Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23112 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18508 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5990 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3819 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 382 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Hartseer Voorval by Soetdoring Vakansie Plaas
By die winkel is daar 'n groep mense wat kuier en lag en aanmerkings maak teenoor vrouens wat uit die badkamers kom. Om 22:30 bel ek die kantoor om te kla. 'n Paar minute later skakel Riaan Benade my en ek ontmoet hom buite my karavaan. Hy dui aan dat hulle nie musiek speel nie en dat niks is wat aandui dat hulle nie mag raas nie. Toe raas hulle eers en verskeie aanmerkings word hardop gemaak teenoor die mense wat kla - tot lank na 00:00. Verdere klagtes by die kantoor gaan nie werk nie want sien - volgens die kantoor is Riaan Benade is die eienaar!
Jammer Riaan, dit is 'n baie lekker plek maar jou houding stink en jy sal my beslis nie weer sien nie!
Dis hoekom die oorde toemaak, die personeel is mos nie afhanklik van jou betaling nie.
Jammer om van sy probleem tehoor.
Dankie vir die inligting.
Ek sien jy is al lankal n lid maar dit jou eerste inskrywing.
Ek sien jy is n Blou Bul in die Weskaap en ek weer n Stormer in Gauteng.
Sarel complete a feed back report, a copy of your feedback goes directly to the owners. This way they will see that the complaint is heard by many more on the forum. Perhaps they will change their outlook.
Also send Soetdooring a link to this thread.
Het dieselfde bloutjie geloop by Weesgerus 3 jaar terug. Dankie maar nee dankie daai plekkie sal my ook nie sien nie. As dit een keer gebeur het is die tweede keer wanneer ek daar kamp.
Seker maar my geluk. Dankie in elkgeval vir jou terug voer.
Gradeer asb die oord op die "Customer Feedback" so sal die eienaar ook ingelig word. Wat hy verder doen daarmee is sy saak.
Dit is n lekker naby maar hulle sal my ook nie weer sien asgevolg van die onnodige musiek wat deur die Saterdag naby die swembad gespeel word of hulle dit nog doen sal ek nie weet nie maar die musiek is deur die oord se personeel gespeel so wat sal kla help ek kan nie sien hoekom moet daar al is dit deur die dag sulke harde musiek gespeel word nie
GT, welkom op die forum.
Stokkies en GT, welkom aan die aktiewe deel van die forum, ek sien julle is albei ou lede, maar nou darem aktief.
Stokkies,
Wat die insident betref, dis nou 'n jammerte, ek was ook al daar en 'n ou dronkie is gevra om sommer vroeg die Saterdagoggend pad te vat. Ek is ook geskok dat Riaan en Cat so op getree het soos jy noem.
Kom ons kyk wat is hul reaksie op jou rating?
My naweek daar was baie lekker, dit sal jammer wees as die oord daai lawaai pad nou loop.
Ons geniet ook die kamp.
2024 Scorpio N
Legacy LT
Harry, byna alle oorde speel musiek by die hoof ontspannings area, die swemmers en sonbakkers geniet dit.
Dit is dalk 'n geval van, die oord ontspan area is baie naby die kamp staanplekke, en dat dit dalk vir die persoon nie aanvaarbaar was nie.
Sal graag wil hoor wat is Riaan se reaksie hierop, want soos jy noem, hier is reeds soveel oorde toe gemaak, en bv Abramsrus, wat so puik oord was, sal geen beskaafde nou meer besoek nie.
Ek beplan 'n naweek in Feb by Soetdoring, hoop nie hierdie plaas 'n demper daarop nie.
Ek gaan voort met my planne, ek dink die was 'n eenmalige insedent. Dit gaan beslis meer as een voorval vat om my af tesit.
Jong mense raak maar so, ek was sekerlik ook so. Toe lê ons maar en glimlag vir hulle, dit darem lekker om jonk te wees. Volgende oggend vra ek die buurman van hulle, of dit hom gepla het, sy antwoord, nee inteendel, die klomp het die intersantste goed bespreek...., hy het lekker afgeluister.
Ons het so lanklaas gekamp met die GIRL wat nog afsiek is, ek dink min dinge gaan my nou pla as ek gaan kamp.
Net om weer n slag te ontspan kan net lekker wees.



