, goed versorgde gronde, pragtige uitsig (rivier een kant, berge anderkant) staanplekke wissel in grootte so maak net seker dat jou karavaan ordentlik inpas, koelte bome, lekker fietsrypaadjies (BAIE oorgroei, maar dis sekerlik a.g.v. die reen deesdae). Zebra, rooibokke - een swart rooibok ook - is te siene as jy so ry binne die gronde. Buite die park is ander wildreservaatjies wat selfs blou wildebeeste en gemsbokke het. Kroeg, winkeltjie is redelik duur, maar met die dorp wat 7,6 km verder is, is dit nie 'n probleem nie.![]()
Vir die vistermanne - die ouens het barbers van 2.5 - 3.0 kg uitgetrek (vir werkers gegee om te eet), asook Geelvis (wat weens die feit dat die blykbaar bedreigde spesie (?) is, teruggegooi is - tot op so 1 kg groot).
My opvolg evaluering wat ek Å›óú wou byvoeg as Admin my sou toelaat is:
1. Ablusies, alhoewel baie skoon ens. begin tekens toon van verweer - roes orals, vensters wat weens die roes nie ordentlik kan oop- of toemaak nie.
2. Toilet borsels ontbreek in die toilette.
3.Die sogenaamde ablusie vir gestremdes (wel, daar IS 'n reling in die stort so ek sou aanneem dis vir gestremdes) sal nie 'n rolstoel toelaat nie - trappie en bitter nou.
4. Die wasbakke is ook so geplaas dat korter mense (my vrou byvoorbeeld) op haar tone moes staan om haar gesig te kon was.
Maar, ek sal beslis mense beslis aanraai om Umfula te besoek, en .......... Parys is pragtig! Kom kuier!!!!
Dankie vir die terugvoering ons wil midweek doen so sal seker stiller wees,ek was al Eastco het dit baie geniet, sal Umfula n go gee.
Ons het gedurende Desember vir 3-weke by Eastco gestaan en het dit heel skaflik gevind agv die netheid.
My opinie is net dat so lang tydperk kan nogals aan mens vat agv die stilte.
Ook nie te blameer aan die oord nie, maar met hierdie kamp het ons 'n erg spinnekop probleem ondervind waarvan ek myself deurgeloop het met 'n hele paar byte aan my bene asook dat hulle begin huisvesting soek het onder die wa se dakkie.
Met tuiskoms het gemerk dat daar gedurig beweging in die oggend en gedurende die middae by die wa se dakkie is.
Nadat ek die dakkie gelig het, het ek skrikwekkend gesien hoe hulle daar onder baljaar.
Dit wil voorkom of alles nou darem verwyder is, maar die vraag is: Hoe maak jy seker hulle kruip nie nog iewers weg nie?
En wat se voorstelle is daar om seker te wees hulle is weg?
Ek is maar versigtig vir rivier en dam oorde waar daar visgevang word.
Papgooiers is maar dicey ouens wat like van brannas, n Stukkie Van Der Merwe op die XR6 se subwoofers en faait.
Fumigate karavaan, met tabs of Doom Fogger. Alles gee pad.
Ons het gou by Umfula gaan kamp vir die naweek voor die kinders en my eie aktiwiteite ons te besig hou om te gaan kamp. Umfula het n nuwe eienaar!! Veranderinge is onder andere n baie lekker supertube wat opgesit is. Ekstra badkamers gebou by die swembad area. N splinternuwe badkamer gebou by die staan plekke heel links teen die rivier(hiers nie n sent gespaar nie en die beste wat ek nog gesien het). Hy is net n bietjie in die hoek gebou heel links en nie in die middel van die terrein nie. Daar is ook nou water en krag punte. Nuwe bome geplant so oor n paar jaar lekker skaduwee. Oord is goed versorg en skoon. Daar was net 12 of so karavane vir die naweek. Warm water word verskaf dmv gas geysers so glo nie daar sal n probleem wees met warm water nie. Ons het kos bestel (n basket) wat baie lekker was! Daar is n koffie winkel wat lyk my net op Saterdae in af seisoen oop is. Daar is ook n kroeg naby swembad. Afdakke by swembad met bankies. Ek het die eienaar daar ontmoet en lank met hom gesels. Hy is baie betrokke en beplan om die 1 vlak swembad binnekort te verhit. Eienaar is baie betrokke en het saam met ons geswem ens. Hy is n besigheids man so glo hy gaan dit maak werk!! Hy het al n klomp geld ingedruk en glo die plek gaan van krag tot krag groei. Daar is ook n onderdak springkasteel om kinders besig te hou as dit reen of koud is. Ek heg n paar fotos aan. Ons het dit baie geniet en sal verseker weer terug gaan!! As ek hom reg verstaan het gaan hy die huidige badkamers ook oordoen in die winter tyd. Daar is ook n groot saal met pool en ping pong.














Dankie vir die terugvoering en fotos Kierie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kierie. Wat is hul naweek tariewe? ....kan nie die tariewe vind op hul website nie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het R500 per nag betaal.
Dankie, sal hulle kontak
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜



