Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23119 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3821 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2211 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Plugs
Dit klink asof die hoof skakelaar getrip is.
Hallo Gerda, welkom op ons kletsforum.
Die DB-bord is onder die bank teen die badkamermuur, agter die brandblusser. Dit gebeur dat die krag uitskop as die mikrogolf saam met ander items aangeskakel word, veral as die geyser ook werk. Ek verstaan nie jou opmerking oor die "inverter het ook nie getrip nie". Verduidelik 'n bietjie meer wat jy hiermee bedoel. Sover my kennis strek het geen Exclusive 'n inverter in nie.
Onder die bank teen die badkamermuur, agter die brandblusser.
Ek verneem so.
Paul
Gerda, ek aanvaar jy weet min of niks van elektrisiteit nie en dit is nie duidelik of jy getoets het of die karavaan se krag nog aan is nie. Toets met 'n ander apparaat. As dit af is, is dit baie maklik.
Iemand wat 'n soortgelyke karavaan het, sal jou kan sê waar die hoofskakelaar sit. As die fout daar is, sal een van die reeksskakelaars se knop anders as die res lê en dis die een wat uitgeklink het. Druk hom verder af en dan terug na sy regte posisie.
Indien dit nie die probleem is nie, dan is die probleem by die mikrogolfoond. Dit sal waarskynlik die sekering wees. Om dit by te kom, moet die buitenste plaat omhulsel afgeskroef word. Dis heel maklik en die sekering sal duidelik sigbaar wees- 'n 5 mm dik buisie, waarskynlik met keramiek tussen die twee blink metaaldoppies, ongeveer 3 cm lank. Kry 'n soortgelyke een by 'n elektriese winkel. Die ampere op die buisie sal aangedui word bv A15 en dis belangrik dat die nuwe dieselfde ampere het. Moet verkieslik nie die soort gebruik wat helder glas tussen die doppies het nie want hulle brand maklik as jy 'n effense "spike" (verhoogte spanning) kry. Die keramiek tipe is wat hulle 'n "slow burn fuse" noem. Hou gerus 'n paar spaar want dit is moontlik dat dit weer kan blaas. Dis nie 'n fout nie- dit gebeur soms en dit beskerm die duurder komponente.
As dit nie die sekering is nie moet jy die mikrogolf na 'n herstelwinkel neem want dan is daar niks wat jy sekf kan doen nie.
Daar het niks getrip nie. Dis wat so snaaks is.
Dis net die plugs. Geen plug werk nie.
Dis 'n moeilike een wat 'n mens net sal kan oplos as jy self dinge kan ondersoek. Jammer, ek dink nie 'n mens gaan dit op die forum oplos nie. Kry eerder 'n deskundige as julle nie kans sien om self te begin oopmaak nie. Kersfees kom nader en mense laat herstelwerk doen vir die komende vakansie, so dit kan nogal 'n problem wees. Sterkte!
Gerda welkom.
Dit gebeur dat n skakelaar afsit maar die skakelaar slaan nie af nie. Indien julle dit nog nie gedoen het nie skakel al die skakelaars op db bord af en dan weer aan. Hopelik is dit die probleem.
Gerda, iewers verstaan ons mekaar mis :-
- Ek lei af julle wa is van die ouer modelle (soos myne) wat met 'n battery toegerus is.
- Indien wel, sal die 12V ligte deur die battery van krag voorsien word, daarom brand die ligte wel
- Die 220V kragproppe kry alleenlik krag via die DB-bord (agter die brandblusser teen die badkamermuur) en die DB-bord kry weer sy krag van 'n buite kragpunt by die woonwapark of vanaf julle huis.
- Die standaard battery in 'n woonwa word gelaai deur spesiale DB-bord (myne is 'n Appolo-tipe) wat sy krag van buite af kry.
- Jy praat van 'n inverter. Dit moet dus 'n "after market" toevoeging wees wat veronderstel is om 'n yskas van 220V te voorsien nadat dit 12V battery-krag na 220V omgeskakel het wanneer 220V buite krag nie beskikbaar is nie. Dit sal heelwaarskynlik nie 'n mikrogolfoond van voldoende krag kan voorsien nie. As so 'n inverter geïnstalleer is om krag na al die 220V kragproppe in die woonwa te voorsien, sal ek ernstige bedenkinge oor die installasie hê.
- Dis onduidelik hoekom 'n Exclusive wat maar eintlik 'n teerpad-karavaan is, 'n inverter moet hê want dis gewoonlik net boswaens wat dit vir hul yskaste gebruik, diep in die bos waar daar nie 220V beskikbaar is nie.
- Uit jou laaste kommentaar hierbo lei ek af :-
- Mikrogolf, ligte en alle karagproppe werk wanneer die buite krag gekoppel is. Indien wel, is dit hoe die karavaan aanvanklik gebou is
- As daar geen buitekrag is nie en die inverter behoort 220V te skep, behoort dit net vir die yskas te wees en vir geen ander toerusting nie. Hierdie kragskepping sal net vir 'n paar uur beskikbaar wees solank as wat die batterykrag beskikbaar is.
Len
Ek dink dat Gerda hulle dink die Apollo 10 die Inverter is.
Gerda
Maak seker julle sit die "trip switch (earthleakage)" behoorlik af dan weer aan en dan een-vir-een van die ander skakelaars. Maak ook seker al die sekerings "fuses" is nog reg.
Die Apollo 10 is 'n DB-bord met 'n ingeboude laaier wat die 12V battery laai en dit is beslis nie 'n inverter nie. (Willem se vermoede hierbo was dus reg).
Gerda jy het hierbo gesê alles werk as die huiskrag met die karavaan gekoppel is - ek aanvaar dus al die kragproppe werk en die yskas word koud. Verstaan ek jou reg ?
Gerda, hy kan my gerus bel by (021) 982-1988.
Maar voor hy die moeite doen om te bel, kyk eers na die volgende :-
- As julle die huiskrag met die karavaan gekoppel het, brand die rooi liggie ("power") aan die bokant van die Apollo, bokant die groen/rooi en die wit skakelaars ? (Jy moet jou kop binne-in die bankie druk om die liggie te sien).
- In die middel, bo van die Apollo is 4 gekleurde liggies met duidelike beskrywing van elkeen. Watter van die liggies brand ?
- As jy na die Apollo kyk, is daar aan die linkerkant 'n rooi/groen skakelaar en langs dit is daar 'n wit skakelaar. Druk hulle albei af en druk hulle albei dan weer op.
- Aan die onderkant van die Apollo is daar 4 of 5 gewone huis-kragproppe. Maak seker elkeen se skakelaar is aangeskakel.
- Waar sit julle battery, voor op die A-raam in 'n kassie ?
- Het jou man 'n multi-meter ?
- Watter model Exclusive het julle ?
Willie's bit.
My 10 cents worth.
Have you checked the fuse?
This is found on the DB box. There is a little black button that you must screw out that houses the fuse.
This is how we spent the last fifteen years - working our buts off!



