Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23236 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18559 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6791 |
| BrianB | 6027 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3924 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1468 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 612 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
| Grompie | 458 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 439 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 328 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 286 |
| Meerkat | 282 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |
| Lewies | 118 |
Konka near Rustenburg
So, yesterday we drove through taking our time. This looks like a very neat place with beautiful and well grassed and bricked sites - the whole resort is extremely clean and looks very tidy.
The main attraction is team building with various sport fields - (both weekends accomodating schools). These sports fields are a fair distance from the camping area inside the resort.
I recommend looking at the web site for more details. Here it is not clear if lonesome caravans are welcome - at the gate they assured me they are.
The resort is on the road between Rustenburg and Krugersdorp very close to Aasvoëlkrans with a good gravel road of about a kilometer.
I think we will give it a try sometime. This is tipically the good type of place near home that you have never heard of or never thought of visiting.
I wonder if anyone can give other feedback.
not a Doctor nor a GP
thanks for the info will go check it out some time maybe

I drive past there a couple of times a month and never even knew that had campsites.
Op die hoofpad is daar so 'n bruin pad teken - het kinders op met die naam - is misleidend.
Die plek sit aan die regter kant omtrent een kilometer op die grondpad, nogal in goeie toestand.
Die kampeer gedeelte is ook regs net bokant die "Konka oval" naby die ingang. Ry gerus deur die hele plek en lewer gerus jou mening hier.
Ek merk dat hulle sê geen drank en vure - het gehoor hulle verkoop drank en het netjiese braai plekke. Lyk na slegs 16 offisiele staanplekke.
not a Doctor nor a GP
Goeie dag, was enige iemand nou onlangs weer daar. Ek het 'n bespreking gemaak vanaf 21-24 Jan 2021 en die kostes is maar R400pn op private ablusie staanplek.
Dr Drake, geen drank of vure? Maar hulle verkoop drank en het braaiplekke. Maak dit sin uit?

Ek was jare terug daar vir kinder sport. Nog nooit daar gekamp nie en glo nie ek sal nie .... my seun bly nou op Mosselbaai en ek hardloop naweke, waar die my na ander omgewings neem.
Die drank sou my nie pla nie. Ek verbeel my hulle het "sentrale" braaiplekke.
not a Doctor nor a GP
Ek het gisteraand met 'n oud kollega van my gepraat wat so maand terug daar was.
- Daar is nie ‘n reël van geen drank nie. Die reël is slegs, geen eie drank in kroeg en restaurant area.
- Ordentlike staal braais word vir elke staanplek voorsien.
Dit is wel 'n baie rustige kampplek en dit is wat ek verkies.
Dankie Hennie. Nie geweet publiek kan daar kamp nie.....altyd gedink dis n kamp vir skole sport.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜

Ja, ons gaan dit uit probeer. Was die naweek by Zelpy (Oud Eastco Magalies) en heel aangenaam gewees. 'n Mens kan sien dat hulle besig is met redelike veranderings en onderhoud.
Graag wil en aan Hennie 'n groot dankie se dat hy hierdie plek aan my genoem het ure voor ek sou betaal om iewers in Dinokeng te gaan kamp. Wel as ek so na die vorige besprekings kyk dan kan ek nie glo ek was by dieselfde plek nie.
Die standaard van dienste van die oomblik wat jy by die hek inry is van die mees uitstaande gehalte wat ek nog tee gekom het.
1. JA net soos enige ander gelisensieerde instansie mag jy nie jou drank by hul restourant gebruik nie maar enige ander plek is daar geen beperking.
2. Daar is 'n fantastiese braai beskikbaar by elke staanplek. Verstelbare rooster bokant die skaar deel en ook 'n tafel gedeelte om die bykomstighede op neer te sit.
3. Watter ander plekke bied 2 x 3pen muurproppe sowel as 'n blou sok vir krag? Ek het nog nie so iets gesien in enige kampplek nie.
4. Ablusie werk op gas en dan is daar ook 'n muurprop by die tafel soos gesien sal word in my foto v d tafel.
5. Braaiplekke word elke oggend skoon gemaak en 'n nuwe rol toiletpapier voorsien.
6. NERENS is daar enige teken van iets wat nie skoongemaak is nie. Dit sluit selfs die swembad area in.
7. Weens Covid-19 word die gedeelde ablusies nie tans gebruik nie. Daar is 6 van hulle.
8. Daar is 9 privaat ablusies wat almal in 'n ry langs mekaar is.
9. Daar word genoem v d sport gronde wat mense mag pla. Ons was nou in 'n stil tydperk daar maar ek glo nie vir 'n paar uur kan die geluide v d sport gronde wat 1km weg is veel klagtes oplewer. Ek mag verkeerd wees.
10. Konka bied ook spanbou aan skole en groepe aan en ek moet se die verskillende items is mooi tussen die bome geplaas wat sekerlik 'n plus punte is as mens so iets sou hou deurdat mens se aandag nie deur die groep langs jou afgetrek word nie.
11. Die zipline kan mens wel die gesing hoor as die ouens wegtrek om oor die rivier te ry tot by die stop. Sowat 500m weg v d staanplekke.
12. Die winkel en restourant is volgens my goedkoop. Hout is R25 per sak. Roomyse is R10. Net die nodigste word aangehou.
13. Ek plaas ook 'n klein deel v d spyskaart wat ek dink vrek goeie waarde bied.
14. Die onthaal area met baie rondawels is ook te sien en ook meer as 1km v d staanplekke af.
15. Bitter min plekke kan spog met doringvrye grasperke soos Konka. Ek het nerens met plakkies aan moes loop nie. Dis was soooo lekker.
16. Dan is daar die luukse tentdorp met sy 5 beddens in. Hulle deel 2 tente per semi privaat ablusies waarvoor mens sleutels kry. Hulle beskik oor lugversorging.
17. Dan wat 'n plesier om nie wakker gehou te word deur die leuus in die leeukampe maar die menere te hoor van son onder maar net so 3-4 keer deur die nag. Ek was nogal verbaas om te moes hoor dat dit vir party mense 'n probleem skep. Gaan kamp dan eerder by 'n ander plek. Een v d wyfies het juis 4 kleintjies gehad maar so goed weggesteek dat al het ons geweet by watter klompie bome sy le kon ons niks sien nie.
Verskoon dat hierdie dalk 'n te lang draad gaan wees maar ek het soveel goed te se v d plek dat ek dit 'n paar keer per jaar gaan besoek. Vir die kort en kragtige plasing lesers blaai maar net verby aub.
Ek is een v d lede wat amper nooit meer hier iets plaas en ek glo ons almal het ons redes. Dit is nie net seisonaal nie. Met tye noem iemand iets en dan kom lees ek wel en reageer.

Ons kombuis.

Kragpunt boks en waterpunt.

Stort en wasbak.

Tafel by ingang van ablusie.

Braaiplek met kragpunt langs die swembad.

Braaiplek asook die tafels onder dak by die restaurant.

Gazebo voor ons Rally tent. Die skerp lig is sigbaar by die gedeelde ablusie en winkel, restourant gebou.

Ingangs pad na die 16 staanplekke. Alles is gelyk met gras vir elke staanplek. Daar is egter net jong bome wat tussen staanplekke geplant is. Privaat ablusie aan die regterkant soos mens inry.

Soos gesien vanaf die swembad.

Links is 'n klim en klouter en dan ook die puttputt baan wat langs die swembad is.

'n Gedeelte v d spyskaart.

Gedeelde ablusie staanplekke wat nou gebruik word vir parkering aan die linkerkant. Berge sigbaar in die agtergrond.
Vervolg op die volgende draad.


Volgende klompie fotos.

Gedeelde ablusie met opwas area.

Direk verby die paaltjies is die ry gedeelde ablusie staanplekke.

Hier kan gesien word hoe groot die geplaveide deel is per staanplek met gras langsaan asook die kragboks.

Heel links is die kamper langs my se voertuig met 'n groot grasperk tot waar sy woonwa staan. Dis staanplek 8. Staanplekke 1-7 is redelik naby aan mekaar. Staanplek 9 is op die punt en lekker privaat. Mens kan die woonwa en tent op die plaveisel stop of soos ons slegs die woonwa en ons Rally was op die gras gedeelte.

Daar is ook 'n klompie tente tussen die staanplekke en die sowat 4 leeukampe.

Hier staan 'n voertuig op staanplek 11 en in die agtergrond is staanplekke 5 tot 8.

Pad na die rivier en die foefie slide asook die brug oor die rivier in die rigting v d onthaal area en sportvelde.

Die foefie slide is net net sigbaar oor die rivier.

Uitkykpunt oor die rivier met foefie slide wat voor mens verby loop.

Tafels voor die restourant vanaf die gedeelde ablusie se kant gesien.

Rondawels by die kapel en saal vir onthale en troues.

Kuierplek langs die rivier en foefie slide.

Inwonende maatjie op pad rivier toe.

Sportgronde met klubhuis en pawiljoene.

Een v d pappa leeus wat van hom laat hoor na sononder.

Mamma leeu.
Staanplek 10 moet vermy word en is net geskik vir 'n tent en is ook redelik skuins maar het wel goeie skaduwee teen die velle son. Dit was vrek warm die laaste paar dae.
Weens al die ander aktiwiteite mag dit nie in almal se kraal pas nie maar vir my is dit 'n juweel van 'n plek. Nogmaals dankie aan Hennie.
Uit eindelik klaar. ![]()
![]()


Dankie Danie.
Ek het die indruk gekry dat die plek baie netjies is .... bly dis steeds so na die jare!!!!
Dis werklik jammer dat ons heelwaarskynlik nooit sal gaan nie.
Met my kinders so wyd versprei en ek nou werkloos (pensioen) moet ons eerder gaan kuier.
Ons kamp darem nog ... het nog die Caravette vir langer kuier en nou ook 'n klein Slipstream wat ons goedkoop gekry het en gebruik op lang afstande vir kort periodes om brandstof te spaar.
not a Doctor nor a GP
David I never travelled that road and I only saw what people with kids were missing all these years by being there thanks to this forum member Hennie.
For me a great place.
Already waiting for dates from a family member to visit again.


Danie - dit is 'n volledige en uitstekende verslag. Dankie daarvoor.

Danie, net 'n plesier. Ons gaan die 22 - 25 Jan ook daar wees.
Thanks for sharing Danie. Looks great.

Lyk nogals nice daar.





