Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23031 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3745 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 327 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Terugvoering - Hippo Waterfront Lodge and Camping
Hoe ons persoonlik Hippo Waterfront ervaar het.....
Toegangs roete tot die oord is 3,5km grondpad vanaf die N4 wat relatiewe sinkplaat is, maar nie probleem was vir ons met ons pad karavaaan nie. Toegang tot die oord word verkry deur n kode wat hulle vooraf vir jou aanstuur vir die gemotoriseerde hek. Die ontspanning tot die oord is hoofsaaklik gemik om die lekker rustigheid van die natuur te geniet met die Krokodil rivier voor jou en die seekoeie wat kort-kort kom kuier. Ons het hierdie oord gebruik om oor te staan oppad wildtuin toe...sodat ons lekker vroeg kon inklok by die Malelane hek. Vir die warmer dae is daar n lekker splashpool in die kampeer area. Besprekings het vlot verloop en is baie vriendelik ontvang by aankoms. Alle personeel is behulpsaam en vriendelik. Daar is 6x staanplekke met elkeen sy eie privaat ablusie. Staanplekke is nie spesifiek afgemerk nie. Dis n groot oop grasperk area met lekker koeltebome waar jy kan kies waar jy wil kamp opslaan. Die area is baie groot, so niemand staan beknopt naby aanmekaar nie. Oord verskaf braaiers. Kragpunte kan jy beide die bloupunt of die standaard 3-punt prop gebruik. Daar is 2x gemeenskaplike opwas areas. Oord is netjies omhein en het deurgaans veilig gevoel. By ontvangs is daar basiese items soos hout en ys te koop. Dan is daar n konferensie saal wat hulle ook gebruik as restaurant area. Daar is n kontant kroeg binne met die meste populere drankies. Die ete wat ons die aand daar ge-eet het was n vooraf bereide maaltyd met vleis en verskeie groente. Gaste kan lekker buite op die stoep sit en uitkyk oor die Krokodilrivier. Skuins onder die konferensie/restaurant gedeelte is n pragtige en aantreklike area waar mens funksies kan hou met n dek wat oor krokodil rivier kyk, n vuur hert, kroeg en n vuurboma. Groen grasperke gaan tot teenaan die Krokodil rivier waar mens lekker kan sit en rustig verkeer of kan kyk of jy n vis uit die rivier kan trek. Die seekoeie het ook kom kuier terwyl ons daar was. Vir die wat nie kampeer nie, is daar aantreklike hout chalets met die mooiste uitsig oor die rivier. Toe ons daar was, was al 6 staanplekke geneem, atmosfeer was heerlik rustig soos mede kampeerders ook die natuurstilte geniet het. Ek voel ek het goeie waarde vir my geld ontvang as ek kyk na die netheid van oord en privaat ablusie en geriewe. Ek kan die oord met graagte aanbeveel vir enige kampeerder wat hou van rustigheid en van die rumoerige stadslewe blaaskans wil vat.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Klompie foto's
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hi Geert. Lyk na 'n aangename kamp plekkie.
Is dit 'n Seekoei daar in die water of lyk dit net so.
Is dit moontlik om vis te vang daar. Seker nie as die seekoeie daar rond loop nie.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ja Leon....dis 2x see koeie. Daar was mense wat vis gevang het toe ons daar was...ek weet egter nie of hulle suksesvol was nie.
Ek gaan vir jou n video WhatsApp wat ek geneem het van die oord waar jy beter kan sien hoe hele setup daar lyk
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert stuur asb vir my ook - dankte
Dankie Geert. Ek het daarna gekyk. Dit lyk ook na 'n baie gepasde oord om te oornag net voordat mens die volgende dag by die Kruger wil in gaan.
My niggie hulle bly in Nelspruit. Hulle ook kranige kampeerders. Tans by Swadini.
Sal hoor of hulle kennis dra van die oord.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Geert - Volgens jou verslag en foto's klink dit na 'n baie bakgat plek. Die enigste ding wat my sal weerhou om daar te gaan kamp, is die sinkplaat gruispad. Ek het 'n beleid dat ek nie verder as 2km gruispad met my ou 1993 waentjie ry nie.
@BrianB
Ge-WhatsApp
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie Geert, nice review of the Lodge & campsites. Will add it to my list and maybe stop over there on our way to Marloth Park next year.
Are you going to Henk van Rooyen or Marlothi?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Henk Van Rooyen - in Marloth Park :)
