Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23112 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Trennery’s Hotel Gekose Oord

Trennery’s Hotel - Qolora Mouth, Oos-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord
Trennerys Hotel is in die idilliese en beeldskone Wildekus gebied geleë. Die voetspoor vrye, ongerepte kus bied gaste ‘n keurspel van buitemuurse aktiwiteite met manjifieke heuwels , riviere en asemrowende strande. Die “Barrel en Gecko” kroeg spog met ‘n wye verskeidenheid drankies om te geniet terwyl jy die sonsondergang bewonder. Trennerys Hotel spog met 10 eksklusiewe karavaan staanplekke en is net ‘n klipgooi weg van die strand. Die staanplekke, met elektriese kragpunte, word gediens deur twee nuwe ablusieblokke met storte, wasbakke, toilette en ‘n bad.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
doe wildekus is seker van die mooiste in ons land en Trennerys pas mooi daar in. Ongerep en pragtig. Ons het self nog nie daar gebly nie maar wel in Seagulls hotel reg langs Trennerys.
Hierdie is “kom kyk gebied”.
Ons het verlede jaar Oktober hier vir 2 weke gekamp. Dit was puik. Hulle het 'n spesiale Okt aanbod gehad - R75 pppn.
Baie goeie prys. Ek sal bittergraag daar wil gaan kamp, veral omdat ons nou aan die Noordkus woon. Sien nou op Google Maps dat dit nogsteeds 640km vanaf Ballito is, maar dit is die moeite werd.
Heindrich
Sal ek met die Penta daar kan kom?
Hy is op 15" wiele en is 55mm gelig.
Ek dink so Pottie. As jy via Keimond ry kan jou wa en motor saam miskien te swaar wees vir die pont. Ek is nie seker hoeveel ton hy kan vat nie. Ek is nie seker hoe die grondpad van N2 na Trennerys lyk nie. Ek weet hy is heelwat langer as die grondpad van Keimond. Miskien kan Google Maps jou help.
Ja, jy kan met jou Penta daar kom. Die pont is die enigste probleem, maar die ouens weet wat hulle doen en het ook planke beskikbaar om onder wiele te sit as dit laagwater is en die invalshoek dalk bietjie kwaai is. Jy ry op en reverse weer af. Hulle was besig om die pad te teer van die pont af na die oord. Die grondpad was baie goed en daar was ook 'n man en vrou met 'n groterige padwa. Die pad van N2 om by Butterworth is goed tot by die dorpie Kentani, van daar is daar 'n erge, regte Transkei grondpad vir ongeveer 10 km wat nag is. Sal hom nie aanbeveel nie. Sien my profiel foto van die pont.
Ek lees nou net n artikel oor Trennerys aan die Oos- Kus wat geskryf is in 2019. Ek het so pas met n Chris gepraat wat iets met die pond te doen het. Volgens hom sal ek met my Gypsey Romany oor die pond kan gaan. Blykbaar is daar n 2 km grondpad wat nie te sleg is nie. Het iemand dalk onlangs ondervinding van die kamp en pad? Baie dankie. Maurits



