Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23028 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6707 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3739 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Kgalagadi & Augrabies
Enigeen van ons forumlede wat dalk eerskomende Oktober in Kgalagadi en/of Augrabies gaan kamp/kuier?
Ons is vanaf 6 Oktober in Kgalagadi. Die eerste twee aande in Twee Rivieren, gevolg met 4 aande in Nossob (8 - 11 Okt). Dan 4 aande in Mata Mata (12 -15 Okt) gevolg met 3 aande in Kalahari Tented Camp.
19 Okt bly ons vir een aand by Kgalagadi Lifestyle Lodge en die volgende twee aande by Augrabies.
Ons gaan nie kamp nie, maar ek sien baie uit na dié trip.
Chris, hoe kry jy dit reg om plek by Nossob en Mata Mata te kry? Ek kyk gereeld op die SanParke webtuiste en dan is spesifiek Nossob ( en Mata Mata ) vol bespreek vir enige tyd.
Sal dit help as ek julle agent in Stellenbosch, Ezi Bookings (?), gebruik? Om plek in 2R te kry is nie 'n probleem nie. Dit is die ander twee kampe wat moeilik is.
groete
In 2022 was ons in 2R en toe by Polentswa vir 4 aande. Weens brandskade is ons gevra om Polentswa te ontruim. Terug by 2R is ons gesê 2R is vol terwyl die oog wys dis nie waar nie. Bly toe by die Lifestyle Lodge wat ek vir enige persoon aanbeveel. Selfs toe was Nossob kwansuis vol - ons moes deur Nossob en 2R ry vanaf Polentswa. Iets in Kgalagadi is nie reg nie!!
Mens moet maar vroegtydig bespreek of gedurig kyk vir kanselasies...daar is klompie dae oop, bespreek en las soos kanselasies inkom
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Chris, is Oktober nie alreeds warm in Kgalagadi nie??
Butts - ja Kgalagadi is 'n probleem t.o.v. staanplek- sowel as vaste akkommodasie-verkryging. As jy nie op die dag skakel wanneer besprekings vir 'n spesifieke periode oopmaak nie, is dit maar 'n gesukkel. En dan moet jy ook gelukkig wees om vroeg deur te kom.
Maar hierdie keer was dit maar mogge troffe. Ek het begin met 2 nagte in Twee Rivieren (TR) en 'n paar keer op 'n dag gekyk vir ander kampe. Oor 'n tydperk het dit stapsgewys in plek geval. Aanvanklik kon ek ook glad nie geholpe raak in hetsy Nossob of Mata Mata (MM) nie. En wraggies, daar kry ek toe plek vir 4 agtereenvolgende nagte in 'n 6-bed chalet in Nossob. En later kon ek ook uiteindelik 4 agtereenvolgende aande in MM in 'n "River View Bungalow" kry. Al's is uiteindelik afgerond met my laaste 3 nagte in Kalahari Tented Camp (KTC). Maar dit was 'n lang gesukkel om einde ten laaste my huidige bespreking te finaliseer.
Dus - geduld is die wagwoord. Sommige besprekings het ek aanlyn gedoen en ander deur EZI Bookings. Uiteindelik het laasgenoemde die onderskeie besprekings vir my gekonsolideer.
EZI Bookings is 'n wenner! Joween of Melische of Jacques gaan uit hulle pad om van hulp te wees. Ek is só dankbaar dat my suster my van hulle vertel het.
En ek stem saam met Geert t.o.v. Kalahari Lifestyle Lodge (KLL). Watter puik plek om te kamp of in vaste akkommodasie te bly!! Ek wou aanvanklik nog een aand in Twee Rivieren (na KTC) oorbly, maar het toe maar besluit om by KLL oor te bly toe ek sukkel om by TR geholpe te raak.
Chris dit klink net soos my bespreekings verhaale. Aanhouer wen.....as jy iets sien wat jy soek moet jy spring....maak nie saak waarme jy besig is nie. Anders is dit weg.
Ons het ook al van die Kalahari Lifestyle Lodge gebruik gemaak as ons nie reg kom in Twee Rivieren nie.
My bespreeking by Shingwedzi is verskriklig gefragmenteer. Kan EZI Bookings dit consolideer? Bel jy net vir hulle? En, is daar nie n' risiko om iets te verloor nie?
Paul
Paul - ja, ek het net telefonies geskakel. Melische het my gehelp. Net my kliëntkode gegee, dan sien sy alles op die stelsel voor haar en konsolideer dit op een van die betrokke besprekingsnommers.
Dankie ek sal dit doen.
Paul
Ek het dit vandg met my KNP bespreking gedoen....ook alles nou op een bespreking. Ek was by Sanparks se hoofkantoor self
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek gaan ook daai opsie gebruik. Ek kan amper loop na hulle toe.
Paul
Ons beplan volgende jaar Augustus so ses aande by Nossob. Sal die eerste werksdag nou September die telefoon aanpak. Ten minste het SANParks nou ‘n nommer stelsel dat jy weet waar jy in die tou is. By Tweerivieren bly ons altyd by Kgalagadi Lifestyle Lodge so vyf kilos buite die Tweerivieren hek - nie Kalahari Lifestyle Lodge nader aan Upington nie ( nog nooit daar gebly nie). Dit is bietjie aan die duur kant maar baie lekker kampplek.
Die enigste keer wat ons by Kgalagadi Lifestyle Lodge oorgebly het, was enkele jare gelede toe ons nie akkommodasie in die park kon kry nie. Ons het in hulle netjiese vaste akkommodasie gebly, maar wel na hulle kampeergeriewe gaan kyk. Laasgenoemde was (ek glo "is steeds") puik.
Ons bly weer een aand daar oor as ons uit die park uitkom. Die afstand tussen ons laaste kamp (Kalahari Tented Camp) en Augrabies is té ver (volgens my reisstandaarde).
Ek het bedoel Kgalagadi Lifestyle Lodge. Van Pretoria af slaap ons gewoonlik by Red Sands (net buite Kuruman) en dan by Kalahari Monate Lodge (net buite Upington).
Paul
Chris, stem saam oor die ver ry. Op pad uit ry ons Nossob, Kgalagadi Lodge, Augrabies en dan suid blomme toe. Sluit so vier aande by Papkuilsfontein in.
Chris, is julle al tuis na oorsese vakansie??
Ek het met Servaas gesels. Hy gaan in P.Borwa Safari Park staan, as julle by die Eiland is.
Kalahari Monate Lodge
Paul
Ons het die eerste keer by Red Sands Lodge in een van hulle chalets oorgebly en die laaste keer oorgestaan met die wa op een van die staanplekke met privaat geriewe. Dit nog elke keer 'n netjiese plek gevind.
Was ook eenkeer by Kalahari Monate Lodge (in 'n chalet) bespreek - die keer toe Geert my wonderbaarlik gehelp het om akkommodasie in Kgalagadi (nogal Nossob) te vind. Ons moes dit ongelukkig kanselleer a.g.v. die ghawwermint se gesondheid op daardie stadium. Al meermale daar verbygery.
Die laaste keer wat ons in Kgalagadi was (op pad Namibië toe in 2024) het ons by Kalahari Guest House, op 'n plaas sowat 52km noord van Upington oorgebly. Dit was 'n selfsorgplek met die aangenaamste eienaars denkbaar.
Wessel - ons vertrek vanaand 21:45 (20:45 SA-tyd) vanaf Bucharest via Istanbul na Kaapstad waar ons môre veronderstel is om 11:50 te arriveer. Donderdag, Vrydag en Saterdag lê groot aanhef voor om alles gereed te kry vir die lang trek Eiland Spa toe.
Ek het al van verskeie mense verneem wat deesdae in die wintermaande eerder by Phalaborwa Safari Lodge gaan oorwinter. Lekker warm Laeveld-weer.
Toe ons in Tzaneen gewoon het, het die mense gesê dat Phalaborwa beskik net oor twee seisoene. Beide is somer - die een is net warmer as die ander een. Daar het ek groot sweet weggegooi toe ek tydens ons verblyf in Tzaneen vir Letaba Rugbyklub (Letsitele) gespeel het.
So gepraat van Phalaborwa se twee somers.....ons gaan een relatiewe koue reenerige dag op n' boot (Safari) trip op die Olifants rivier en op die boot is daar twee jong locaale manetjies en hulle dra kort broeke met velies. Ek vra vir hulle nie koud kry nie koud nie?.... die een antwoord....nee oom ek het twee kort broeke aan. :-))
Die boot trip is rerig die mooite werd. Ons het al twee keer dit gedoen. Die plek se naam is Kambaku II Boat Safaris & Lodge of Kambaku Olifants River Lodge. Ons het tot n' Luiperd gesien.
Paul
We also went on the Olifants river cruise while we camped at Shonalanga in 2012 (couple of km up the river from the Lodge) . I think the river cruise was called something else back then - I need to look back at my photos.
