Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23157 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18537 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6769 |
| BrianB | 6005 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3862 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2297 |
| Chris Boucher | 2212 |
| Kanneman | 2176 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1910 |
| Nico | 1830 |
| Hennie Botha | 1733 |
| steamer | 1705 |
| Ski | 1669 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1623 |
| Butts | 1531 |
| RichardJ | 1459 |
Mars Member | 1000 + |
| George | 1412 |
| Louvan | 1356 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 925 |
| Fanie | 836 |
| JohanMarais | 834 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 677 |
| Durbs | 672 |
| Benkie | 606 |
| 1Pierre2 | 598 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 486 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 434 |
| Grompie | 403 |
| Oumens | 400 |
| RD | 353 |
| Izak | 334 |
| Pontius | 326 |
| captiva | 285 |
| Meerkat | 278 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| Trev1 | 228 |
| BigG | 196 |
| Ad Rem | 191 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 182 |
| Andal | 168 |
| Andrew | 160 |
Wat het van ons ordentlike maniere geword?
And clouds of white
The bright blessed day
The dark sacred night
And I think to myself
What a wonderful world
Swanie I have wondered about the genuineness of the 1 off (first time) posters who ask a question, do not introduce themselves or even say 'hi', then disappear.
I have stopped welcoming them and offering a solution.
A while back, when I recognized such a poster, I commented a little sarcastically that a simple Google search offered a full and complete answer. I reported my post to Admin, thinking they would get a hint and follow up on the OP. They deleted my post. This got me wondering.
(Please excuse the English reply, my phone turns Afrikaans into gibberish.)
I think regular members do interact with due respect.
Swanie - interessante vraag ...... ek dink mense raak totaal afgestomp om erkenning te gee aan vriendelikheid en goeie maniere. Moontik omdat hulle nie "betrokke" wil raak nie?
Laat ek verduidelik (en jammer as ek "plaaslik" raak). Ons woon in Parys, nou al vir 8 jaar, en glo my, die mense hier is uiters vriendelik en goed gemanierd - en ek sluit alle rasse daarby in: hulle groet as jy by die Spur of by Checkers inloop - selfs die sekuriteitswag by die deur/ingang. Ek ry fiets en my vrou loop haar lopie - en almal wat jy op straat teëkom groet! As ons in die motor ry, sal jy selde 'n plaaslike persoon sien wat nie by die stopstraat "dankie" sê as jy stop nie - (nie so met besoekers uit ander dele van die beskawing nie!) Ons loop by die restaurante of winkelsentrums in by Vanderbilpark, Potchefstroom en onmiddellik kry jy daar die "wil-nie-na-jou-kyk-nie" gevoel. Ek (of my Vrou) mag sekerlik verkeerd wees, maar ons albei merk dit op!
Nog 'n voorbeeld - net na ons intrek hier in ons dorpie, kom die kinders kyk waar Oupa and Ouma nou woon. So loop ons in Breë straat met die klomp winkeltjies, waar Ilana, Kobus en Anche en Vroulief na allerhande snuisterye kyk. Ek staan eenkant. Die winkelier kom na my toe, vra of sy kan help waarop ek antwoord, nee die kinders wil die dorp inspekteer waar ons twee maande tevore ingetrek het. Onmiddelik skree sy na agter: "Alida, bring vir ons 'n sjampanje, hier is nuwe intrekkers!" Nou vra ek, waar wil jy meer vriendelik kry as dit?
Ek dink die "ordentlikheid", behulpsaamheid en doodgewone vriendelikheid is aan die uitsterf, saam met ons generasie.
Ek ondervind "onbetrokkenheid" ook in kampeerplekke. Dis eintlik selde wat daar spontane geslsies ontstaan, wat nog van "handjie bysit".
Ons was Meimaand in die Kruger, en het sonder movers sleg vasgeval in die sagte sand wat op die staanplek ingespoel het. My elektriese neuswiel kon nie hond haaraf maak nie. Verskyn daar 'n dame, en sy bied aan om gou haar man te gaan roep. Groot was my dankbaarheid vir die hulp.
In die era voordat movers algemeen geword het, het mense gougou hulp aangebied om te help draai en rangeer. Nou vermoed ek dat mense met movers bloot redeneer--ek kom reg op my eie, sukkel jy maar sonder movers.
Nodeloos om te seg, ek het ook nou movers op my boswa.
Ek het gevind jy kry terug wat jy gee. As jy mense op straat groet en vriendelik lyk groet hulle terug. Dit laat my goed voel en waarskynlik ook die ander persoon. Soms is daar selfs ʼn paar woorde gewissel. In Pietersburg wat maar baie meer stad as plattelands is het ons gereeld vir oefening gestap so ek praat van ondervinding. Ek ek praat ook van alle rasse, in Pietersburg was meeste voetgangers swartmense.
Hier in Stilbaai waar ons nou woon is dit maar die gewoonte om almal op straat te groet.
Ons was September 2026 vir 'n midweek by Dube. Vroulief het 'n skouer operasie gehad en haar arm was nog in 'n sling. Terwyl ek afhak het 'n man en vrou ons genader en hulp aangebied om die karavaan reg te trek. Ek het dit baie wardeer. Hulle is lankstaan kampers - albei is so bruin gebrand deur die sonnetjie!
Kobus & Ada



