Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23111 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18505 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6744 |
| BrianB | 5988 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3816 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2210 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1907 |
| Nico | 1825 |
| Hennie Botha | 1732 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1621 |
| Butts | 1530 |
| RichardJ | 1457 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1354 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 921 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 592 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 431 |
| Oumens | 400 |
| Elleebee | 388 |
| Grompie | 381 |
| survivalist | 362 |
| RD | 353 |
| Izak | 332 |
| Pontius | 324 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
4x4 of 2x4
More julle ervare gerespekteerde mede kampers.
Ek oorweeg om my bestaande 2018 Amarok 132kw 4x4 te vervang met 2023 Amarok 132kw 4x2 (diff lock). Ek sleep Jurgens Classic (Bradley) baie gemaklik met my huidige Amarok.........
Sal my sleep gemak geaffekteer word deur na 4x2 (diff lock) te verander, en indien tot watter mate?
Dankie vir julle advies
Groete
Ek glo nie jy moet met diff lock sleep nie.
Is the diff lock not a manually engaged option ? ie it‘s a 2x4 unless you manually engage the diff lock thus you can tow as a 2x4.
Vra jouself af hoeveel maal jy werklik vierwieldryf gebruik het. As dit min gebeur het, sou ek sê die 2X4 voldoende. Dit gaan beslis 'n beter brandstofverbruik teweegbring en daar is minder komponente wat kan moeilikheid maak. Soos Brian vra, kan die difflock afgeskakel word? Dit lyk of the Amarok s'n wel in en uitgeskakel kan word, maar maak miskien seker. Indien wel, gaan daarvoor. Ek het geen praktiese kennis van die tegnologie nie, maar teoreties as jy dit kan aan en af skakel, hoef jy dit alleen te gebruik as dit werklik 'n situasie is waaruit jy nie daarsonder kan kom nie. Indien dit nie afgeskakel kan word nie, sou ek dit nie oorweeg nie. Dan is jy permanent in 'n situasie waar jou agterwiele teen dieselfde spoed loop wat baie spanning om die ewenaar sal plaas, wat sekelik duur skade teweeg kan bring en wat jou agterbande gaan vreet en die ernstigste, wat die voertuig ietwat moeilik om 'n draai gaan maak. Dis myns insien gevaarlik. As jy in ag neem dat baie mense met voertuie wat slegs voorwielaangedrewe is suksesvol sleep, is gewone agterwielaandrywing reeds ver beter. Mense is ook onder die indruk dat 4X4 vergoed vir die gebrek aan vaardigheid. En het eenmaal in die Oos-Caprivi gesien hoe 'n omie met 'n gewone Ford bakkie in die reënseisoen op modderpad deurgekom het terwyl talle Jeeps en Landrovers en selfs 'n Bedford 4X4 van die Weermag en SAP in die modder vasgeval het. Hulle is meestal bestuur deur onervare troepies en konstabels terwyl die omie ervaring gehad het. As jy dus nie ernstig 'n "off roader" is nie, het jy nie werklik 'n 4X4 of diff lock nodig nie. En ek meen is is dit nie anders sal juy nie oorweeg om van die 4X4 ontslae te raak nie.
Kyk gerus na
https://www.youtube.com/watch?v=6Vfwx2S-YqI
Dink mooi oor verandering vanaf 4x4 na 4x2. Ek het 'n 4x4 gehad vir net minder as 3 jaar en inderwaarheid nooit in 4x4 gebruik nie. Toe verander ek terug na 4x2. Sedertdien het ek 'n volgende 4x2 gekoop (waarskynlik my laaste voertuig), maar ek het intussen al meer as eenkeer spyt gekry dat ek nie tans 'n 4x4 het nie. Dit gaan nie vir my oor sleep nie, want ek het in ieder geval 'n gewone padkaravaan. Maar daar is tog plekke wat ek nog graag sou wou besoek wat nie bereikbaar is met 'n 4x2 nie. Ek dink aan die Richtersveld, Baviaanskloof en verskeie andere. Ek het was ook nou onlangs in die Karoo Nas Park. Die kampeerterrein is maklik bereikbaar met 'n konvensionele karavaan en 'n gewone sedanvoertuig. Maar ek kon nie van die roetes gaan ry wat slegs geskik is vir 4x4 voertuie nie. As ek die horlosie 3 jaar kon terugdraai sal ek beslis eerder weer 'n 4x4 gekoop het. Maar die koeël is nou deur die kerk. As pensioenaris is daar nie geld vir 'n nuwe 4x4 nie.
Ja Chris, dit hang maar af wat jy met jou voertuig wil doen. Ek glo jy moet gaan vir "voldiende", enigiets meer is myns insiens geldmors. Moontlik siu jy nie die roetes gery het wat jy noem nie want as jy regtig wou, sou jy dit gedoen het toe jy die 4X4 gehad het. Ek het n Kuga AWD gehad, die omdat ek werkik AWD nodig gehad nie. Ek wou nie sleep met voorwielaandrywing nie en dit moes n dieselmasjien hê. Die AWD (wat eintlik vir beter padhouvermoë eerder as vir swak paaie bedoel is) het ek nie regtig ooit benut nie. Nou is ek spyt dat ek dit nie meer het nie, maar as ek die rede moet verduidelik, kan ek nie werklik nie. Nou het ek n voorwielaangedrewe sleepvoertuig en dis voldoende.
Ek het verskeie 4x4 gehad. Dis lekker. Maar net as jy n kranige 4x4 entoesias is wat werklik in die boendoes ingaan.
Verskeie Hilux 2.5 met difflock gehad. Wat my betref die beste opsie. Ook difflock gebruik jy bitter min.
Tans 3.0 TDCI Everest sonder difflock. Ja ek sou dit graag wou he maar waarvoor?
4x4 is vir my "overated" in SA. Dis nie nodig nie en glo my ek.het al bitter slegte paaie gery.
Middag julle almal,
Ek sou graag op al die reaksie en ervarings feite wou reageer......jullle raak punte is onsettend van toepassing op my! Baie dankie vir die kommentaar verskriklik waar en sal my besluit definitief vergemaklik.
As ek reg verstaan, is daar niks tegnies wat die 4x2, behalwe in 4x4 toestande/vereistes, dit n swakker opsie maak ni?
As daar nog reaksie is .....praat maar, baie interessant!
Groete
Jammer, nagelaat om te se, die diff lock in die 4x2 word manually geaktiveer en afgeskakel....dus ingebruik net wanneer nodig
Groete
Vir my lyk die keuse voor die handliggend: kry die 4x4 slegs as jy ernstig "off road" planne het.
Dis egter jou voertuig en dus jou besluit. Laat weet asb wat jy besluit en mettertyd hoe dit uitwerk.
Ek dink nie daar is enige voertuig wat ‘n diff lock het wat nie aan / afgeskakel kan word nie, dit maak net nie sin nie!
Wat betref “ernstige off road planne”, ek dink nie so nie, soos gesê hierbo, Karoo Nasionale Park het ‘n roete wat net deur 4x4 voertuie gery mag word, maar dit is in my opinie vêr van ‘n “ernstige off road” roete, maar beslis die moeite werd om te ry.
Wat ek hierbo probeer oordra het is:
Ek stel nie belang in ernstige 4x4 nie. Maar as jy 4x4 tot jou beskikking het, kom dit darem handig te pas wanneer jy dit nodig het.
En my rede hoekom ek dit nou eerder sou waardeer, as toe ek wel 'n 4x4 besit het, is omdat ek toe nog 'n werkende man was wie se beskikbare tye beperk was om sekere dinge te doen waarvoor ek egter nou die tyd het.
My seun het my destyds omgepraat om 'n 4x4 te koop. Sy motivering was dat ons dan twee 4x4's beskikbaar sal hê vir ons hengel-ekskursies na Hentiesbaai. En verder het hy my oortuig dat ek die ekstra sowat R60 000 sou terugkry wanneer ek die voertuig inhandel - wat inderdaad die geval was. Ons het egter nooit destyds 'n tweede 4x4 nodig gehad wanneer ons Hentiesbaai toe gaan nie, want ons was nooit meer as 4 persone nie.
Pas nadat ek die 4x4 vir 'n 4x2 ingeruil het, het ons as familie (vrouens en kinders ingesluit) Hentiesbaai toe gegaan. Was ek spyt!!! Want toe moes die kinders bedags agter in die enigste 4x4 se bak (waarin al die hengeltoerusting is) ry.
Sedertdien het ek al die begeerte gehad om net saam met vroulief by Henties te gaan hengel. Maar nou ja - dit is nie moontlik nie.
Ek wil afsluit met: As jy enigsins dink dat jy soms 'n 4x4 sal gebruik, spandeer daardie ekstra geld (as jy dit natuurlik kan bekostig) - jy sal dit terugkry as jy vorentoe 'n ander voertuig wil koop.
More julle ervare gerespekteerde mede kampers.
Ek oorweeg om my bestaande 2018 Amarok 132kw 4x4 te vervang met 2023 Amarok 132kw 4x2 (diff lock). Ek sleep Jurgens Classic (Bradley) baie gemaklik met my huidige Amarok.........
Sal my sleep gemak geaffekteer word deur na 4x2 (diff lock) te verander, en indien tot watter mate?
Dankie vir julle advies
Groete
Hi Johan. Een persoon het jou vraag mis verstaan. Vergewe Die uwe asb. Is seker net 'n foutjie.
Ek moet darem eerlik sê, 'n Amarok is 'n Amarok............... Daar is nie keer aan daai Tippers nie. Ons het vriende wat hulle Exclusive met verskeie modele van Amarok al gesleep het en hulle kyk net vorentoe.
Die kanse is klein dat jy ooit met die Classique in 'n situasie sal kom wat jy werklik 4x4 sal nodig he. So tensy jy 'n kranige 4x4 entoesias is, gaan vir goud met die 4x2. Ek glo nie jy gaan eers enige verskil voel in die sleep van jou wa nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Wat maak AMAROK eienaars as die Toyota en FORD bendes begin grootpraat - hulle glimlag.
"jfd" as ek jou behoefte reg verstaan ry jy nie ernstig in die boendoes in nie, dus regverdig dit nie vir my die vierwielaandrywing nie.
Die twee wiel trek AMAROK het in elk geval ook die "Off Road" funksie bo en behalwe die ewenaarslot op die agteras wat elektronies vanuit die kajuit geskakel word.
Daar is baie min plekke wat jy NIE sal kan bereik met die 4X2 kombinasie nie en die besparing op die aankoopprys regverdig na my mening, in jou geval, nie die aankoop van die 4X 4 nie.
In twaalf jaar met my Tipperjie die 4X4 funksie nog net 2 keer gebruik.
Wat die sleepgemak betref - ons het al die jare die meeste van die "los" goed in elk geval in die sleepvoertuig gelaai wat jou agteras lekke swaar gelaai gemaak het en dan sleep jy 'n "ligter" karavaan wat nie die sleepvoertuig gaan rondpluk nie.
Jislaak Andre....jy is spot on met jou waarneming van my situasie.....ek hoe ek ook daaroor dink.
Dankie aan almal, ek gaan more die 2023 Amarok 4x2 (132kw) 30 000km op die klok besigtig en toesbestuur.
Groete
Ek het op Webuycars gaan kyk vir Amaroks wat aangebied word. Van die 85 voertuie is daar nie een 4X2 nie- almal 4X4. Dit is verbasend! Dit kan moonltik beteken dat die 4X2's baie populêr is, dat die eienaars nie maklik van hulle ontslae raak nie en dat as 'n eienaar wil verkoop, verkoop hy maklik uit die hand aan kennisse.
Ek is nie 'n bakkieman nie, maar indien ek 'n bakkie sou oorweeg, dink ek ek sou eerste na 'n Amarok kyk, selfs die nuwes wat gesamentlik met Ford gemaak word. Daar is myns insiens niks fout met Ford nie. En sover ek kon vasstel, het die voertuie (wat nie handratte het nie) regte autokaste en nie dubbelkoppelaareenhede nie, waarvoor ek skrikkerig is.
Kyk ek wil niemand bang praat nie. In 2016 toe koop ek n SUV om my Sprite Swing mee te sleep. Eindig met die 4x4 AWD.
Daar was klop geluid waarvan ons niks gehou het nie. 2013 model met 33000km op die klok.
Ten einde laaste vervang hulle die Diff en Transfer Case teen ongeveer R100 000. Op n R 192 000 kar.
Tot onlangs vir man gewerk wat 2e handse ML gekoop het. Kar het 5 jaar gestaan. Hy moet Transfer Case vervang. R69 000.00
EK gee nie om om daai geld te spandeer as ek elke naweek gaan 4x4 nie.
Dit het toe gebeur dat ek en ma altwee 4x4 het Sy die Suzuki ek die Triton. Ek moes 1 keer n jaar die goed net in 4x4 gaan sit sodat die Transfer Case net kan warm word en iets kan Transfer.
Almal probeer vir Ma oortuig EK MOET N 4X4 KOOP want ons gaan Mosambiek toe of Botswana of Suidwes toe..... daai 4x4 word 3 keer geruil en sien nooit die buiteland of n grondpad nie.
Ek dink mense verwar ‘n 4x4 met ‘n voertuig waarmee jy ten minste een keer per maand ‘n 4x4 roete gaan doen wat ‘n vlak 3 of hoër is. Vir my is ‘n 4x4 ‘n voertuig met ‘n diff lock en ‘n low range.
Toe ek my eerste 4x4 gekoop het, het ek ‘n paar ernstige roetes gedoen, maar is gou daarvan genees.
Nou kan ek 4x4 roetes doen wat wanneer dit op my pad kom, soos die een in die Karoo Nasionale Park, of die een in die Lion & Rhino Park buite Krugersdorp of Baviaanskloof (is Baviaanskloof ‘n 4x4 roete)?
Oor Baviaanskloof: Van die westekant af, Uniondale of Willowmore kant, kan jy meer as 100km ry. Dit is tot by die oornagkamp in die natuurrervaat. Verder oos word jy nie toegelaat as jy n 4X4 het. Dis so ver as wat ons n paar gelede met n Kombi gekom het en dit was deur en deur die moeite werd. Dis redelik beskaafde plaaswereld en amper almal het gastehuise of kampplek. Die polisiemanne by die polisiestasie in die kloof by Studits het gesê dis onnodig, hulle ry gereeld die pad met gewone polisiebakkies, maar reëls moet gehoorsaam word en ons weet polisievoertuie gaan waar hulle nooit voor ontwerp is nie. Die oostelike deel is glo nog mooier maar van videos wat en daarvan en van Sanipas gesien het, lyk dit baie eenders.
Ek dink nie daar is enige voertuig wat ‘n diff lock het wat nie aan / afgeskakel kan word nie, dit maak net nie sin nie!
Wat betref “ernstige off road planne”, ek dink nie so nie, soos gesê hierbo, Karoo Nasionale Park het ‘n roete wat net deur 4x4 voertuie gery mag word, maar dit is in my opinie vêr van ‘n “ernstige off road” roete, maar beslis die moeite werd om te ry.
The Mahindra bakkies have MLD (mechanical locking diff) which engages automatically when one of the rear wheels loses traction. No manual on/off switch.
And then there's, Power Tools!
Ja, as jy daaroor dink, is dit logies dat 'n difflock nie permanent aan kan wees nie. Van die klein quadbikes het nie 'n ewennaar op die agteras nie en die goed, wat meestal goedkoop is en wat mense vir hulle kinders koop, is glo lewensgevaarlik. Daar was in die verlede 'n aantal kinders wat met hulle doodverongeluk het omdat hulle nie maklik 'n draai in die pad kan vat nie. Dit sal sekerlik netso, selfs meer gevaarlik wees, as 'n groot voertuig wat teen 'n hoër spoed ry, ernstig stuurtraag om 'n draai raak omdat die dryfwiele permanent gekoppel sou wees. So leer ek ook weer iets.



