Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
FORD
How is a golfball different from a Ford?
You can drive a golfball 200 metres.
Wha ...............
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Good one. But a Ford you can drive for thousands of km.
🤣

Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Yip, dit is snaaks😂
.
First On Rubbish Dump, because it towed in a TOYOTA.🤣😜
Foute Orals Reperasies Dagliks.
Flippen Ordentlike Ry-Ding 😀
Net Toyota eienaars wat nog nooit n Ford gery het en Ford einaars wat nog nooit n Toyota gery het verlaat hulle nog tot kommentaar oor ander voertuie. Sommige van ons het darem al aanbeweeg. Ek ry n Fortuner en sou enige dag oorslaan na n Everest as daar een was met n vier liter engine.
Tonne Ou Yster Op Twee Aste

Gelukkig het ek ook al altwee fabrikate gehad. Nogsteeds het ek 'n Ford in my een garage. Nie een van my talle Fords of die Toyotas wat ek gehad het, het my probleme gegee nie.
Net Toyota eienaars wat nog nooit n Ford gery het en Ford einaars wat nog nooit n Toyota gery het verlaat hulle nog tot kommentaar oor ander voertuie. Sommige van ons het darem al aanbeweeg. Ek ry n Fortuner en sou enige dag oorslaan na n Everest as daar een was met n vier liter engine.
My sleepkar is n Ranger en werksbakkie n Hilux. Beide doen hul ding reg
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die spottery is maar heel goedig en niemand glo werklik die ander 'brand' is swak nie.
Ek het gister sommer interessantheidshalwe na 'n paar voertuie gelyk, nie omdat ek op die oomblik oorweeg om te koop nie. Ek vind toe dat in die medium SUV sektor die oorgrotte aantal voetuie vpoorwielaangedrewe is. Dis nie juis die geskikste tipe om mee te sleep nie wat verbasend is aangesien SUV's baie populêre sleepvoertuie is. Ek het juis my Kuga om die rede gekoop. Ek wou nie juis 'n AWD of 4X4 gehad het nie, maar wou nie 'n slegs voorwielaangedrewe voertuig gehad het nie. Nou is die Kuga ook nie meer in ons land beskikbaar nie en soortgelyke ander wat met die agterwiele of alvier wiele aandryf, is nogal duur of te groot na my smaak. As die Kuga wel nog beskikbaar was, sou ek beslis hom weer oorweeg het, nie omdat ek Ford lojaal is nie, maar omdat dit in sy sektor baie goeie waarde vir geld is/was en in heelwat opsigte beter as selfs sy duurder mededingers. Gelukkig hoef ek nie nou te koop nie en as ek wel so besluit, is elektriese of hibriedes dalk 'n opsie, so ek wag maar.
Ook gelukkig met my Ranger
Ek het ook SUVs gery (Pajero Sport, Land Cruiser 200 s en Jeep Grand Cherokee). Voor dit dubbel kajuit bakkies en ek is nou weer terug by dubbel kajuit bakkies vir die laaste 5 jaar. Werk vir my omdat jy net soveel meer met n dubbel kajuit bakkie kan doen.
Gelukkig ry ek die eenvoudigste van karre, 'n Fortuner. n Goeie vriend van my het eenkeer my kar 'n aambei-kar gedoop. (Elke poepol het ene) Ha ha ha. Dis ook seker maar waar, ek wens somtyds my kar het n bietjie vriendeliker suspensie gehad, maar dis tog te pragtig om vir Bekkie Bokkie Baby in 'n sports-bra te sien wanneer die pad rof raak. Ek het onlangs in 'n 10-rat Ford dubbelkajuit gery, heelwat sagter as my 'Chuner.
Kyk net na hierdie gruwelike onderstel, en dit vir n SUV. Oor-ontwerp. Maar waar daardie onderstel al gegaan het voel ek veilig, al stamp my eie onderstel 'n bietjie.
(Julle manne moet n slag onder julle karre gaan le en KYK na wat alles daar aangaan)

Toe ons nog laaities was.
Elkeen na sy eie smaak. Ek hou van besprekings wat vir my waarde toevoeg, d.w.s. besprekings waar ek inligting kry of wat my denke stimuleer, beinvloed of andere se siening weergee. Toe ek ‘n laaitie was het my kop anders gewerk.
Ek hou ook van humor wat die lagspiere prikkel, d.w.s. wat 'n situasie van 'n onverwagte, amper verrassende hoek benader. Toe ek ‘n laaitie was kon ek dit nie verstaan nie.
Niks seggende akronieme is nie na my smaak nie, want ek sien nie die humor daarin nie. Dat dit 'n sekere segment se voorkeur of smaak bevraagteken is dalk waar, en dit bevorder miskien nie samehorigheid nie. Toe ek ‘n laaitie was het ek egter nie van akronieme geweet nie.
Dit laat my vêr terug dink. Ek kan goed onthou hoe ons as laaities amper vuis geslaan het in ‘n gereelde stryery oor jou pa se kar. Was ‘n Ford of ‘n Chev die beter keuse. My pa het destyds ‘n 1939 Oldsmobile gehad, wat reg rondom kronkelvere gehad het, en lekkerder kon ry op ‘n sinkplaat pad as ‘n Ford of ‘n Chev. Sinkplaat paaie was daardie tyd meer algemeen as slaggate vandag, en in so ‘n stryery het my pa se kar gewoonlik gewen.
Dit was toe ons nog laaities was.🤣
Gelukkig ry ek die eenvoudigste van karre, 'n Fortuner. n Goeie vriend van my het eenkeer my kar 'n aambei-kar gedoop. (Elke poepol het ene) Ha ha ha. Dis ook seker maar waar, ek wens somtyds my kar het n bietjie vriendeliker suspensie gehad, maar dis tog te pragtig om vir Bekkie Bokkie Baby in 'n sports-bra te sien wanneer die pad rof raak. Ek het onlangs in 'n 10-rat Ford dubbelkajuit gery, heelwat sagter as my 'Chuner.
Kyk net na hierdie gruwelike onderstel, en dit vir n SUV. Oor-ontwerp. Maar waar daardie onderstel al gegaan het voel ek veilig, al stamp my eie onderstel 'n bietjie.
(Julle manne moet n slag onder julle karre gaan le en KYK na wat alles daar aangaan)
Ek het voorheen ook al gehoor dat mense praat van dat n Hilux harder ry as n Ranger....ek het dit weer anders ervaar.....Hilux het vir my baie sagter gery as my 2.2 Ranger. Kan dit wees dat my bande te styf gepomp is?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Soos Pieter (Kanneman) se pa se 1939 Oldsmobile, het my huidige voertuig ook kronkelvere by al 4 wiele.
Soos die Oldsmobile, ry hy goed op 'n grondpad en is stabiel as dit sinkplaatpad raak.