Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23092 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18488 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6742 |
| BrianB | 5983 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3794 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2296 |
| Chris Boucher | 2205 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1906 |
| Nico | 1824 |
| Hennie Botha | 1730 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1528 |
| RichardJ | 1455 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1353 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 920 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 588 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 429 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| survivalist | 362 |
| Grompie | 361 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 321 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 227 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
Chemikalië vir Porta Potti
Soek raad by die wyse manne. Waar kan 'n mens grootmaat (5L) chemikalië (ontsmet en spoelmiddel) vir porta potti's kry? Of weet iemand van 'n ander produk wat net so goed werk en miskien goedkoper is?
George
Kontak Thetford se hoof plek in Kemptonpark.
Hulle verkoop direk aan die publiek.
Ek het bv 'n Thetford Porta Pottie gekoop teen 'n billike prys en dis na my per koerier gestuur binne 2 dae.
Thertfort SA tel no. 011 230 5200
Vertrou jy kom reg.
Die middels wat ten duurste in 1 liter houers by die karavaanwinkels verkoop word, die soort wat jy een kleur in die boonste tenk en een in die onderste tenk gooi, werk nie vir ons nie. Dit onderdruk nie die reuke nie. Daar is reinigingsprodukte op die mark beskikbaar wat baie beter werk. Dis die soort wat in die mobiele tydelike toilette by funksies gebruik word. Ek het van dit by 'n winkel by diue Sjinese mark in Centurion gekoop en gebruik dit al 'n paar jaar baie suksesvol. Die wat ek het, word 5% by skoon water gevoeg en net in die boonste tenk en dit is baie effektief om die reuke weg te neem. Korporasies verkoop dit ook.
Ek het van dit by 'n winkel by diue Sjinese mark in Centurion gekoop en gebruik dit al 'n paar jaar baie suksesvol.
Fred, kan jy dalk die naam en foto plaas van die produk?
Hier is dit, hoop ek. As dit nie sigbaar is nie, probeer ek weer. Die winkel was in 2015 toe ek die bottel gekoop het, van die eerste winkels aan die noordekant waar jy by die sentrum inkom.
Dit lyk nie of hulle nog by die Sjinese mark is nie. As ek google, kry ek hulle adres as 9 Panorama Road, Centurion.
Dit lyk nie of hulle nog by die Sjinese mark is nie. As ek google, kry ek hulle adres as 9 Panorama Road, Centurion.
George wie die vraag gevra het, bly in Port Edward.
Weet iemand dalk waar díe 'muti' te kry is nader aan Port Edward?
George,
Dis dalk die moeite werd om díe ouens per e-pos te kontak. Sekerlik sal hulle kan aanstuur. Sien hulle e-pos is op die drom as:
sales@cleaninghub.co.za
Telefoonnommers ook daar.
Sterkte. Laat weet as jy reggekom het.
Ek het dit nie besef nie. Ek stel voor hy vra hulle of hulle n verspreider naby hom het. Maar soortgelyke chemikalieë is vryelik beskikbaar. Ek het dit ook al by landboukorporasies gesien.
Dankie Fred, Proffie! Dit help baie; ek gaan hulle beslis epos. As ek nie regkom nie, hoop ek om so middel Mei in Centurion te wees, dan kan ek hulle persoonlik opsoek.
Die mense wat al daai skoonmaak middels verkoop is landswyd....glo jy behoort dit in jou area ook te kry
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Baie dankie vir jou moeite Fred.
Ek het gehoor dat party van die produkte jou toilet vlek. Het jy so iets ondervind?
Nee, ons gebruik dit reeds etlike jare en het nie sulke probleme met die toilet nie. As dit egter op hout of ander absorberende materiale kom, veral in die gekonsentreerde vorm, is dit byna onmoontlik om te verwyder, maar ek sou raai dis ook die geval met ander soortgelyke produkte. Ek het, toe ek dit gekoop het, van dit op my chino broek gekry maar dit het maklik uitgewas.
Net 'n wenk: gebruik een van die houers met die twee proppe wat jy druk, dan loop 'n houertjie met afmetings bo vol vloeistof wat jy dan maklik en sonder om te mors, kan gebruik. Ons ry so 'n botteltjie van 1 liter inhoud saam in die karavaan. Dit hou lank want dit is genoeg vir 20 liter water.
Ons gebruik ook Porta T vir baie jare baie goeie produk geen vlekke in Porta Potti .Ek koop dit in 5 L vir R 150 by Mica in Phalaborwa as ons gedurende winter maande kamp in Swadini .Ek weet daar is n plek in Silverton in Pretoria Chemical Warehouse hulle prys was verlede jaar R 80 vir 5 L .
Jammer die plek se naam is Cleaning Warehouse google neg vir adres .
Ons gebruik ons Porta minimum omrede ons Å„ privaat badkamer het.
Met slegte weer, plaas ons "Jik en Savlon" gesaamtlik met toilet "Pallets" en maak hom skoon die volgende oggend.
Het een naweek na kamp vergeet om water te drain uit toilet tenk.
Met volgende kamp na twee weke ask nog 💯 gewees.
Dit het geen invloed of nagevolge getoon nie.
Loer ook gerus by Westpack
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek maak gebruik van die Eco friendly sakkies. Die lavender geur. Ruik baie lekker ons het die onder gedeelte van die toilet oopgelos dan ruik die hele karavaan na lavender.
- Dit onderdruk die reuke baie goed.
- Jy gebruik net die een sakkie onder in die toilet.
- Nie nodig vir tweede chemikalie nie.
- Die sakkie is Bio friendly en jy kan die PP enige plek leeg maak want dit is nie 'n probleem vir die french drain organismes nie. Waar die ander bottel chemikalie se PP net op seker punte in 'n oord leeggemaak kan word.
Ek weet nie of die sakkie iewers in groot maat gekoop kan word nie
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Fred, Willie en Madz, ek het navraag gedoen Cleaning Hub en hulle sê Porta T is tydelik uit voorraad. Sal wag tot 'n later stadium.
Dankie ook Leon. Sal die sakkie oplossing ook verder ondersoek.
George, probeer gerus ook ander make. Ek dink hulle is maar almal soortgelyk. Ek het net toevallig hierdie een gekry. Daar sal sekerlik winkels in julle omgewing wees wat sulke goed aanhou. Vroeër jare was daar onder andere Golden Products. Ek het ook soortgelyke chemikalië by 'n paar kooperasie gesien. Om die plek in Centurion te kry om dit vir jou aan te stuur, gaan waarskynlik duur wees. Die versendingskoste sal waarskynlik aansienlik meer wees en dalk bars die houer ook oppad, so moet dit eerder nie oorweeg nie. Die produk se prys is redelik- ek dink iemand het hierbo genoem van R80 vir 'n 5L houer. Die professionele ouens wat tydelike toilette voorsien, gebruik dit en hulle gaan beslis nie R150 per liter betaal soos ek al gesien het nie, maar hulle het 'n produk nodig wat werk, anders gaan hulle eenhede nie verhuur nie. Die middels wat 'n mens by die kampwinkels kry, is baie duurder, so ek stel voor bly maar weg daarvan.
George, probeer gerus ook ander make. Ek dink hulle is maar almal soortgelyk. Ek het net toevallig hierdie een gekry. Daar sal sekerlik winkels in julle omgewing wees wat sulke goed aanhou. Vroeër jare was daar onder andere Golden Products. Ek het ook soortgelyke chemikalië by 'n paar kooperasie gesien. Om die plek in Centurion te kry om dit vir jou aan te stuur, gaan waarskynlik duur wees. Die versendingskoste sal waarskynlik aansienlik meer wees en dalk bars die houer ook oppad, so moet dit eerder nie oorweeg nie. Die produk se prys is redelik- ek dink iemand het hierbo genoem van R80 vir 'n 5L houer. Die professionele ouens wat tydelike toilette voorsien, gebruik dit en hulle gaan beslis nie R150 per liter betaal soos ek al gesien het nie, maar hulle het 'n produk nodig wat werk, anders gaan hulle eenhede nie verhuur nie. Die middels wat 'n mens by die kampwinkels kry, is baie duurder, so ek stel voor bly maar weg daarvan.
Meeste couriers wil nie vloeistof versend nie....bottels breek en beskadig ander se pakkies
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜




