Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23120 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18509 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5992 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3822 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Grompie | 384 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Die gewig Pandemie.
Ek lees die artikel in die Wegsleep tydskrif wat handel oor die gewigte op die karavane. En toeslaan my M@&R meter in totaal om toe ek lees wat sê die persoon van Jurgens CI.
Hy dra glo kennis dat sommige mense hulle gewigklasifikasie al laat verander het maar dis net vantoepassing op daai individuele karavaan.
En die "casual" manier van sy opmerking dui aan dat die saak aandag kry maar hoe langer dit vat hoe meer sal die publiek hulle self uitsorteer.
Ons hier op die forum, Tydskrifte en ander belangrike instansies moet ophou om Mr Nice Guy te wees en reguit vir Jurgens te vertel dat geen een van die karavaan eienaars is die posisie sou gesit het as hulle wat jurgens is nie geknou en gebrou het met die karavaan se gewigte nie. Want dan van die begin af sou 'n voornemende koper geweet het, hy kan nie die Penta wat hy so graag wil hê met sy bestaande voertuig sleep nie.
Almal hanteer die situasie so rustig en kalm en gee my die indruk om nou kamstig nie op Jurgens se tone te trap nie.
My opinie is of Jurgens nou deel is van die Imperial maatskapy of nie. Hulle het gefouteer en dit moet duidelik gemaak word as enige gebruiker van 'n karavaan 'n boete of so iets dergliks kry as gevolg van hulle fout 'n eis teen hulle ingestel moet word. Ja daar moet seker bewys word dat die karavaan sonder sy aircon en mover steeds buite spesifikasie sou wees maar ja.
My opinie Jurgens sloer ekstra lank want so sorteer die mense hulle self uit. Was die 'n briekpyp van Toyota was die veiligheidsraad en al wat leef en beef op Toyota se nekke. Ek dink die oorgewig van 'n karavaan is netso belangrike aspek as 'n briekpyp wat kan faal.
Waar is die sogenaamde Automobiel Assosiasie van SA. Hulle skitter in hulle afwesigheid en volgens my is seker die hoof rolspeler wat vir sy kliente in die geval moet opkom.
Nou het ek afgeblaas maar weens frustrasie dat ek as indivudi seker niks kan vermag nie gee my nog steeds 'n pyn waar ek dit nie wil hê nie.
Dink ons moet die ding vat na Freek Robinson toe of Cate'Blanche. In sulkke geval word meeste publiek ingelig oor die knoeiery of hy nou 'n karavaan gaan koop of nie.
Karavaan vervaardigers wat hulle skuldig maak aan die knoei van BVM gewigte sal dan twee keer dink want Jan publiek sal nie maklik na sy produk kyk as daar 'n geknoeiery is nie.
Ek het die onderwerp weer aangeroer toe ek hoor van vriende wat nou self op eie onkoste maar plan gaan maak om binne die wet te bly. En dis verkeerd JURGENS MOET DIT REG MAAK.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek sal bietjie rond vra en laat weet.
Ek het soos in maandag n mail na Loftus gestuur en gevra wanneer weeg Jci nou die elegance op sy vloer en ek soek nou n dokit wat hulle ve my moet se tot waar ek my bvm kan laat sertifiseer. Die toetsgronde hier wil nie. Loftus se antwoord is ..... hulle forward die boodskap na Clive en hy doen niks
Ek het al die gesprekke op skrif (e-pos)
Hi Leon,
Ek dink ek skryf hier namens meeste van ons wat moontlik in die posisie sit - Ons het reeds ons karavaan en as ons iets daar omtrent doen, skiet ons onsself in die voet.
Ek stem saam dat iemand soos die AA namens ons moet optree vir die karavane wat nou gebou word, maar dan is daar voornemende kopers wat bv 'n Exclusive wil hê wat hy nie mag sleep nie, maar sal tog koop of sleep.
Tweede handse karavane sal nogsteeds verkeerd bly.
not a Doctor nor a GP
Leon, Jurgens CI reageer nie eers meer op my e-posse nie, ek het selfs so ver gegaan om die AA, Wegsleep, (wat darem erkening gegee het), Caravan & Out Door Life en J CI knaend te e-pos.
Wegsleep tydskrif was die enigste wat op my versoek reageer het, Dirk Kok het my paar keer gekontak, AA het dood eenvoudig niks gedoen nie, COL het my ook glad nie gekontak nie, maar tog weer 'n artikel daaroor geplaas.
Clive by J CI, het my belowe hy sal kontak maak en oplossing probeer kry, niks tot vandag toe van hom weer gehoor nie.
Ek het hom verskeie keer gebel, as jy gelukkig is om hom in die kantoor te kry (J CI weier om sy sel no vir my te gee) dan praat hy in sirkels.
Ek stem saam dat ons maar na Freek Robinson of Carte Blanche gaan en sien of hulle nie dit nasionaal wil bekend maak nie.
Sal graag hul antwoorde eerstehands in my TV kamer wil hoor.
Dankie Leon.
1. Die wet het in 2008 in werking getree en is dus net van toepassing van die datum af.
2. Die wet is op toepassing op mense/instansies wat goedere (produkte) of dienste verskaf in die gewone loop van sy sake doen. Met ander woorde, die wet is nie van toepassing wanneer dit ’n “once-off” sale is deur een van jou vriende nie.
Nou wonder ek, alle waens wat na dit gekoop is, nuut en tweede hands, wat is die handelaar by wie ek my wa gekoop se verantwoordelikheid oor die verkeerde gewigte. Hulle het my dan nou onder 'n wanindruk gebring, en die wet is spesifiek daaroor.
Het ons nie 'n regs persoon in ons midde wat dit vir ons kan uit klaar nie??
Hahaha, en skielik kry ek nou net 'n e-pos van Clive wat my die prosses verduidelik hoe om jou karavaan se gewigte reg te maak.
Hy sê hy stuur dit aan almal wat hom e-pos gestuur het in die verband.
Verduidelik die prosses wat ons reeds gevolg het en reken dit gaan die eienaar ongeveer R1500.00 kos. Hy noem dat die nuwe data plaaitjie aan gebring moet word, maar sê nie wat jy daarvoor gaan betaal nie.
Ja dit is 'n skande van Jurgens Ci.
Ek het my prosedure met WegSleep gedeel want hulle het belang gestel in wat ek gedoen het om die probleem te oorkom.
Wag ook nog om te hoor of Jurgens tenminste vir my 'n plaatjie gaan maak met die nuwe inligting.
Sal volgende week as ek tuis is weer werk maak daarvan.
100 % agree.
I would suggest: -
Establish a list of concerned caravanner’s with contactable details (Mail to forum head office)
Once the number of people has reached a critical mass / tipping point, draft only a single letter / notification and submit to Jurgens / Imperial.
Depending on their written response if not satisfactory submit it to one of the motoring TV shows for exposé.
As individuals, we stand no chance of ever getting this resolved... But as a collective, with a single focus we have enormous clout
One thing for sure, it will put this forum on the caravanning & camping map as a leading role player….
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
Hier is my info.
J.Viljoen. Elegance . Nuut. By Loftus c.c. tarra huidig. 1960 kg leeg.
I.p.v. 1634 kg.
Bvm 1850 kg.
Wag ve Jci om te se wat bvm moet wees.
Carteblance is dalk die oplossing.
My voorstel is samel geld in en stel n senior advokaat aan om ons van n ingeligte regsmening oor die hele aangeleentheid te voorsien. Iemand (advokaat) wat n diepgaande ondersoek kan doen gestaaf met feite wat ons dan aan die vervaardigers kan voorle. Dit sal dwaas wees om sonder so n verslag dreigemente rond te slinger. Die verslag sal aandui wat die eienaars van karavane se kanse op sukses sal wees al dan nie. Gewapen daarmee sal die vervaardigers sien hier is nou n klasaksie wat hulle besigheid ernstig kan skaad as hulle nie iets daaraan doen nie.
Gauteng is vol advokate wat in die tipe ondersoeke spesialiseer. Vra maar net daar rond en hy sal gou na vore kom. Kry sy kwotasie vir n behoorlikke ondersoek en aanbeveling. Samel die gelde in en betaal vir sy verslag en dan het ons n wapen in die hand. Nou tas ons in die donker rond en het niks om mee te werk nie. Le so n verslag aan J CI en die pers voor en die wiele sal begin rol.
Dit gaan ongelukkig geld kos maar voordat ons nie met so n regsmening na vore kom nie sal die vervaardigers nie luister nie. Ons eie regsmening sal ook nie veel regskrag he nie maar n verslag van Barry Roux (ha ha) sal die ooghare laat regop staan.
Wie daar in Gauteng is bereid om hierdie voorstel verder te voer? Net my mening. Waar betaal ek in?
Wat ek nie mooi onder die knie kan kry nie is.
Hier was al n paar waens geweeg wat wel die regte gewig volgens vervaardiger se specs is.
Wat ek waarneem is dat die toegelate gewig vir inlaai te laag is, en dus die probleem.
Nou waar het Jurgens verkeerd opgetree ?
Kan jy hulle dagvaar, en waarvoor ?
Ek kies nie kant nie, maar as jou wa van die fabrieksvloer afkom, soos beskryf op VIN plaatjie, gaan jou eis nerens kom nie.
My beskeie en ongegronde gevolgtrekking.
Jurgens het met 'n wettige, maar belaglike redenasie, die publiek 'n rat voor die oë mislei nl. "The battery, tent, tent peggs and poles do not form part of Tare, as not everybody uses it.
Uittreksel uit hul e-pos aan my en andere.
Dit kom dus van jou payload af, die een of twee wat wel met'n karavaan met tent en 'n batery gaan kamp, is hul redenasie.
Om hulle aan te vat met verlede, gaan miljoene kos, maar mens kan hulle nou dwing om vorentoe reg te werk.
Glo my, hulle is besig met groot en ernstige dink skrum. Dit weet ek vir 'n feit.
Hierdie hele kwessie is nie so eenvoudig nie. Om die wanvoorstelling(indien daar een was) te bewys in n geregshof gaan nie so voor die hand liggend wees nie.
Ek hou van wat Johan se dat selfs die vervaardigers nou ernstig kopkrap. Onthou al is hulle reg kan hulle beeld baie skade lei as die saak vir hulle skeef loop. Hier is miljoene op die spel vir hulle ook en daarom sal hulle ook die beste breinkrag inspan.
Ek probeer net voorstel dat die slepers ook nie tot n gevolgtrekking kom wat hulle in n slegte lig stel wat hul saak betref nie. Daarom kan n in diepte ondersoek nooit kwaad doen nie.
Julle sal onthou dat my redenasie heel aan die begin was dat hierdie padvervoerwet ingestel was met die hoofdoel om oorlaaide swaar voertuie vas te vat wat ons paaie verniel. Woonwaens was nie toe in die wetgewer se visier nie. My persoonlikke opinie is steeds dat n woonwa nie n "goederevoertuig" is nie. Al hierdie omskrywings sal diep navorsing vereis deur n deskundige wat toegang tot n regsbiblioteek met regspraak het. Hierdie is nie n eenvoudige kwessie met n eenvoudige antwoord nie.
Ek sal vir admin vrae watse proses ek kan volg om al die onderskeie mense wat betrokke wil raak se informasie by mekaar te maak.
Moet dit deur hulle doen anders is ek besig om mense se details op die forum te versamel wat teen forum reels is vra vir Willem hy weet.
Sodra ek dit uitgesorteer het sal ek iets plaas en dan sal ons plan maak om die inligting en bewyse van elke individu te versamel.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Almal wat so opgewonde raak daaroor om die vervaardigers aan te vat, moet dit tog net subtiel doen. Die laaste ding wat julle wil hê is hope publisiteit van iets soos Carte Blanche. Dit sal geensins enige hofsaak bevorder nie. Wat dit wel sal doen is om slapende honde wakker te maak.
Die volgende vakansie sit ALMAL, selfs die wie se gewigte reg is, in lang rye tussen die vragmotors om geweeg te word by elke weegbrug. Die wat ingedoen is, kan gerus stappe neem, maar los die media uit die storie uit. Hulle soek sensasie en ons gaan met die gevolge sit.
Onthou elke enkele aanpassing wat gedoen is op die woonwa, gaan 'n impak hê. Daardie netjiese neuskombers, die karavaanskuiwer, die lugreëlaar, die nuwe beter battery, en so gaan dit aan.
Onthou daardie spreuk: "Be careful what you wish for........."
Almal wat so opgewonde raak daaroor om die vervaardigers aan te vat, moet dit tog net subtiel doen. Die laaste ding wat julle wil hê is hope publisiteit van iets soos Carte Blanche. Dit sal geensins enige hofsaak bevorder nie. Wat dit wel sal doen is om slapende honde wakker te maak.
Die volgende vakansie sit ALMAL, selfs die wie se gewigte reg is, in lang rye tussen die vragmotors om geweeg te word by elke weegbrug. Die wat ingedoen is, kan gerus stappe neem, maar los die media uit die storie uit. Hulle soek sensasie en ons gaan met die gevolge sit.
Onthou elke enkele aanpassing wat gedoen is op die woonwa, gaan 'n impak hê. Daardie netjiese neuskombers, die karavaanskuiwer, die lugreëlaar, die nuwe beter battery, en so gaan dit aan.
Onthou daardie spreuk: "Be careful what you wish for........."
Dis waar wat jy sê. Maar om stil te bly en dinge nie te roer nie is dieselfde as om iemand anders se werk te doen want hy/sy is onbevoeg maar hulle kry die geld daarvoor. (Dit is soos 'n truksvy wat jy moet afsluk maar as jy dit nie doen nie kom die werk nie klaar nie)
My uitgangspunt is: Jurgens moenie die Spook Model se gewig verander van reeds bestaande karavane nie want dan benadeel ons die ou wat met 'n gewone kar sy karavaan sleep. Hy sal dit moontlik nie meer mag doen as dit gebeur nie.
1. Die mense wat dit nodig ag om die gewigte op hulle karavane te laat regmaak. Moet jurgens Pa staan daarvoor. Hulle het deur deur te bak en te brou hierdie ding veroorsaak om finansieele voordeel daaruit te trek. Want agv verkeerde gewigte op 'n Penta het 'n individu wat 'n matige sleepvoertuig het vir hom 'n groot karavaan gekoop. Waar hy dit nie sou kon doen as die gewig reg was nie.
2. Wat die Pa staan behels kan ons baie oor debateer. Wat van weeg kostes dek en die kostelose vervanging van die ID plaatjie met die gewigte op. Dit beloop volgens 'n mede kamp maat van my ongeveer R350.
3. Elke handelaar wie jy ookal is sal deur die proses gaan om elke karavaan te laat her weeg en bogenoemde reg te stel alvorens die karavaan verkoop en op nuwe eienaar se naam te laat registreer. Die kostes moet hy nou maar van jurgens eis.
4. Ja dit kan 'n implikasie hê as ek my Karavaan na jare se gebruik uit die hand uit wil verkoop. Die nuwe eienaar kan of die gewig per verklaring so aanvaar, of eis dat verkoper dit laat regstel of as daar wetgewing uitgereik gaan word sal iemand verplig word om dit te doen alvorens nuwe registrasie kan plaasvind.
5. Alle karavaan vervaardigers moet seker maak hulle huiswerk tov 'n model is 100% reg sodat gewigte van hier af vorentoe reg is.
Die is seker 'n wishlist wat mens nie als uitgesorteer gaan kry nie.
Maar ek vra my self af............. as ek 'n persoon is wat altyd by die wet hou, seker maak ding word so reg as moontlik gedoen en hou altyd na beste vermoe by reels en regulasies......... (daar is baie mense daar buite met die uitgangs punt)......... nou word ek af getrek en onwetend as gevolg van die vervaardiger se knouery is my wa oorgewig, ek het onkostes om gedeelte van my pakasie by die huis te kry, vakansie is in sy kanon in.
Wie dra die blaam? Ignorance of the law is not an excuse............. net soos die vraag hoe vêr vat mens nou Jurgens aan om Pa te staan................ is hoe/wie moet nou eintlik daai boete kry ek of Jurgens.
So as ek kan bewys 'n 2000 Model Penta se Tara (maw leeg) is swaarder as dit wat op die ID plaatjie staan het ek al 'n vêr pad gevorder. So as ek nou my standaard uitrusting (dit wat ek STANDAARD met die karavaan gekry het) inpak gaan dit my nie los met veel spaar gewig vir kos klere stoele en tafel nie. Ek praat nie nou van movers en aircons nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ek het reeds 'n skrywe gerig aan admin om vir ons volgens die forum se reels 'n manier te gee waarmee ons die informasie kan versamel.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !



