Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23031 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6709 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3746 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 572 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 328 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Forever Warmbad - Nie Weer Nie
Ons was die afgelope 2 weke met die karavaan by Forever Warmbad, vir 2 pensionarisse en bespreek vir 15 nagte is die koste werklikwaar baie bekostigbaar, net meer as R160 per nag, maar helaas, dit is waar dit eindig.
Gedurende die skoolvakansie en oor die naweke was die park amper 100% vol (ongelukkig moes ons gedurende die skoolvakansie bespreek) en 15 nagte is noodgedwonge ook oor naweke.
1) Die ablusies (A & B) is nie elke dag skoongemaak nie.
2) Daar was nie elke dag warm water nie, selfs baie vroeg in die oggend. Ons het baie male daaroor by ontvangs gaanekla, maar dit het nie gehelp nie.
3) Die meeste (>95%) was nie “ons tradisionele kampers” nie, hulle het hulle soort oosterse en doef-doef musiek gespeek, sonder om ander in ag te neem. Ek het sekuriteit gebel en hulle het uitgekom, maar gesê die kampreëls sê hulle mag tot 22:00 harde musiek speel en lawaai!
4) Ek het sekuriteit net een keer met hulle bakkie in die park gesien, behalwe die kere wat ek hulle vir die lawaai gebel het.
5) Vrouens het vir my vrou gesê dat as hulle aan van die krane in ablusie A raak, word hulle deur elektrisiteit geskok. Hulle sou dit aanmeld, ek weet nie of hulle dit gedoen het nie.
Ek sal in die toekoms eerder ander oorde besoek, al is hulle tariewe hoër, ons het nie ‘n goeie ondervinding gehad nie. Om vir ‘n laer tarief in aanmerking te kom, moet ‘n mens vir ten minste 15 nagte bespreek, wat ongelukkig dan naweke en ‘n lawaai insluit.
Ek het ook ‘n ‘rating’ gedoen.
Ek het daardie besluit al etlike jare gelede geneem. Nooit weer nie.
Die laaste keer wat ek die oord besoek het, was in 1987.... nog in die ou bedeling en toe was dit al vir my te lawaaierig en het besluit om nooit weer te gaan nie.
Ek noem Warmbad Aventjarra...
Ons was een keer daar en ook gese nooit weer... Ek vermy die Aventura Oorde oor die algemeen want selfs Badplaas het ek my les geleer
Dis mos nou Forever Resorts as dit ek dit reg het
I agree with Warambad and Badplaas, however we go every year to Forever Plett and don‘t have any of those issues, although we are not there over the peak season . I also somehow don‘t think forever Forever Safari Park has that problem either.
Can any else comment on Safari Park ?? What about Forever Swadini over the peak season??
We stay over at Safari Park before entering KNP. Always on a Sunday. We arrive around 1pm and we have not encountered day visitors and the stands and ablutions are always spotless.
Daar was groot stories op facebook oor Swadini so 2 jaar terug waar hulle n mobiele kroeg en hordes tente begin opslaan het in die kampeer area vir n nuwe jaars partytjie. Kampeerders het hul stem dik gemaak en daai hele partytjie is in rekord tyd geskuif na ander oop stuk grond op oord.
Die aantrekkingskrag by Badplaas en Warmbad is die ontspanning soos swembaddens en supertubes ensovoorts.....lokasies is groot en daar is nie veel ander dag vermaak vir locals in die direkte omgewing nie.
Hier buite Centurion is die plek Hennopspride....hulle het op die ou einde die kampeer terein toegemaak en die waterpark vir dagbesoekers uitgebrei.....baie meer winsgewend vir hulle
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ja dit alles gaan oor "Money". Hoe meer geld in kom hoe beter. Dit is tog enige besigheid se bestaansreg.
So die tyd leer 'n mens om seker plekke maar te vermy op seker tye.
Netso kamp mens nie by warmbad op 'n middel van die maand en einde van die maand naweek nie. Die ander twee naweke is dit heel aangenaam. Wel laas toe ons daar was.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dit is nie Warmbad nie....... dit is Tjarrabad.
Nie my soort rustigheid nie.
Paul
We spent 3 months at the Phalaborwa safari park, had a very pleasant stay, only downfall is that there is no grass and the sites get muddy when it rains.
Currently at Swadini, again a very pleasant stay with paved stands and grass all around.
Forever resort in Phalaborwa netjies skoon nog nie daai probleem opgetel nie het self n bloutjie geloop by badplaas nie weer daar gekamp nie
Dit is nie n' Forever Resort probleem nie. Dit is die ligging........die aktiwietyde en die reputasie van die oord. Oorde met warm baddens...gly baane en wat naby aan groot steede is lok die tiepe mense. Tshipese is so n' oord maar dit is ver van alles en het dus nie die probleem nie. Hulle is ook nie berug vir sulke aktiewityde nie. "Courses for horses".
Paul
George, does Safiri Park still have a three month limit for long stay?
Paul
