Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23231 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18556 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6791 |
| BrianB | 6022 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3909 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1468 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 612 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
| Grompie | 456 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 439 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 328 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 282 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |
| Lewies | 118 |

KNP train lodge opens December
Die "train lodge" open Desember in Skukuza. Dit kom bo op die bestaande staalbrug by Skukuza

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Hier is n link na die berig...
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Het al 'n paar van die tipe akkomodasie gesien. Baie was in die weermag gebruik as VIP kamers en eetplekke in eenhede.
As dit reg gedoen word kan dit 'n groot sukses raak.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Daardie brug is baie gewild onder luiperds wat die bobbejane daar vang. Die bobbejane slaap op die brug.
As jy in die nag dasr naby is, hoor mens gereëld hoe die bobbejane te kere gaan as die luiperds daar is. Luiperd is lief vir bobbejaanvleis.
Iemand moet net die luiperds oortuig nie almal wat op die brug slaap is noodwendig bobbejane nie.

Ha ha ha ha .......................... ![]()
................. dit kan 'n storie afgee.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Ek will nie negatief klink nie maar dit gaan vir die gemidelde SA KNP besoeker niks beteeken nie. Dit is gerig op die Oorseese, Dollar en Euro touriste....gooie inkomste vir SANPARKS. En dit is ook belangrik vir die toekoms van natuur bewaaring. Maar vir die ander touriste gaan dit net, ter aanvulling van die trein brug, nog n' onatuurlike verskynsel wees. Dit is in plein view van die Skukuza kamp!
Dit was tog hoekom die Selati trein ritte in die sewentigs gestop was...onnatuurlik. Anyway, dit sal SANPARK se koffers boost. Good luck!
Paul
Anyway die trein op die brug sal seeker nie die brug laat slegter lyk nie. ![]()
Paul
Dink ook so. As mens sien wat gaan prys alles insluit...alle kos en drinkgoed en 2x wilds ritte per dag....dink dit kan 1000de beloop. As na voorstel kyk hoe dit gaan lyk, lyk dit amper té luuks....wil voorkom of jy nie eintlik daai treingevoel gaan kry nie. Maar ek hou van die idee
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Dis waarom ek noem dat as dit reg gedoen word. Dit is nogal belangrik dat die trein effek behoue bly en met teveel tierlantyntjies by gaan dit verlore. Jy wil tog voel jy slaap in 'n trein! ! !
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Will the artificial rock the train and have speakers that go clicteclick on track joints ?
Lance, don't forget the wheeltapper checking if there are any cracks in the wheels ![]()

Sal net gaan kyk.

![]()
![]()
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

By hierdie trein lodge, is daar plek vir my karavaan ![]()

Het gister van die trein trokke gesien wat ge refurbish word. Nog in begin stadium met net staal konstruksie werk om roes en skade weg te werk en die ou waens weer beter te laat lyk.
As jy na die fotos op die link kyk is dit moeilik om te dink dit gaan so netjies wees. Wys nou net wat gedoen kan word.
Die projek is beslis sterk op dreef.

Weet iemand of die trein lodge op die brug al klaar is?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Nie n treinwa in sig nie. Dit lyk of die werk by die stasie ook tot stilstand gekom het.
Dalk so 'n bietjie van die onderwerp af. Ek't eenkeer die voorreg gehad om in die destydse Selati treinrestaurant te eet - en dit baie aangenaam gevind. Die spesiale effekte wat hulle gehad het om jou te laat voel dat jy rêrig in 'n bewegende trein sit, was nogal goed gedoen. Nadat jy jou by jou tafel gaan sit het en al die "passasiers" op die trein was, het die "kondukteur" sy fluitjie geblaas, 'n stoomlokomotief se fluit is gehoor en die trein het "vertrek" met tipiese rukbewegings. Jy kon glo die trein beweeg. Van die personeel op die perron het stadig beweeg sodat dit gelyk het of die trein by hulle verby beweeg. Ek het dit as 'n nostalgiese ervaring beleef.
Ek het ook 'n vergeelde foto waar ek as tweejarige in Skukuza afgeneem is met die Selati spoorbrug in die agtergrond.
Aag, ek dink nie dit sal sleg lyk as die trein uiteindelik op die brug geparkeer staan nie. "Not my cup of tea" vir wildtuinverblyf, maar die buitelandse toeriste, op wie dit verseker gemik is, sal dit verseker geniet. Watter uitsig behoort dit nie te wees nie.

Ek het ook geen beswaar teen alle pogings om voldoende geld vir SANParke te genereer nie en die oprigting daarvan asook die hotel in Skukuza pla my geensins nie. Ek verkies kampering en as my ouderdom dit nie meer toelaat nie, sal ek terugkeer na rondawels wat ek uit my kinderdae in die Wildtuin onthou. Vir my is dít 'n Wildtuin-vakansie.





