Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23031 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3745 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 327 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Terugvoering: Dinokeng Camp and Leisure
Hier is my persoonlike ervaring van besoek aan Dinokeng Camp and Leisure.
Die hoofpad na die oord is grond en was baie sinkplaterig....omtrent 2 km, maar die pad binne die oord is baie nice. Die sinkplaat pad moet mens maar net stadig vat....die eindpunt is darem n beloning met die heerlikste oord. Die ontspanning is hoofsaaklik om die stilte van die natuur te geniet met die wilde diere om jou wat rustig tussen die kampeer plekke wei. Die njalas is so mak....hulle eet selfs uit jou hand uit. Ons het ook heerlik op die oord rond gestap en wild besigtig. Oord se veld is in baie goeie kondisie. Ons het met die stap afgekom op Blou wilde beeste, koedoes, Njalas, Bles bokke, wit blesbokke en rooibokke. Die oord personeel was regtig baie vriendelik en gasvry gewees....hulle is deurentyds betrokke sodat verblyf glad verloop. Ablusies was n plesier om te gebuik: Genoeg, skoon, netjies en lekker groot stort areas. Daar is ook voorsiening gemaak vir n paraplegiese badkamer. Ons het deurgaans veilig gevoel. Hulle verkoop hout en ys op die perseel, maar net buite oorkant die pad van oord se ingang is n klein kafee anders kan mens so 3km ry na die Safari mall waar daar n supermark, garage, drank winkel en slaghuis onder andere is. Die atmosfeer hier was heerlik rustig gewees....so in die natuur en wilds lewe. Ons het die Saterdag self deur die Dinokeng Big5 wildsreservaat gery. Die staanplekke is regtigwaar heerlik groot met n paving vierkant op elkeen. ...vir die warmer dae sal ek aanbeveel om n ekstra afdakkie saam te neem, maar daars n heerlike silverskoon swembad wat op jou wag om af te koel. Ons het dit egter nie gebruik nie, aangesien dit winter was, maar kan glo dat daai goud werd gaan wees in die somer. Staanplekke is duidelik genommer en afgesper. Ek voel dat ons goeie waarde vir ons geld gekry het aangesien alles in ons skoen gepas het. Ons sal beslis weer terug keer na hierdie oord en sal dit sterk kan aanbeveel vir enige kampeerder wat hou van die natuur en rustigheid daarvan kan waardeer. So terloops.....ons volgende besoek aan hierdie oord is reeds in beplanning. Ons het met n swaar gemoed die oord verlaat....wou nie, dit was te lekker hier.....gelukkig is die volgende bespreking reeds op die tafel
Hier volg klompie foto's van oord en geriewe
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Karavaanpark gedeelte
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dit wat Geert hierbo noem Kan ek sekondeer.
Is bly julle het geniet wil ook Kyleu Boskamp gaan draai
More almaal,
Is dit net 'n na-week kamp. Indien nie , vir hoe lank het jullie daar gekamp?
As pensioenaries stel ek belang om daar te gaan kamp. Sy my, is daar hulp beskikbaar met tent opslaan en weer afbreek?
Daar is paar kampeerders wat paar maande daar staan. Ek het geen hulp gesien nie....miskien by oord hoor
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het 3mnde daar gestaan verlede jaar. Ek weet nie of hulle tariewe al op gegaan het nie. Ons was vir omtrent 2 mnde alleen gewees deur die week, en het altyd veilig gevoel. Reel net met Daven of Carla vir iemand om te help met die tent, hulle help graag. Ek kan beaam dat dit n baie mooi en skoon kamp terrein is met die netjieste ablusie blok wat ek in n lang tyd gesien het. Carla en Daven maak dat mense weer en weer terug gaan na Dinokeng Camp and Leisure.
Ons kamp eerskomende naweek weer hier....enige forum lede wat ook daar gaan wees?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
My dogter, skoonseun en klein kinders gaan Dinokeng toe vir 'n week. Weet nie of dit dieslefde plek is waarnatoe julle gaan.
My dogter hulle gaan www.dinokengresort.co.za toe.
Nee...is 2 verskillende plekke, maar om die hoek van mekaar
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Weereens puik gewees. Ons was hierdie keer met n groep daar van 45 mense....almal het dit ter deë geniet
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dinokeng Camp and Leisure is tans besig om n groot warm water swembad te bou
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Vorder fluks
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Weereens heerlik....
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons Kerk het n groeps bespreking by Dinokeng Camp and Leisure waar ons nie alle staanplekke gaan gebruik nie. Dis vanaf 1-4 Okt.....Vrydag tot Maandag (Maandag is skool vakansie) As iemand staanplekke wil oorneem....kan dit gee vir R800 vir hele tydperk...dit werk uit op R265/nag.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ons het afgelope naweek bietjie "ge-cheat" en in n chalet gaan bly. Dit was baie nice gewees en het heerlik gekuier, maar volgende keer is ek weer terug met die karavaan. Hulle warm water swembad is nou klaar en was groot trekpleister gewees
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die 5x jagluiperde was seker so 5m van ons af. Hulle was reg oorkant die ingang vanTamboti Vreugde. Ons het ook vir die 1ste keer renosters in Dinokeng gesien
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek het staanplek 22 by Dinokeng Camp & Leisure Lodge beskikbaar vanaf 23-28 Desember. Dis een van die nuwe staanplekke met privaat ablusie, plaveisel en lekker skaduwee bome. R3000 vir die 5 nagte. Daar is nog opsie om tot die 29ste te bly met addisionele kostes betaalbaar aan oord. Laat weet my by as jy bespreking wil oorneem.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
VERKOOP
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Vinnig.
