Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23195 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18549 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6780 |
| BrianB | 6016 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3885 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1910 |
| Nico | 1833 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1462 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1357 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 925 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 678 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 606 |
| Andrew | 524 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 438 |
| Grompie | 422 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 326 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| mplester | 159 |
| Wegisons | 157 |
Kinders in kamp, of nie ??
Ek lees elders op die blad dat sekere kampe nie kinders onder 18 toelaat nie. Ook dat sommige dink dis 'n oulike idee, veral in wildtuine byvoorbeeld.
Ons moet net onthou dat ons eie kinders ook klein was, en dit sou darem baie sleg gewees het as ek nie Kruger toe kon gaan met hulle nie.
Die probleem is nie die kinders nie, die probleem is die ouers wat kinders nie basiese etiket en kamp bedagsaamheid leer nie. Ongelukkig is daar die gevalle waar kinders wil handuit ruk in 'n wildtuin-kamp.
Hoe om so 'n situasie te hanteer, is ook nie voor die handliggend nie. Ek het eenkeer 'n seuntjie in Manyane aangespreek, en gevra om by hulle woonwa te gaan speel, en nie by myne te lawaai nie. Die volgende oggend het ek 'n papwiel gehad, afgeblaas, nie 'n lek nie.
Dit is vir my lekker om kinders op die kampterrein te hoor lag en rondspeel.
Vir n groep van 18 jarige bulletjie om op hul eie te kamp sonder toesig - sonder drank is hulle gemanierd maar boeta, as daai aapsap begin praat dan raak hulle morsig, ongemanierd en baie lawaaierig.
Ons het dit al oorgekom dat so n groep langs ons net kom dronk lê het.
Ander keer het die jongklomp ingekom en kamp opgeslaan. Ek het toe oorgeloop, myself voorgestel en die een se ouers se nommer gekry, daar voor hulle die ouer gebel en aangebied om na hulle welstand om te sien vir die naweek.
Nodeloos om te sê, ek het nie die pa gebel nie en die mannetjies is met drank terug huistoe.
Afgelope kuier in Satara het daar n groep van 3 gesinne op een staanplek gestaan. Daai kinders het meer getjank as gespeel. Die ergste is die ouers doen en sê niks nie. Hul buurman agter hulle het ontvangs toe gegaan en gevra wanneer hulle loop, want sou dit nog lank wees, wou hy na n ander staanplek skuif.
Ek het nie probleem met n goed gemanierde kind wat homself geniet en lekker speel nie, maar n tjankende en ongemanierde kind is iets anders.....en deesdae is hul baie. Miskien omdat hul nie gewoond is om buite te wees nie? Tuis gewoonlik binne voor xbox en wifi?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜




