Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23089 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18484 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3793 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1352 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 359 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
KUNSMATIGE INTELLIGENSIE (AI)
Hierdie is nie juis 'n kampeer-onderwerp nie, mar ons gebruik almal rekenaars en selfone, so ek vat maar die kans.
Het julle agtergekom hoeveel internet verbeter het met KI? Internet verstaan nou Afrikaans so jy kan jou soektogte in Afrikaans doen. En as jy 'n artikel gelees het, nooi dit jou om verdere vrae te vra, as jy in Afrikaans werk, kom dit ook in Afrikaans. Ek dit klink soos 'n mens wat met jou praat, soos "Wil jy dalk verdere inligting hê oor....."
En die tegnologie is slim. Dit doen baie vinnig navorsing oor jou onderwerp en gee bruikbare antwoorde. Dit kan ook brief-formate voorstel indien jy dit benodig. Ek wou so 'n ruk gelede beswaar aangeteken oor 'n saak en het inligting op internet gesoek. Dit het vir my 'n brief voorgestel wat alles wat ek wou sê en nog meer bevat het, byvoorbeeld probleme wat ek nie self ingesien het nie. Ek moes maar enkele dinge byvoeg voor ek my beswaar gestuur het.
Dit skep ook ongelukkig gevare soos dat jy plagiaat kan pleeg of werkstukke vir afstandonderrig kan instuur sonder om 'n boek oop te maak. Dit gaan jou egter in die alie byt met eksamentyd wanneer KI nie beskikbaar gaan wees nie. 'n Regter het onlangs KI 'n uitspraak laat opstel wat ver van akkuraat was en hy is uitgevang.
I have been impressed with my interactions.
It has made mistakes like when I asked how far a race had progressed, and 3 times explicitly telling it not to give me the results.
It gave me the result as part of the answer and apologized most profusely when I swore at it for disobeying my instruction .... acknowledging that I had stated 3 times not to give the result!
Environmentalists are concerned by the amount of electricity used.
Many stories/ posts are being written by AI, including photo enhancing etc. My wife's phone says it is AI assisted, it produces better photos than my ultra zoom.
Have not used it at all. Where possible I switch it off.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
As jy enigiets op internet soek, is dit KI wat die soekwerk doen. Die enigste manier om dit af te skakel, is om nie op internet te soek nie. KI is maar hier om te bly en dit maak ons lewe makliker, minstens op internet.
Ek maak baie gebruik van klets generatiewe vooraf opgeleide transformator. Veral met plakate. Maar het al ervaring opgedoen dat Tweeling meer akkuraat en behulpsaam is.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
As jy enigiets op internet soek, is dit KI wat die soekwerk doen. Die enigste manier om dit af te skakel, is om nie op internet te soek nie. KI is maar hier om te bly en dit maak ons lewe makliker, minstens op internet.
Ek glo wat jy se Fred. In sommige gevalle kry ek dat daar 'n AI "Icon" is dis wanneer ek dit vermy of na die bin toe verplaas as dit moontlik is. Ek is maar min op die Internet. Meeste keer chat ek met julle in die tyd.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek dink KI is maar soos die Engelse sê, 'n 'buzz word'. Vroeër het ons net gesê dis rekenaar-gegenereed of dalk 'robot' ingebring. Dis die rekenaar wat maar steeds ontwikkel en kragtiger word en almeer dinge al meer effektief doen. Die feit is dat die rekenaar almeer oorneem en ons kan al minder daarsonder klaarkom. In 'n moderne kar doen die rekenaar reeds soveel dat die kar nie daarsonder kan loop nie. My kar, soos vele ander, sal byvoorbeld self 'n noodrem uitvoer as daar iets soos 'n voetganger of 'n ander voertuig skielik in sy pad kom en ek reageer nie vinnig genoeg nie. KI kan binne 'n breukdeel van 'n sekonde reageer. Ek vermoed ek sal my vaal skrik as die voertuig skielik ankers uitgooi! Dink ook maar aan selfbestuur voertuie. En dis nie iets wat moet kom nie, daar is in Europa onder andere, reeeds klein openbare vervoer bussies wat sonder 'n bestuurder loop. Daar is ook voorspellings dat oorlog mettertyd geheel met KI beheerde wapentuig eerder as soldate gevoer sal word. Dit maak my ietwat onrustig. Maar dan, kan 'n robot wreder wees as wat mense hulleself gereld bewys?
Ek was in Duitsland op 'n toer deur die MB fabriek. Daar is net masjiene wat die motor seker meer as 90% bou sonder menslike tussenkoms. Daar is wel mense te sien maar hulle los net probleempies op as 'n masjien wanfinksioneer.
Al hierdie dinge is dalk ook 'n bedreiging vir vir die mens as werker, maar daar sal waarskynlik ook oplossings daarvoor gevind word.
KI het sy gebruike, solank 'n mens net onthou dat daar geen werklike intelligensie is nie, maar iemand wat die rekenaar geprogrameer het om sekere uitkomste te gee. Die Engelse woord is algorithms. Dit is wat besluit om sekere inligting te gee en wat om te weerhou. As jy bewus is daarvan dan kan jy dit intelligent gebruik. Dit maak ook die mens meer afhanklik van die tegnologie, tot die ligte uitgaan.........
Erik, hierdie is 'n interessante onderwerp waaroor daar baie gesê kan word. Op internet dink ek KI gee nie juis voorafbepaalde resultate nie maar soek eerder na die regte antwoorde op vrae. Ek moet noem ek is nie 'n rekenaarkundige nie so myne is nie 'n kennis-ingeligte mening nie. My ondervinding met sulke ondersoeke laat egter die indruk by my dat die resultate wat ek kry, redelik opjektief is. So ook selfbestuurvoertuie. Jy kan seker dit stel dat die resultaat in die geval gemanipuleerd is, naamlik om 'n gekose adres te bereik, om verkeersreëls na te kom en nie in ongelukke betrokke te raak nie, ingeprogrammeerd, maar dit is presies wat die passasier wil hê.
Daar is egter wel terreine waar KI of wat jy dit ookal wil noem, uitslae manipuleer. As jy bv by 'n casino die hefboom trek in die hoop om drie simbole in 'n ry kry, is natuurlike toeval gladnie ter sprake nie. Dinge soos hoeveel geld in die kassie is, jou gedragsgeskiedenis, die advertnsiewaarde van 'n stygende kassie en seker nog ander faktore word deur 'n rekenaar in aggeneem om te besluit of jy gaan wen of nie.
Dat jy die inligting wat die blikbrein jou gee intelligent moet hanteer is beslis 'n moet. KI moet nie jou eie gesonde oordeel oorheers nie (mits jy so-iets het LOL). Maar dan moet ons ook onthou dat ons oordeel dalk nie altyd so opjektief is nie. Emosie wat dalk onder andere berus om vorige ondervinding kan maak dat ons eie oordeel dalk eerder subjektief is en nie uiteindelik die resultaat lewer wat ons die grootste voordeel gee nie. Dink maar aan die aandelemark. As slegs rekenaars die mark beheer, sal daar waarskynlik min skommelings wees en die kans om verliese te lei of winste te maak, sal waarskynlik amper verdwyn. Maar dit gaan ook die opwinding en vernuwing uit die mark haal. Mense is nie rekenaars wat net opjektiewe besluite neem nie en dit laat ons toe om buite die boksie te dink wat nie vir 'n rekenaar moontlik is nie.
KI het sy gebruike, solank 'n mens net onthou dat daar geen werklike intelligensie is nie, maar iemand wat die rekenaar geprogrameer het om sekere uitkomste te gee. Die Engelse woord is algorithms. Dit is wat besluit om sekere inligting te gee en wat om te weerhou. As jy bewus is daarvan dan kan jy dit intelligent gebruik. Dit maak ook die mens meer afhanklik van die tegnologie, tot die ligte uitgaan.........
Ja tot die ligte af gaan en die foon se battery pap is. Goeie een ................... dan is ons weer terug by goeie comensence.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Nog erger is dat hulle 'n mens deedae dwing om jou foon vir alles en nogwat te gebruik, en met die ouderdom, swak oë en spoed van tegnologie verandering sukkel 'n mens maar partykeer om by te bly. Jy kan omtrent niks meer doen sonder 'n slimfoon nie!
Ek het 'n toep op my foon genaamd "Lens" ...... mens, is dit fantasties. Neem 'n foto van enigiets, plaas dit op Lens (of dan beter gestel, kyk daarna deur Lens) , en siedaar - identifiseer die boom of die plant of die voertuig of die dier of voël of wat ookal in minder as 2-3 sekondes!
Absoluut verbasend, veral as mens in ag neem van hoeveel duisende (miljoene???) beelde die program moet oproep in die soektog!! En, dis vry gratis en verniet! Ons gebruik dit baie wanneer ons kamp om plante ens. te identifiseer.
Beskikbaar op jou "Play Store" of soortgelyks.
Probeer dit gerus!!
Ek is ook mal oor Lens. Ek het al verskeie van die mooi Fynbos spesies hier in Stilbaai darmee kon identifiseer.
Dis hoekom hulle deesae die data senters bou.
Ek het 'n toep op my foon genaamd "Lens" ...... mens, is dit fantasties. Neem 'n foto van enigiets, plaas dit op Lens (of dan beter gestel, kyk daarna deur Lens) , en siedaar - identifiseer die boom of die plant of die voertuig of die dier of voël of wat ookal in minder as 2-3 sekondes!
Absoluut verbasend, veral as mens in ag neem van hoeveel duisende (miljoene???) beelde die program moet oproep in die soektog!! En, dis vry gratis en verniet! Ons gebruik dit baie wanneer ons kamp om plante ens. te identifiseer.
Beskikbaar op jou "Play Store" of soortgelyks.
Probeer dit gerus!!
Nico, ek wou nou die Toep af gelaai het. Hulle wys dat hy slegs vir 3 dae gratis is en daarna R9-99 per week.
Dalk is daar 'n keuse tussen 'n basiese toep en 'n gevorderde een. Ek gebruik myne reeds etlike jare en dis steeds gratis. Dis sal jammer wees as dit nie meer die geval is nie. Volgens Google is dit steeds gratis. Kyk hierna: https://www.google.com/search?q=google+lens+app+free&sca_esv=753eb69707452f30&ei=mRedaveBBKDqhbIPnJ_M2Q4&biw=1680&bih=871&sclient=gws-wiz-serp&udm=50&fbs=ABfTbFVyMZGZf1hfvX9uKjN_-G8c4u0nXx4bEIpwm1lnNH832TuIBfIqb4xxU5jfvHT-5q5cToRA1FcVhtWz78qmax5tY9b2GgASXBTOquOWISYWpZP60WfmBaHPTe6PPRhi5XgMJ5mtojlQrLUWXdFgOLEqOi2xY_9Lkckx_Ug3w9ByXr9ynikBYxGmjtEfcG5PE_QfJvI4xCrFcDF6Xqz8a9KuzL8_lw&aep=10&ntc=1&sxsrf=APpeQnsUdLB78jtQcVt2S3YA8chcu0sprQ%3A1788680098943&mstk=AUtExfC0gQzPb7B5fEr595aFb4Qgh-6mHRUwojvIj98dQY_XDKAwgNWGKv_v2FH-SgVVY_wZPbqV-M0ufYr8F9GSl0wV0ZfMmUqlazxewjpEwiyp0_MQvaldBalpyDnUY5PQwGrBuH_rtxSPb4Gdhfl-b2sRi7B85MEKJ6I&aioh=3&csuir=1&atvm=2&mtid=xhedapumGri3hbIP1b3aqAE
.

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
When i open Google within the search 'block' I have a microphone and a camera.
The camera opens Lens.
Below the capture 'block' I have AI mode, vertical stripes that open an AI microphone and a yellow banana which says Lens at the top but it is a create (ie line drawing) function, I had not tried it till now.
Baie dankie vir die inligting.
Ek het die Toep af gelaai.
An article by a deaf, wife and mother who is a data expert. She put together amazing data models to id waste/money flow/fraud in USAID etc in USA. Here her family used AI to assist their son with schooling, recommended read.




