Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23112 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
ATKV Goudini Spa has got an awesome new website!!!
Dankie vir die info
Goeie naand Geert, mag ek vra of jy al by ATKV Goudini Spa oor gestaan het.
Ek wil hoor wat daar te se was van die oord, ek maak nou November 2024 my laaste lang trip af in daai rigting.
Ek het kalar bespreek daar en soek bietjie inligting, ek het op die uitleg van die oord gesien dat die karavaan Park heel een kant is en dit lyk heel aan genaam.
Hoop ulle toer nog lekker in die RSA en veilig is waar ookal julle Kamp.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
Ek kan nie kla oor die algemene netheid van Goudini Spa nie - inteendeel, ek reken dit is 'n netjiese oord - in bykans alle opsigte. Maar glo my, jy WIL nie oor 'n naweek daar kamp nie. Ek herhaal - jy WIL nie!!!!
Daarmee volstaan ek.
Izak, reading other threads on this forum I would be weary of camping at Goudini Spa especially over weekends
Ek is bly Brian het 'n vorige inset van my hier aangehaal. Ek is gaande oor sommige ATKV oorde - o.a. Eiland Spa en Klein-Kariba. Ek hou ook van Buffelspoort en Hartenbos. Ek ken glad nie Natalia en Drakensville nie.
Ons het vir etlike jare as gesin tradisioneel die eerste naweek van November Goudini Spa toe gegaan. Maar toe het dit op 'n stadium gekom waar ons besef het dat jy versondig jou siel (by wyse van spreke) om enigsins meer vir naweke daarnatoe te gaan. Luidrugtigheid is aan die orde van die dag.
Enkele jare gelede het my dogter en kleindogter, woonagtig in Roemenië, kom kuier. Ek besluit toe om ter wille van my kleindogter die kans te vat om in die middel van die week vir 3 aande Goudini Spa toe te gaan. Ek was sommer die eerste aand al baie spyt oor hierdie besluit toe ons bure ons "vermaak" met hulle doef-doef musiek. En by die swembaddens was jy, ten spyte van mid-week, bykans verdring.
Wanneer ons wildtuin toe gaan is ons eerste oorslaapplek altyd Karoo Nas Park. Om aan te sluit by die N1 by Worcester, is ons aangewese op die R43 tussen Villiersdorp en Worcester. 'n Groot gedeelte van dié pad is bra ongemaklik (uiters stamperig) om 'n karavasn te sleep.
Tydens my voorlaaste toer wildtuin toe, besluit ek toe om eerder met die N2, via SirLowryspas en R44 tot by die N1 te sleep en vandaar via die Hugeunote-tonnel verder te reis. Omdat dit 'n langer roete is, wat in my standaarde van maksimum 500 km per dag, net te ver is tot Karoo Nas Park, besluit ons toe om die eerste aand by Goudini Spa oor te staan. Dit was 'n fout - ten spyte daarvan dat dit 'n weeksaand was. Ek is finaal genees van Goudini Spa.
Toegegee - dit is 'n netjiese oord. Maar die meerderheid gaste wat dié plek besoek, se gedrag staan my nie aan nie. Daarom ry ek nou N2-langs tot George (en slaap by Hartenbos oor) - en vandaar via Oudtshoorn en Meiringspoort tot Karoo Nas Park.
Maar dit is net my opinie.




