Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23118 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5991 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3821 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 382 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Lekker kamp Tussen Natures Valley en Port Alfred
Ek is op soek na 'n lekker kampplek tussen Natures Valley en Port Alfred.
Dit moet verkieslik langs 'n getyrivier wees, soos byvoorbeeld Forever Plett.
Ek hoor graag van voorstelle.
Andries
Andries, nou vra jy 'n ding. Gelykstaande aan Forever Plett gaan jy nie kry nie, jammer. Die getyriviere tussen Natures Valley en Port Alfred is lieflike breë riviere, maar ongelukkig is die kampplekke dalk 'n probleem. Dit hang af van wat jy soek, en of jy hoë standaarde verwag.
Tussen Jeffreys en Port Elizabeth is die Gamtoosrivier. Die kampterrein is Gamtoos Ferry Hotel. As jy nie baie kieskeurig is nie, kan ek dit aanbeveel. Die rivier loop langs die kampterrein verby, jy kan 'n boot daar inlaat en dit is gewild vir visvang. Die ablusies is heeltemal aanvaarbaar.
Die volgende rivier is Sondagsrivier net na PE. Die kampterrein is in Colchester op die oewer van die rivier, Sondagsrivier Karavaanpark. Ek glo nie ek moet dit vir jou aanbeveel nie, baie mense hou daarvan en gaan gereeld soontoe, maar dit is bietjie van 'n rowwerige plek en ek het geen idee hoe hul ablusies is nie.
Dan Boesmansriviermond tussen Boknes en Port Alfred. Ek sal gladnie hul karavaanpark aanbeveel nie.
Ons het al by Gamtoos Ferry gekamp maar nog nie by die ander nie. Moontlik is daar ander forumlede wat meer kan vertel.
Google die bg. en vra maar as jy nog iets wil weet.
Goeie advies. Colin en Freda ken daardie wereld baie goed.
Forever Plett is 'n uitstekende oord en ons was November weer daar en was verstom oor al die opgraderings sedert ons vorige besoek in Maart 2015. Daar is ongelukkig geen gelyke nie.
Ek moet met tannie Freda saamstem.
Gamtoos Ferry - Ablusies aanvaarbaar. Baie min koelte. Slegs vir kort wegbreke indien daar geen ander opsies is nie.
Sondagsrivier - Pearson Park - Ek kan dit nie aanbeveel nie. Geriewe nie op standaard. Dagbesoekers kan lastig raak.
Boesmansrivier - Munisipale oord - Ons het Desember hier verby gery. Dit steek ver af teen Forever Plett en sal dit nie aanbeveel nie.
Dankie Jannes, ja die laaste een is Pearson Park, ek het die naam verkeerd gehad. Die genoemde riviere is werklik pragtige riviere, dit is 'n groot jammerte dat daar nie ordentlike karavaanparke by hulle is nie. Ek het al baie, met bote, op die Gamtoos en Sondagsriviere gery, werklik 'n belewenis. Ook al baie vis geëet wat daar gevang is.
Ruan, as jy werklik wil by een van die riviere staan, is Gamtoos Ferry dus jou enigste opsie.
Ons gaan elke jaar Maart/April vir twee weke na Hartenbos, en dit sal nie vinnig verander nie.
Nou soek ek 'n plek om Julie- of Septembermaand na toe te ry.
Ons was verledejaar Julie by Forever Plett. Ek moet sê die plek het geen gelyke, maar vir drie klein kindertjies raak dit nogal koud as die son ondergaan, en tussen die klowe gebeur dit vinnig.
Was iemand al by Big Fish langs die Gamtoosrivier?
http://bigfishcaravan.co.za/
Andries, ons ken nie Big Fish nie. Ek het nou iemand gebel wat altyd daar 'n huisie huur en gaan visvang. Hy reken Gamtoos Ferry is dalk die beter opsie. Hul webtuiste lyk egter baie belowend. Ek sou amper sê jy moet eintlik gaan kyk na albei en dan besluit watter een. Hul is omtrent 15 minute se ry van mekaar. Jy sal nie 'n probleem hê om by enige van die twee 'n staanplek te kry nie. Ek wonder of Jannes van PE nie dalk meer weet nie. Waar is jy Jannes?![]()
Miskien kan Flip'n Tilla daaroor kommentaar.
Die ander een wat ook miskien bietjie verder buite jou gewenste area is, sal Areena net bietjie noord van Oos Londen is. Die plek is heel aanvaarbaar, en net so killo of twee rivier af van Yellow Sands.
Yellow sands is ook by 'n riviermond langs die strand, maar het plek om bote in die water intesit.
Ek was self nog nie by Big Fish nie, maar 'n mens kan dit sien vanaf die N2 wanneer jy oor die Gamtoosrivier ry. Ek verneem van 'n kennis dat daar heelwat dagbesoekers die plek oor naweke binneval en dat dit soms 'n raserige affêre kan wees. Ek kan dus nie my eie opinie lewer nie.
In ag genome alles wat bo gesê is, het ek die volgende raad. Ek en my vrou gaan kamp jaarliks by ATKV Hartenbos en Forever Plett. Sy verkies veral Hartenbos want daar is baie in en om die kampterrein wat haar kan besig hou. Met drie klein kindertjies sal ek nie eers vir 'n kort tydperk Gamtoos Ferry toe gaan nie. Daar is nie 'n swembad nie, geen speelparkie en Jeffreysbaai is 21km ver. As jy dus die plekke en vermaak met mekaar vergelyk, is dit 'n no-brainer.
Ek stem saam met Jannes. Ry by almal verby en kom kamp by Van Stadensrivier in die Baai. Die lagoen loop verby die kamparea see toe. Dit is nou wel nie Forever Plett nie maar die weer daar verbaas jou nogal soms in die winter. Baie lekker vir die kleintjies om in die sand en vlak water te speel.



