Gebruik hierdie Karavaan- en Kampeer Forum GRATIS
Begin nuwe onderwerpe, geselsies, grap met ander kampeerders, lewer kommentaar, voorstelle, advies of hulp om karavaanparke, kampeerterreine, vakansie oorde, bestemmings, besighede, produkte, padtoestande, voertuie, karavane en vele meer...
| Lid | Insette |
Sirius Lid | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23023 |
Luhman 16 Lid | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Lid | 4500 + |
| Fred | 6705 |
| BrianB | 5955 |
Neptunus Lid | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturnus Lid | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2183 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Lid | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Lid | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Maan Lid | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titaan Lid | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Lid | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Goud Lid | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Desember 2023 Rocky Bay
Kop krap oor staan plek. Na seke 4 veranderinge weet ek steeds nie of besluit reg is nie. Ons staan op 66 met uitsig oor die see.
Is daar iemand wat gereeld hier kamp wat gesout is wat my dalk kan raad gee oor staan plek.
Baie dankie
Ek staan daar gedurende Febr /Maart.Ek staan op nr 155, maar ek glo nie jy sal hom kry .Soos elke park sy gewilde staanplekke het, is nr 155 een van hulle, in Rocky Bay .Rocky Bay, is ongelukkig nie n goeie swemstrand ,so as julle lief is vir swem, is dit nie die regte plek .Dolphin Karavaan park by Ballito ,is dan n beter keuse ,baie lekker swem strand .
Caravan Cove en Rockey Bay is feitlik bure.
Vir swem gaan hulle na Caravan Cove se strand, maar al wat ? gevaar inhou is dat "Life gaurds" nie gereeld diens doen daar nie en asook die vissers bote wat vanaf die see inkom is feitlik by die swem area.
Caravan Cove se staanplekke is netjies, maar ongelukkig met min see uitsig.
Die loop area na die strand moet daar oor die spoorlyn geloop word.
Ek persoonlik sal nie caravan cove vervang met Rocky Bay nie.
Soos Willie noem het Rocky Baai nie lekker swem strand nie. Toe ons n Desember daar was, was daar nie eers golwe wat oorslaan nie.....jy dobber net op en af. Kortkort gaan daar sirene af, dan moet almal uit die see want dan kom daar vissers boot of jetski in wat ook swem area gebruik.
Staanplek 66 is relatief agter in oord....maak maar seker of jy gaan pas op staanplek want van daai agterstes is maar aan die klein kant
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Nee ons is nie groot op swem nie. Kind speel ook maar in diebin en uitspoel water, ook net as ek by is.
Gaan vir my oor staanplek en veiligheid. Dink julle ek sal okay wees met die wind of nie?
Dankie
Toe ons nog gekamp het by Caravan Cove het ons gewoonlik oor die algemeen Scottsburgh toe gery vir swem of "body bord" agv die vissers bote by CC, asook wat genoem word: Backspin van branders.
Die swem strand by CC is uiters gevaarlik met die see wat in minute terugtrek wat dan ongemaklik raak vir die bereik van "Moeder Aarde".
By Uvongu het ek ma en dogter help uitkom, by Scottsburgh, ? ly vrou se huishulp en by CC ons enigste seun en kind en sy vriend.
Geniet Rocky Bay wil ook nog soentoe gaan maak n draai by ATKV Natalia lekke swem strand
Middag,
Ons het al 2 keer daar gekamp.
Staanplek 66 het goeie see uitsig en oop grasperk voor vaarvan jy afloop na die strand toe. Ons was op staanplek 54 en het probleme met die wind gehad. Middelpen se koneksie gebreek. Net die 1 dag die erge wind gehad, daarna normal wind met geen probleme nie. Het ook op staanplek 138 agter die bone met geen see uitsig nie gestaan, en geen wind probleme daar gehad nie. Sal staanplek 66 aanbeveel, maak net seker jy slaan strorm tou ens. op.
Daar is baie swem poele en 'n deel waar mens daar kan snorkel. Die sal perfek werk vir klein kinders.
