Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23030 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6708 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3743 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2186 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1428 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 571 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 326 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Camdeboo Nasionale Park Gekose Oord

Camdeboo Nasionale Park - Graaf-Reinet, Oos-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord
Reeds miljoene jare van tevore is die Karoo van Suid-Afrika gevorm, een van die groot natuurwonders van die wêreld. Camdeboo Nasionale Park voorsien die besoeker met die unieke landskap en eko-sisteem van die Karoo, tesame met die fantastiese, skilderagtige prag daarvan. Aktiwiteite sluit in: Natuur-staproetes, wildsbesigtiging, voëlkyk (250 spesies reeds in die park bevestig), 4x4 roetes, watersport en die Vallei van Verlatenheid - een van die hoof toeriste-aanloklikhede van die streek. Dagbesoekers is welkom en kan ook gebruik maak van die verskillende aanloklikhede en enkele piekniek-terreine.
Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.
Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm
Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.
Het ‘n ruk terug gaan kyk. Verkies Karoo NP en Mountain Zebra NP.
Wil ook graag daar oorstaan.
Dit is nou baie droog en warm hier.
Ons dam ook leeg.
kom nou deur 4 jaar droogte.
Hoop die reen is naby.
Karoo groete
Mens kan amper sê dis n moet om daaroor te staan.
Die vallei van verlatenheid vanaf die uitkykpunt ook n moet. Laat mens klein voel
Ek glo die reen sal kom. Dis n saak van GROOT BELANG. BID.
Ek het vroeër vanjaar by die kampeerarea gaan inloer. Netjies!! Beslis op my "to do" lysie om daar te gaan kamp. Soos Oom Jeep hierbo sê, is die Vallei van Verlatenheid absoluut 'n besoek werd. So ook die naby-geleë Nieu-Bethesda.
Dit is vir my interessant hoe mense se opinies verskil. Een man se brood is ‘n ander se dood...ðŸ˜
Kan mens hierdie kampeer area maklik bereik met n pad karavaan?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert - die antwoord is "ja". Die ontvangskantoor is langs die pad (kan ongelukkig nie die pad se N-nommer onthou nie). Toe ek eendag net gaan inloer het by die kampterrein (met toestemming by ontvangs), was dit 'n kort goeie gruis-ingang.
Dankie ChrisB....ek het gisteraand n kort video op YouTube oor hierdie plek gesien en gedink om miskien hier oor te staan oppad huistoe vanaf Stormsrivier....het pragtige natuur gelyk op video
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
N9 net nadat jy deur Graaf Reinet gery oppad Colesberg rigting.
Hoe is die N9 vanaf George na Graaf Reinett en N9 vanaf Graaf Reinett na Colesberg?
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Ek sal jou eers volgende week kan antwoord t.o.v. die N9. Ons ry volgende Woensdag met die N9 tussen George en Graaf-Reinette op pad Bergkwaggapark toe.
ðŸ‘
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Hallo Geert. Ons het verlede jaar Februarie daar oorgestaan op pad Buffelsbaai toe, baie netjies en ek kan met vrymoedigheid aanbeveel. Sover ek kan onthou was daar niks fout met die pad nie. Werk nog 'n dag in en besoek Nieu-Bethesda. So 48 km weg met 'n stuk grondpad wat maar moeilik is en jy gaan stoei met padkaravaan. Die dorpie is 'n belewenis met die hoogtepunt om die Uilhuis te besoek. Graaff-Reinet het ook 'n hele paar besienswaardighede. Groetnis.
Hallo Geert, ek het die pad die 19de Maart en 1 April gery. Daar was net een plek 'n stop 'n go toe ons afgegaan het. Verder was die pad in 'n uitstekende toestand en ek verkies daai roete in elk geval bo die N1. Baie minder trokke en verkeer as die N1. Ek glo met Desmber/Januarie sal dit bietjie meer besig wees maar nie soos die N1 nie.
Dankie vir aanbeveeling Gerhard....die feit dat ek met my pad karavaan gaan sukkel sal dit seker beter opsie wees om in te ry as dagbesoeker
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Baie dankie Hennie...klink goed. Soos planne nou verloop, gaan dit eers nader aan einde Januarie wees wat ek daar gaan ry
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Geert, ek het eenjaar daar oor gestaan met die Exclusive, geen probleem. ðŸ‘ðŸ»
Ja Geert, gebruik die kampplek as basis en ry uit.
