Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23030 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3740 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2185 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Lid | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
WilSur se Blink Seil / Net
Orals is daar al gepraat en gewonder en raad uit gedeel en elke keer kry ek nie weer die plek waar daar laas vir my iets gesê was nie, nou begin ek een vir my self om my inligting en ondervinding met julle te deel sonder dat ek die pad byster raak.
Ek het SA Shade se webtuiste vir julle gegee met inligting.
Wel na dat ek weer begin soek het na iets om oor die hooftent te sit, het ek vir hulle 'n e-pos gestuur en hulle het die koste vir my terug gestuur.
90% Shade Cloth - R 2,285.00, Webbing - R 624.00 Excl Vat = R 2,909.00 Excl Vat
Reflecto with webbing - R 2,785.00 Excl Vat
Die mates is vir 'n seil 6m x 9m
My vraag wat is hulle verwagte lewensduur, het hulle my nie op geandwoord nie.
Ek wil beslis my tent maker/dametjie-wat dinge-kan-verander nader sleep vir haar insae hierin!!
Wilsur, ek dink dat die tipe onderwerp wat jy hier gestig het, kan en sal 'n baie groot verskil maak by nuwe, ... sowel as by huidige kampers. Met die tipe foto / tekening kan die mede kampers meer leer, en sien waarvan daar presies gepraat word, of hoe?
Nico, die feite van die verlenging van die straps maak alreeds 'n groot verskil.
Pieter
Op die ASKARI seil wat ek het is die straps wat julle van praat ook reeds vasgewerk. Op twee punte (soos wat ek die seil normaalweg oor die karavaan en tent trek) sou dit ook beste gewees het om die straps daar langer gehad het. Huidiglik gebruik ek die dikker nylon toue.
Om die seil te anker (omrede dit dan nou ook my storm straps is) maak ek gebruik van die groot ARMY TENT penne. Want dis goe en wel om die seil met straps te hê maar as dit nie deeglik geanker is nie beteken dit net mooi niks.
Ek het vir SA Shade gevra "Give me an indication as to which of the two will have the longest outdoor life and what will the expected life be on each ?"
En hier is hulle andwoord.
The 90% will last the longest outdoor's and the net is guaranteed for 7 years
The reflecto cover is only for reflection of the sun on a temporary bases if you camp not for longterm, its not that durable!
Regards,
Meindert
S.A. Shade
Die storm straps op die silver seil / net help om dit te beskerm met die span daarvan, die trek is nou op die basnd en nie op die seil/net nie. Ek het hulle geplaas waar en pale het en om dit te verleng sal nie in my geval werk nie.
Ek sal kyk of ek 'n foto kan plaas soos wat ek die bestaande blink seil laas jaar en die jaar gespan het.
Sou ek egter besluit om vir die net opsie te gaan het ek nie nodig om hom in "V" te span nie want water gaan nie op hoop op die net nie.
Ek het nou nog 'n foto op die album gelaai maar hy wil hom nie wys nie al is daar 2 dots onder ?
Ek sit in 'n twee stryd tussen die blink seil en die net.
Ek weet al die voordele en na dele van elk, maar daar is een voordeel van die blink seil wat vir my baie waarde het. Eerstens gaan ons seker net een keer 'n jaar die blink seil gebruik en dit is wanneer ons vir 3 - 4 weke geduurende Desember gaan kamp.
En die voor deel is dat hy jou tent draag hou as jy vroeg oggend soos by meeste oorde moet opslaan, nie noodwendig reën nie maar ook dou.
Maar ek sit nou weer en dink, miskien moet ek dit eers net los want die seil goedkoop seil wat ek het het al sy 2de jaar agter die rug en behoort Desember by Hartenbos nog te werk en Desember 2016 gaan ons Klein-Kariba toe en hoop om een van die nuwe staanplekke te kry met skadu net oor, dan gaan ek hom nie nodig kry nie.
http://www.tinel.co.za/index.html
Tinus Vorster
Ek sal hom onthou. Want ek is opsoek na 'n kleiner silver seil vir tent kamp. My Askari is hopeloos te groot.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
I had a 4.8m length made that fits over the main tent and over the veranda, when doing the Long Holidays. Got Tinus to half ( 2X 2.4m) and stuck together with a Velcro Strip. Thus, I can use the one 2.4m when I do a weekend camp.
We have been studying your excellent idea of a "shade over" for your Exclusive. We are soon to be Fulltimers and need to get something like this in place ourselves. Please would you email me your contact details as my husband Eddie would like to chat to you about this. Many thanks. Helen helenfrancis48@gmail.com
Eddie / Helen
Did you come right ?
Nadat ek die blinkseil oorgegooi het en geanker het, gooi ek my cargo net ook oor om alles vas te hou en anker hom met gadger penne.. dis die wat ek gemaak het met reinforce rods (met riffels) dit trek nie maklik uit nie veral in dis sanderige kuskampe. Sweis v.d. snap hooks met n ketting oog vas. Jy kan dan ook die veer (spring) v.d. storm tou daaraan vassit. Sal fotos stuur.
Wil nog steeds weet of ek die blinkseil oor die caravan ook moet gooi,,,, dan met gate in ve die dakvensters
Ek het intussen 'n kleiner Askari seil gekry vir net die wa en die Rally. Johan jou idee werk puik so.
Die voordeel van die seile met die storm strap ingewerk is, die seil is so dik hy kan nie inwerklikheid skeur nie en dan doen die ingewerkte stormbande ook hul ding.
Ek stem ook saam dat 'n stormnet baie beter is as een storm strap, want die net hou die seil gedeeltes van die tent wat in die wind bol ook onder beheer.
Nou die seile met die ingewerkte storm straps werk op die selfde manier. Kyk Wilsur se Foto, as die wind sterk raak laat sak jy net die kante so laag moontlik en trek dan als vas grond toe.
Ek het stormnette geweef(sonder knope) en knopte nette op 'n stadium hier op die forum verkoop. Dan was hy gemaak volgens die presiese mates wat jy wou hê. Het net nie meer die tyd vir dit nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Gooi die seile manne die somer is hier![]()
Swannie ek het baie lank ook dit gesê tot ek eendag in die son moes kamp en my broer onder die bome.
Hy leen toe sy silver seil vir my omrede ek dan nou in die son staan. Nodeloos om te sê ons het heeltyd onder my rally gekuier daai naweek.
Duidelik kon sien dis regtig waarde vir geld en syne was maar 'n cheapy wat redelik vinnig kon skeur. Vrouens het die middag slapie in my Penta gevat daai Saterdag. Ek het nie 'n temp. meter gehad nie maar rofweg geskat tenminste 3 grade koeler van my Penta (in die son) na sy Penta onder die bome.
Hoe sê hulle "Proof of the puding lies in the eating............" Nie lank daarna nie het ek vir my die Askari seil aangeskaf. Sederdien al baiegebruik.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
My seil sal die somer ingewei word, as die son ons nou al so klits, weet ek nie hoe gaan mens dit hou teen November nie.![]()
Juis besig om pale te maak vir die blink seil.
Terloops vir die wat dalk wik en weeg om een te koop.
Kyk na WilSur se foto bo. Myne lyk dieselfde net hy strek oor die karavaan ook. By voordele van die seil is:
- Dien sommer as storm anker agv stormstraps in die seil ingewerk. (Hoë punte word net laat sak)
- Voëls bedinges nie die tent dak nie. Daai bessie tjorts kry jy nie maklik af nie. (Die seil was jy soos jy wil, hy moet nie waterdig wees nie maar wel SON dig) Tent dak materiaal is gevoelig vir allerhande seep en skuur goed.
- As dit reën slaan ek die tent onder die seil af en als is droog as ek dit weg pak. Net die seil gooi ek in swart sak en sort uit as ek by huis kom.
Ja 'n kleintjie werk goed vir die temperatuur. Grote werk die beste.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
