Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Kennetjie as n kind
Ek is Afrikaans gebore, my ma is mos Afrikaans, maar my pa het vir my Engels gebliksim.
When last did you play Kennetjie... I just thought of it when reading the Klei Lat topic. I can't remember the rules, but remember counting with the length of the stick and we played it too many years ago.
Nou will ek sommer a klop jaar terug gaan in my lewe en dit weer oor leef.... my Engels vrou en Engels kinders sal dit nooi verstaan nie...
Gonnie, ek het groot geword in die Oos-Kaap, Despatch naby PE.
Ons verhuis toe Noord-Oos Kaap, nl: Noupoort en Graaff-Reinet.
Glo my, ek kon daai stokkie bliksem.
Die plaas klonkies het my kennetjie leer speel.
Het jy al Giffie gespeel?
Flat washer met 3 marble gate?
Ek kan nog van die reels onthou.
Een lengte. Sword.
Twee... tip top
Drie.... fist...
Vier...bokhorings
Vyf.. ogie
Ses ...oortjie
Sewe... elbow
Agt... life
Dobbertjie vang.... jys uit.
Minder as een ... jy moet net die dobbertjie kan weghou van die slootjie.
Dobbertjie... max lengte 80 mm 3.5 duim.
Slaan stok +- 700 mm
Nat Bloekom hout maak n lekker stok en dobbertjie
Sal graag wil sien hoe dit gespeel word en wat het gelei tot die bestaan van die speletjie, wie het dit uit gedink?
Ek was 1954 tot 1956 op Paul Roux in die skool en koshuis. Toe was daar al kennetjie gespeel.
Paul Roux was n junior hoërskool, net tot st.8. Daarna is ek Senekal toe, ook in die koshuis.
Daar het ons meesal .. bok bok staan styf ... gespeel. Of Fly.
Harde games daai.
Gonnie, ek het groot geword in die Oos-Kaap, Despatch naby PE.
Ons verhuis toe Noord-Oos Kaap, nl: Noupoort en Graaff-Reinet.
Glo my, ek kon daai stokkie bliksem.
Die plaas klonkies het my kennetjie leer speel.
Het jy al Giffie gespeel?
Flat washer met 3 marble gate?
Ons het sommer giffie gespeel met kar brake pads...het lekker gewerk
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Sal graag wil sien hoe dit gespeel word en wat het gelei tot die bestaan van die speletjie, wie het dit uit gedink?
Reels is vinnig as volg:
- Grawe 'n slootjie ongeveer 5cm breed en 30cm lank.
- Plaas die kennetjie (kort stokkie) dwars oor die sloot
- Staan wydsbeen oor die sloot rug na ander deelnemers en gebruik die langer stok om die kennetjie in hulle rigting te "flip,skiet,krap"
- Ander deelnemers moet jou probeer uitvang deur kennetjie te vang voor hy grond raak.
- As hulle mis, word die afstand vanaf die sloot tot by die kennetjie gemeet met die lat.
- Die mates bepaal hoe die volgende hou gespeel sal word.
- Maar eers word die sloot verdedig. Ander deelnemer probeer om die kennetjie van daar waar hy gelê het in die sloot in te gooi. Jy kan dit in die proses met die lat probeer weg slaan. Kry hy dit reg is jy uit. Nie, tel jy die kennetjie op en aanvanklike afstand bepaal hoe die kennetjie gehou word vir die volgende slaan hou.
Ek kan nog van die reels onthou.
Een lengte. Sword.
Twee... tip top
Drie.... fist...
Vier...bokhorings
Vyf.. ogie
Ses ...oortjie
Sewe... elbow
Agt... life
Dobbertjie vang.... jys uit.
Minder as een ... jy moet net die dobbertjie kan weghou van die slootjie.
Dobbertjie... max lengte 80 mm 3.5 duim.
Slaan stok +- 700 mm
Nat Bloekom hout maak n lekker stok en dobbertjie
Swaard word die kennetjie dwars oor die lat gesit waar die hand en die lat bymekaar kom. So word kennetjie opgegooi en met die lat weer geslaan. Mis jy lê die kennetjie naby aan die gat en is dit makliker vir ander deelnemer om die kennetjie in die sloot te kry.
Bv met ogie plaas jy die kennetjie op jou oog laat val vorentoe en jy moet hom slaan met die lat.
Elmboog sit jy hom op jou slaanhand se elmboog
As jy die kennetjie verder as die agt lengtes slaan of kry het jy 'n lewe(life) of lopies
Een met meeste lopies op die ou einde wen.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Baie gevaarlike speletjie vir die Oë van die deelnemers. Veral as hulle naby staan met die flip of slaan om die kennetjie te kan vang. Want onthou verder as agt lengtes van die lat is 'n lewe of lopie.
Om dit effens veiliger te maak moet die lat korter gemaak word. Dan is dit moeiliker om die kennetjie baie hard te slaan.
25cm werk dan redelik chapperig.
Maar onthou weer hoe korter die lat hoe meer lewems is moontlik. Gelukkig geld dit vir almal.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Also played this game (my mom was Afrikaans), we took it down to Cape Town to visit familie and then showed them how to play. Two years latter they where beating the Vaalies
Trying to remember but heard on the radio theres a world tournament for Kennekie held at the Kennekie world head quarters at Bronkshortspruit or the place out side Prertoria where the animal feed are produced, any body in that area that can veryfy
Sal bietjie gaan Google
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Baie dankie vir die info, gaan dit probeer sodra ek genoeg familie lede plot toe kan lok, klink na ñ lekker speletjie.
Kids don't know how to play outside anymore. We know the value of youth we had compared to today's kids.
Thanks for the rules again... this brings back great memories.
Deesdae hoef die kinders nie eers meer by mekaar te speel nie......ek sien hulle raak deesdae lief om via Xbox ensovoorts online met mekaar te speel. Hulle vorm groepe online en dan invite hulle mekaar om saam met mekaar n sekere game te speel....sit dan met oorfone en mic op om met mekaar te gesels. As mens sien hoe hulle speel, wonder mens soms waar dit gaan eindig....
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kennetjie ken ek nie. anners as klei lat en ons haas rek ketties was daar kissing touches en weg kruipertjie
En wat van swartvark, rovers en spin die bottel?
Rovers!...skoon van hom vergeet!
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Eish, know about kissin touches, start playing that at about 14, so kindly help about them "swartvark"
Kennetjie (en bok-bok) het sóveel ongevalle geëis by ons skool (Tulbagh), dat beide verbied was om tydens pouses te speel. Ons het maar kennetjie in die grondstraat agter ons huis gespeel. Altyd gevrees vir tip-top, want ek het maar gesukkel met daai een. Bob-bok het ek laas in my studentedae gespeel.
Dis seker speletjies wat van die voortrekker dae af kom.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Het volks spele nie gemis. Op laerskool die marble champ gewees en dik koor gesing. Klei lat en kettie skiet . As ek my klein seuns van die x box af kan weg rokkel en die dinge vertel dink hulle ek maak stories op. wereld het so verander.
Dit was ons TV games daai jare. Lekker tye.



