Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23122 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18510 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5993 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3823 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1733 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 593 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 386 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Hoe om jou woonwa se Tara en GVM se syfers reg te maak
1. Gaan weeg jou wa leeg en kry sertifikaat MMC (Massameetsertifikaat)van hulles. Koste R170,00
2. Voltooi vorm CNV (verandering van besonderhede van/kennisgewing ten opsigte van motorvoertuig)
3. Kry brief van Bande plek dat jou wa se wiele se dra kapasiteit is. In my geval 1600 Kg. En Hi-Q het dit gedoen.
4. Doen 'n beedigde verklaring by polisie kantoor en se watter veranderinge aan die wa aangebring was. In my geval aircon en movers. My nuwe Tara is 1420 Kg. Ek het ook genoem dat as die nuwe GVM uitgewerk word dat dit nie meer as 1600 Kg mag wees nie want my bande en as is slegs 1600 Kg.
5. Campworld Brackenfell het toe afskrifte van al die bogenoemde dokumente en die registrasie sertifikaat en ID dokument aan Jurgens gestuur en 'n nuwe plaatjie aangevra. Ons het ook versoek dat die nuwe plaatjie oornag ge koerier word. Die nuwe plaatjie se koste R250 en koerier koste R250.
6. Ons het toe die ou plaatjie van die A-frame verwyder en die nuwe plaatjie aangeheg.
7. Ons is toe na die Padwaardigheids sentrum met ons wa en daar het hulle die gegewins op die dataplaatjie nagegaan en vorm MVA/VDC voltooi dat die nuwe Tara 1420 Kg is en die GVM 1600 Kg is. Koste gratis.
8. Al die oorspronklike bogenoemde dokumente plus afdruk van ID dokument en bewys van adres is toe by die plaaslike motor registrasie owerheid ingehandig. Hier het ons al ons gesprekke met die supervisor gehad. Hulle het nog nooit so 'n versoek gehad nie. Sy het die dokumente na Kaapstad gestuur omdat slegs Kaapstad die stelsel opdateer.
9. Na Kaapstad die opdatering gedoen het, het ons 'n nuwe skyfie met die nuwe Tara en GVM ontvang die koste hiervoor was gratis. Ons het ook die nuwe registrasie sertifikaat ontvang en die kostes hiervoor was R33,00.
Ek hoop hierdie inligting is van waarde.
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Jan, fantasties - baie dankie !
'n Paar vrae :-
- By watter sentrum het jy laat weeg ?
- By watter HQ-tak het jy 'n brief gekry ?
- Met wie het jy by Campworld Brackenfell onderhandel ?
- By watter padwaardigheidsentrum was julle ?
- Watter motorregistrasie-owerheid het julle bedien ?
- Het jy dalk die naam van die "supervisor" ?
Ek moet jou gelukwens - welgedaan !
Dankie Janack.
Verskil die Fabrikaat, Reeksnaam en Voertuigbeskrywing op die nuwe registrasie sertifikaat van die oue?
Met verwysing na punt 3. Gee Hi Q 'n brief ter bevestiging van die bande of die as die dra vermoe? Ek glo dit is die laaste maar wil net seker maak.
Alles goed en wel, fankie... maar ons gaan steeds staan by weegbrug?
Hier is die antwoorde op jou vrae
1. Ek het die wa laat weeg by die Stikland weeg brug en padwaardigheids plek. Dit is net agter die Brouerye se plek.
2. Die Hi-Q is is in die pad van Ou Paarl weg na die spoorlyn. Mc Donnalds is op die hoek van die pad en Ou Paarlweg.
3. Heinrich by Camp world in Brackenfell Boulevard het my gehelp.
4. Ek was by Durbanville se padwaardigheis sentrum die een in Brackenfell is gesluit vir op gradering.
5. Brackenfell se motor registrasie sent rum het my gehelp.
6. Die Supervisor wat my gehelp het was Jacky.
7. As jy enige ander vrae het vra maar.
Ons is weer 3 Mei terug by die huis in die oumens woongebied genoem Klaradyn in Brackenfell as jy persoonlik wil kom gesels.
Groete
Jan
Die plaatjie lyk net soos die ou een. Alle gegewins is die selfde behalwe die Tara en GVM.
Hi-Q se brief het slegs na die bande verwys.
Groete
Jan
Dankie Jan. Ek het eintlik verwys na die gegewens op die sertifikaat en wat op die E-Natis stelsel vasgele is.
Dit is interesant dat geen bevestiging van die as se dra vermoe nodig is nie. Ek aanvaar die as se dravermoe op die plaaitjie gelyk of meer is as die GVM.
Die as se dra vermoe is op die plaatjie en in my geval is die GVM gelykaan die as en bande se dra vermoe.
My gegewens is nou korrek op die E-Nantis stelsel.
Groete
Jan
So die woonwa is nog steeds
Fabrikaat = Jurgens
Reeksnaam = Palma
op die serifikaat?
Nog iets wat pla is, is die woonwa nou as 'n kode 3 = rebuild geklassifiseer? Kan seker dit nie sien op die sertifikaat nie. Moet seker op die Natis stelsel kyk.
Jammer vir al die vrae.
Dit behoort op die registrasie dokument te wees of dit 'n kode 1 of 3 is.
Ek het vergeet om dit na tegaan. Ek sal kyk wanneer ek volgende week by die huis is en laat weet
Groete
Ja op jou vraag die plaatjie toon die regte benamings
Groete
Jammer Jan, Het vergeet jy is nie tuis nie.![]()
Die gegewens op die sertifikaat is vir my meer deurslaggewend. Wag op jou terugvoer wanneer jy weer tuis is.
Groete.
Ek was 'n ouditeur gewees. En wanneer ek so baie indiepte vrae gevra het het ek vermoed dat iets verkeerd is en dat ek dit wil bewys.
Ek hoop jy is nie met die selfde besig nie.
Ek is net bly dat my woonwa nou die ware gegewens toon dat as ek by 'n weeg brug gestop word dat ek na die weeg weer verder sal kan ry.
Die ou data was so verkeerd dat as ek dit nie kon verander het nie dan sou ek die woonwa moes afgeskryf het. Ek sou dit nie so kon verkoop nie.
Groete
Jan, ek het geen agenda nie.
My bekommernis is die volgende. Indien die woonwa as Kode 3 = Rebuild geklassifiseer word dan mag dit ander gevolge he, naamlik
- versekerings probleme
en - verkryging van finansiering deur 'n voornemende koper die dag ek wil verkoop.
Vir die rede wil ek net seker maak waarvoor ek my inlaat indien ek ook die GVM verhoog.
Ek het ook al op 'n ander draad hieroor gesels.
Aangesien jy so iets soos plus minus 20 dae ouer as ek is sal ek maar aangaan on jou oom te noem.
Dis nou jammer dat my vrou op 2 Mei die Safari gaan hardloop in Wellington. Anders het ek my Bells in Bloem kom haal
Groete
Jan
As my nuwe registrasie 'n kode 3 is gaan ek dit beveg.
Maar dit sal ek uitvind wanneer ek weer tuis is en sal laat weet.
Ek deel ook jou bekommernis maar my woonwa se GVM was 1380 en die lee gewig was 1420 so sonder al die moeite sou ek die wa nooit eers kon gebruik het nie. En 'n woonwa wat jy kan gebruik is beter as een wat jy nie kan gebruik nie.
Groete
Jan



