Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23025 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6706 |
| BrianB | 5955 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2184 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Lid | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 568 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Olifantsrivier Lodge Kamp terrein
Dag sê! Ons be-oog om nuwe kamp plekke uit te probeer en het toe op Olifantsrivier Lodge en Kampterrein in Middelburg afgekom. Die verslae deur CP.com is maar redelik oud en ek het gewonder of iemand sedertdien daar gekamp het? Die aantekeninge op hulle webwerf is redelik niksseggend, en teenstrydig - dié ou hou daarvan , dáárdie een nie. Dus, hierdie navraag aan julle wat weet!
Ook vrek moeilik om 'n kontaknommer te kry om navrae aan hulle te rig, so, dit laat mens wonder ............
Ek was baie jare terug by die kamp terrein. Die grondpad op daai tyd was regitig sleg. Maar dit kan vandag sekerlik baie beter wees. Die oord daai tyd was al puik om te besoek.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons was 2023 daar....jy het seker my terugvoering gesien onder resorts? As jy facebook het kan ek vir jou n skakel stuur waar ek heelwat fotos geplaas het. Ons het die oord baie geniet en sal nie omgee om weer te gaan nie.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die kampeerterrein is baie mooi. Ablusies effe verouder maar skoon en netjies. Oordgeriewe en swembaddends baie goed. Ongelukkig is die toegangspad 'n riller. Die laaste 4 - 5 Km baie sleg vir 'n konvensionele woonwa. Tariewe vergelykend plus maar met inagneming van die padtoestand nie op ons bestemmingslys meer nie. Ons is gelukkig om in die omgewing verskeie oorde te hê met uitstekende toegang en vergelykende tariewe en geriewe.
Ons was in Junie daar en gaan beslis weer. Die kamp is netjies en skoon, geriewe is goed, die personeel is uiters behulpsaam en vriendelik en daar is baie om te doen vir almal. Ja, dit is n grondpad en as jy wil jaag gaan jy dalk skade kry, maar daar is geen verskil as na ander kamplekke toe nie. Ons gaan beslis weer soontoe.
Ek volg met belangstelling die onderwerp en terugvoer.
Ek het op die ingewing van die oomblik geboek om die naweek van die 25/26 Nov daar te gaan kamp. Die fotos het baie mooi gelyk.
Hopelik sal ek nie spyt wees oor my impulsiewe besluit nie.
Mooi gras staanplekke gewees
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Baie dankie vir die terugvoer Kerels! Ja, grondpaaie ry ek maar met verdrag en gelukkig is my karavaan 'n "Tourer" so kan darem sekere grondpaaie hanteer.
Geert ja, ek het FB so sal jou fotos waardeer!
Baie dankie weereens!
Baie dankie vir die terugvoer Kerels! Ja, grondpaaie ry ek maar met verdrag en gelukkig is my karavaan 'n "Tourer" so kan darem sekere grondpaaie hanteer.
Geert ja, ek het FB so sal jou fotos waardeer!
Baie dankie weereens!
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek lees op facebook dat hul besig is om die pad te teer na Olifants River Lodge.....dit sal n groot aanwins wees
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie - interresante nuus, ons het maar altyd die grondpad net stadig gevat en het mooi herinneringe van die oord.
Kobus & Ada
