Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23178 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18547 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6769 |
| BrianB | 6014 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3879 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1910 |
| Nico | 1832 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1462 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1356 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 925 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 678 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 604 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 438 |
| Grompie | 411 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 326 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Braai met MIELIESTRONKE ......
Ons het 'n nuwe slaghuis in ons dorpie, en natuurlik moes ek en Joanie gaan ondersoek instel! Baie beïndruk met "Farmstead", mooi skoon, vleis van gehalte, soetgoedjies edm. Toe ontdek ek die sakke mieliestronke .... ja, kom van die plaas af sê Johan, die eienaar, en ja mens kan braai met die goed. Hy het weliswaar nog nie self so gebraai nie, maar darem .......
Nou, ek kan onthou jare (en jare!) gelede het my een oom met hierdie goed gebraai, en dadelik het ek 'n sak gekoop @ R45,00 en saam met die ander aankope, huis toe gebring. By vriende en familie gevra hoe om met die goed te braai, maar kennis - behalwe die bietjie wat die slagter my kon meedeel, was maar skraps.
Tannie Google (deur KI) gevra - goeie inligting gekry - en toe my vuurtjie gepak .... 20 stronke, met my "eie" blits (teesakkie in parafien gedompel) in die middel. Vlammetjie was maar skraal maar toe die stronke eers vat, toe was die gort letterlik gaar!. Google se raad was om die stronke te laat uitbrand (geen vlam nie) en dan die vleis op te sit op die gloeiende stronke.... maar dis nie geskik vir 'n lang braaistorie nie - dinge, volgens haar, gaan vinnig gebeur! Wors was dus die "proefkonyn" en werklikwaar, 14 minute later was die wors gaar met die stronke nog redelik aan die gloei.
Uiteinde van die proefneming .... HEERLIKE wors! Beste van alles was die spoed waarmee hierdie braai geskied het. Van die vuur aansteek, tot die wors afhaal - slegs 29 minute!! Dink dis vinniger as 'n mikrogolf oond (en lekkerder)!!!
Sal dit beslis weer doen, soos genoem as daar vinnig gebraai moet word. Probeer dit gerus!!
Ook al van gehoor, maar ook nog nooit op die proef gestel nie. Hoe is die hitte vergelyk met kole of brikette...moet jy rooster nader aan mieliestronke bring vir hitte as normaal? Hoe groot is so n sak....hoeveel braais kan jy doen vergelyke met n sak kole? Het die mielies n reuk wat hy gee as hy brand?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Het as kind gesien dat dit gedoen kan word. My pa hulle het baie te sê gehad daar oor maar ons het net gespeel soos wat kinders doen.
Later jare gesien hoe mense konka vuur maak met dit.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Mieliestronke is vinniger as wingerdstompies.
Beide gaan nie vir my werk nie, ek braai gewoonlik 'n uur aanmekaar. Ek maak vuur met bietjie sekelbos en Etosha trikette. Dit hou lank lekker hitte.
Ook al van gehoor, maar ook nog nooit op die proef gestel nie. Hoe is die hitte vergelyk met kole of brikette...moet jy rooster nader aan mieliestronke bring vir hitte as normaal? Hoe groot is so n sak....hoeveel braais kan jy doen vergelyke met n sak kole? Het die mielies n reuk wat hy gee as hy brand?
Geert, nee, my braaier gebruik vir die "proeflopie" is so 200 /250 mm van die rooster af, so dit was glad nie nodig om die wors enigsins nader te bring nie. Moet erken die hitte was baie hoog
Die sak mieliestronke is groot - seker so groot soos die 40kg sakke waaring hout op grootmaat verkoop word .... weliswaar weeg die stronke nie soveel as 40 kg nie, maar, daar is 'n hengse klomp stronke in!
Daar is wel rook, (veral in die begin, maar soos die stronke uitgebrand het, nie veel meer as 'n gewone braai nie) maar dit het geensins die wors enigsins beïnvloed of rokerig laat proe nie, inteendeel was baie lekker!
By gesê, gisteraand het ek my "eksperiment" verder gevoer. Het 'n "steak" gebraai, en het, in stede van klein houtjies, sommer 'n handvol van die stronke geneem, dit (met opgefrommelde koerantpapier) aan die brand gesteek en toe met hout gevoer- wel nou nie dik stompe nie, maar die vuur het gevat en lekker gebrand!! Sonder sukkel!
Ek verstaan dat as mens op mieliestronke braai, smaak die vleis na gebrande mieliepap😄



