Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23236 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18559 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6791 |
| BrianB | 6027 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3926 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1911 |
| Nico | 1835 |
| Hennie Botha | 1734 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1468 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1359 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 931 |
| Fanie | 837 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 680 |
| Durbs | 672 |
| 1Pierre2 | 612 |
| Benkie | 606 |
| Herman | 486 |
| Grompie | 460 |
Platinum Member | 250 + |
| LEEN | 439 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 328 |
| nyiko81 | 319 |
| captiva | 286 |
| Meerkat | 282 |
Gold Member | 100 + |
| Hennie1968 | 247 |
| Trev1 | 228 |
| Robbie | 225 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
| Wegisons | 157 |
| Theu | 141 |
| Jaada | 126 |
| Lewies | 118 |

Badplaas oor Desember
Wil weet of iemand oor Desember verlede jaar by badplaas gekamp het. Kantoor sê dat dagbesoeker getalle beheer word, is dit so?
As dit so is het dit verander. In Desember 2014 het ons daar gekamp en op Kersdag en nuwejaarsdag kon ons kampeerders nie die swembaddens gebruik nie as gevolg van massa dagbesoekers.
Hulle sal dit nooit beheer nie want dit is 'n inkomste wat derduisende rande verskaf op daai vakansie dae. Hulle beheer dit ja. Hoe meer mense hoe meer die inkomste per dag.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Dink dit is meer.


Baie lekker plek die2 dae oor kersfees baie besig, so doen maar jou uie ding en die ander dae is ok![]()

Frik / Irene
Moet nou kommentaar lewer met wat jul se. Ek dink van my lekkerste kampe is en was by Badplaas en ons gaan gereeld. Verlede jaar het ek daar gekuier en by een van die glybane het ek n blaas onder die voet gekry wat later erg infeksie gehad het. Ek het n amputasie gehad en moes n toon laat verwyder. Die infeksie was so dat ek op daardie staduim ook nier en lewer probleme ontwikkel het met drie ligte beroertes, alles diesefde tyd. Ses maande van die werk af en oor n miljoen rand se mediese kostes. Gelukkig vir my het ek n goeie mediese fonds. Vandag draf ek weer rond maar het goeie les en pak slae gekry. Ek swem tot met skoene oral waar ek gaan.
Lekker kamp en wees veilig

Vra die GIRL hoe lyk dit as daar so 100 batman pêlle in die swembad spring

En dan klae mense oor grys water. Huhuh

Ek het nou al klaar bespreek vir Desember vanaf die 12de tot die 18de. Se tog net vir my dit is nie al so erg teen daardie tyd nie.
Weet nie so lekker van die 16de nie. Ons was daar oor Kersfees en op vakansie dae was dit baie erg. Ander dae geen probleme gahad nie.
Maat, welkom op die forum.
Badplaas is soos John bakoor se n baie gawe oord.
Voorstel .... geniet die swembad tot die oggend van die 16 de.
Kyk of daar "goppie" draers as dagbesoekers inkom. Dis nou die ouens wat kaal of met sy 3 weke oue onderbroek kom swem.
Indien nie, geniet badplaas.
Indien ja, braai en party vir die dag met jou familie of gaan ry die wildtuintjie.
Dan. Wag tot so 10 uurse kant op die 17de nadat die "goppies " alsdoodgechloor is en gaan geniet jou tyd verder. Onthou van die skoene wat jy moet aanhou soos die rate hierbo.
:-)
:-)
Maak maar n grappie, maar pasop maar ve die oorbevolking op vakansie dae.

Toe ek hierdie draad lees dog ek julle praat van Aliwal-Noord want dit klink presies netso. Ons vermy deesdae die plek terwyl ons vantevore menige baie lekker tye daar deurgebring het. Dit was een van ons baie lekker oorstaanplekke oppad see toe en terug. Was iemand dalk onlangs op Aliwal? Hoe is die toestande deesdae?
Vir die wat die pad Badplaas toe aandurf, vermy die Wonderfontein afrit vanaf die N4 na Carolina. Die slaggate is tans na die reën groot en diep. Skade word gewaarborg. As voertuie van voor af kom is dit onwaarskynlik dat die sleepvoertuig en woonwa al die slaggate gaan ontwyk.
Hou eerder verby tot by Machadodorp en ry dan van daar af na Badplaas. Daardie pad is in 'n baie goeie toestand en is net 'n paar kilometer langer.
Dankie oom Koos ek sal so maak.
Skoene en al. Hoop net nie ek kry nog een van daardie onderbroeke in die swembad nie.
Dankie aan Somer kamper vir die raad oor die pad toestand.




