Latest Rating
Register Now!!!
Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
Search the Forums
Top 50 Forum Users
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23023 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6705 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2183 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Rank Legend
Rank
Score
Bronze
5+
Silver
50+
Gold
100+
Platinum
250+
Titanium
450+
Moon
700+
Mars
1000+
Jupiter
1450+
Saturn
2000+
Uranus
2600+
Neptune
3500+
Pluto
4500+
Alpha Centauri
7500+
Luhman 16
12500+
Sirius
20000+
English & Afrikaans Forums
Total Topics: 25 435
Total Replies: 289 462
Total Views: 88 185 153
Welcome
FAQ & General Chat
Technical Advice
Product & Business
Resorts
Clubs & Rallies
Road Conditions
Recipes & Food
Towing Advice
Comedy Corner
Best or Worst Experiences
Camping Tips
Full Timers
Swap & Trade
Tours
topics: 13 182
replies: 161 405
views: 41 640 753
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat is jou Wa se Naam?
replies: 274
views: 85545
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 18453
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 61 years
Iets wat nogal interresant sal wees om te hoor is wat is die naam van jou woonwa en hoekom noem jy hom so. Ek praat nou nie van Swing, Swift, Penta of so nie, ek praat van, kom ons noem dit die troetel naampie. My Penta se naam is HAKUNA MATATA(No Worries). So vernoem na Phumba en Timone se liedjie wat hulle sing in die film "Lion King". As ek mos met vakansie gaan het ek "no worries". Links agter op die karavaan is die naam opgesit en net bo dit lyn sketse van Phumba en Timone. Oor die algemeen praat ons in die gesin maar van die "Van". Leon
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
Anonymous
Hi Leon,
Ons Van se naam :THE COOKE'S LIFE AT THE TOP
Het so hout plaak laat maak met : leertjie en mannetjie wat bo-op die leer sit met n glasie in die hand.Dit hang altyd voor ons Karavaan. Ons voel elke keer dat ons kamp is dit mos Life at the Top. Oor die algemeen sommer net die VARACAN
Cheers vir eers
Christa & George
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 18453
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 61 years
Christa ek stem heelhartig met jou saam, OM TE KAMP IS "LIFE AT THE TOP" dit is net jammer 'n mens moet tussen in werk en sodoende bietjie terug kom aarde toe. Geniet dit terwyl dit kan. Leon
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
Bertus
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 324
Joined: 25 Apr, 2007
Ons s'n is "die koei se wa". Ek noem my vrou koei, koei-a en al sulke goeie koei naampies. Dit kom van toe die kinders gebore is en ons moes hoor sy het nie melk gehad vir hulle nie. BBC in ons huis staan vir bloody bad cow. Toe sy die Vrydag voor ons in 1992 vir die eerste met ons nuwe-ou woonwa gaan kamp vir die Desember vakansie, haar kar waarop ek net 3 paaiemente betaal het, afskryf wou ek die karavaan verkoop om deposito te kry vir 'n ander kar. Haar antwoord was: "Jy los my karavaan uit". Nou-ja, van toe af is die die koei se wa
Groete
Bertus
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 18453
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 61 years
Bertus, ek loop ook eerder voordat ek my WA verkoop vir 'n tweede motor. Groetnis Leon
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6454
Joined: 03 May, 2007
Experience: 61 years
Op my fan staan SO RY ONS DIE KINDERS SE ERFGELD UIT Willem
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 18453
Joined: 12 Jun, 2007
Experience: 61 years
My kinders s? ek kan ry soveel as wat ek wil solank hulle saam gaan is als CHAPPERIG.lEON
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Hans
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 02 May, 2007
Ek het 'n 1997 Pre-Afrika Penta. Het pas 'n nuwe elektriese yskas ingebou, 2x multirooms, nuwe rally, voltent, ekstra verlenging aan hooftent, 4x grondseile, aircon, en 'n 5de bed. Ek "brag" nie, skryf dit vir 'n rede. Ons wil graag 'n Afrika Penta koop maar as ek so na die ouer wa met al sy ekstras kyk..... ag nee wat... dan hou ek eerder die oue..... en toe begin ons praat van die "Ou Man"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan, 2007
Leon,
Sommige mense verstaan nie die vreemde tale soos joune nie, so myne het 'n sticker agterop wat s? "Fokkolwharries"
Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Nico
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 30 Jul, 2007
Verlede jaar het ons(dis nou ek en vroulief) afgetree en toe die pad gevat.Wou aan die linkerkant agter "Le pension" en regs "La pension" verf en n "sticker" op die agterruit van die wa wat se"alle kantoorjohnies se moere", laat doen......toe wyer vroulief om saam te gaan. Nou is wa nog naamloos!!!
Nico esterhuyse
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
hermanpaw
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 225
Joined: 25 May, 2006
So ver as wat ek kan onthou is Henk se wa se naam die "houtvrot ossewa".
My regestrasie nommer is LYF 245 Gp en die word toe my LYFIE.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 01 Aug, 2003
Ons het 'n ou '79 Caravette 5 en sy naam is "The Old Timer". Ek en my vrou is so gelukkig soos 'n vark in Palastiena met ons wa. Ek het ook 'n sticker in die agter ruit wat lees: SOORY, THIS OLD TIMER DOES NOT TRAVEL IN THE YELLOW LINE.
Groete Dave Coetzer. Driver tyraining since 1990
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Walter
New Member
14% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 31 Jul, 2007
Ek en Annamarie kamp met 'n Sprite Swing 2004 model. Ons wa se naam is "Wiitebrood Wa".....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Kanneman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2172
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 61 years
Ek het ?n kleintjie dood aan name wat gegee word maar nie gebruik word nie. In hemelsnaam, waarom die kind Jacobus Stephanus Gerhardus doop as jy hom Hardus gaan noem, en hy sy hele lewe met die naam Hardus gaan slyt? Oor aardse goed voel ek dieselfde. Oorweeg die volgende versoeke wat met die karavaan te make het: ?Kosie, gaan maak asseblief ?Kos-a-moerse-lot? se agtervenster toe?; of ?Christa, gaan haal asseblief die verkyker in ?Kostaplenty?; of ?Jenny, kyk bietjie of ek die gasstoof in ?Bang-flocking-krot? toegedraai het: of ?Aag ou man, gaan haal asseblieftog my kierie in ?Die kinders se erfporsie?. Dit is na my beskeie mening stupid. Die ding se naam is karavaan, en dit is wat ons dit noem en waarna ons verwys. Waarom ?n eenvoudige oefening soos om te kamp met semantiese raaiselagtighede kompliseer? Jammer as ek nou op party ouens se kole ge-piepie het, maar dit is hoe ek oor naamgee voel.
Kanneman
👍
0
💔
0
😮
1
🙂
1
Manie
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 01 Jan, 2007
Dit is jammer dat Kanneman nou die hele string kom bederf het.
My vrou se naam is Elsie en my naam is Manie. Van jongs af het ons besluit dat, as ons eendag 'n dogter het, ons haar Elanie wil noem. Ons het ongelukkig nie 'n dogter gehad nie en daarom het ek die naam Elanie op die kant van my Brakhah Ingonyama laat aanbring. Ons het altyd na die karavaan as Elanie verwys. Sy is egter nou verkoop en ek wag nou vir my motorhome om gebou te word. Natuurlik het ek die naam verwyder voordat ek die karavaan laat gaan het. Die motorhome sal maar die naam Elanie moet oorneem.
Groete
Manie Maritz
👍
2
💔
0
😮
1
🙂
0
Kanneman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2172
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 61 years
Hallo Manie,
My bedoeling was nie om die string te bederf nie. Ek is jammer as dit jou ervaring is. Ek hou mos maar daarvan om 'n klip in die bos te gooi, en geniet gewoonlik die reaksie. Ek het ook 'n kleintjie dood aan tattoeermerke en vrouens wat deur die dag met krullers in hulle hare loop. Nog so een of twee ander ook, maar dit is nie nou ter sprake nie. Groetnis, en geniet die motorhome. Kanneman.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Anonymous
Hello Manie & Elsie,
So goed om weer van jou te hoor Manie. Ek het al geding julle het SUNNY SA verlaat.Ons gaan Woensdag 08/08 na HlalanathI so sal sekerlik aan julle dink, veral aan JOU as ons so lekker golf speel. Die hele idee agter die kamp is om elke dag golf te kan speel. Glo dit of nie Manie maar ek is nou meer verslaaf aan Golf as George, wil net altyd weet waar speel ons die naweek!!Ons het so gehoop dit sal weer n Caravan.Com rally wees maar lyk nie so nie. Ons is die enigste waarvan ek weet van die croud wat gaan.Hoop julle Elanie is spoedig klaar dan kan mens miskien weer lekker saam kamp. Baie groete aan Elsie.Moet nou asseblief nie weer so lank wegraak nie.(Gaan darem hierdie keer met die Karavaan en nie die tent nie)
Cheers vir eers
Christa & George
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Manie
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 01 Jan, 2007
Christa,
Julle moet julle trippie Hlalanathi toe geniet. Ons trippie saam met julle en die ander CP.com crowd 'n paar jaar terug, was definitief 'n hoogtepunt in my kampervarings. Ek wens ek en Elsie kon nou weer daar wees. Dit is nogal frustrerend om nie meer 'n karavaan te he nie en te moet wag vir die motorhome, maar ek glo dit gaan die wag werd wees. Jy moet vroegtydig vir my laat weet wanneer julle volgende jaar weer Hlalanathi toe gaan, dan sorg ek dat ek daar is. Geniet die gholf en groete aan George. Ek wonder hoe gaan dit met Willie se gholf?
Manie Maritz
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Anonymous
Hi Manie, Jong die trip was wonderlik. Ons het nie al die Golf gespeel wat ons wou nie. Het nie daaraan gedink om vir die hele naweek Golf tye te boek nie en het toe nie Saterdag n game gekry nie.Die veld was soos in propvol. Ons beplan om volgende jaar weer in Augustus te gaan. Sal later vir jou die datums laat weet (sodra ons besluit het) Heel moontlik nie weer n algemene langnaweek nie maar ons eie lang naweek maak. Die kamp was propvol maar daar was geen probleme van enige aard nie. Altyd warm water en altyd n badkamer of stort beskikbaar. Groete aan Elsie
Christa & George
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Henk
Platinum Member
25% Profile Strength
Posts: 376
Joined: 17 Apr, 2007
leon, yes harman is reg..die 1ste wa was genoem "houtvrot"...ek hoef sekerlik nie te verduidelik hoekom nie.
die huidige ene se naam is "ossewa" 'n 83 caravette6 ..dit lyk omtrent soos die groot trek as ons gaan kamp.
groete & lekker kamp
henk
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
ELU
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 676
Joined: 17 Apr, 2007
Experience: 50 years
Interresante onderwerp.
Ons woonwa (Jurgens Fleetline) se naam is "Uys & tuis" (afgelei van die ou tv program Uit-en-tuis) en die bossleepwa se naam is "Stad se G@t" - ons breek weg van alle luukshede en geriewe as ons met hom veld toe gaan. Was langnaweek Botswana toe en het sonder enige geriewe reggekom, EN ons gate uit geniet. Selfs die kop is skoongemaak daar in die wilde natuur!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
