Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23023 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6705 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2183 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Kampers kry geen simpatie van oord
Hi daar graag wil ek my mede kampers in kennis stel.Een van ons werkers en sy meisie het nou gekamp by Rocky Bay die wind het sy tent totaal verwoes gestraand hy het toe maar opgeslaan en met die kampbestuur gaan praat om te kyk of hy nie sy geld kan terug kry nie aangesien hy nie verder kan kamp nie hulle antwoord aan hom was net eenvoudig "sorry dit is nie ons probleem nie" Ek dink darem hulle kon meer toegewend gewees het en ten minste 3/4 van sy geld terugbetaal het.
Hi Gideon,
Ek weet dit maak seer en sou ek ook ongelukkig wees.![]()
Ongelukkig is daar ook 'n besigheid daar wat geld moet maak om te kan bestaan.
Daar is baie faktore wat daartoe kon by gedra het en selfs ander maniere om die probleem aan te spreek. Jy sê nie wanneer nie.
Gelukkig of ongelukkig het Rocky Bay 'n redelike goeie naam en sal steeds kampeerders trek. Op die forum kry hulle nogal goeie terugvoer met 33 wat aanbeveel en geen wat teen is nie.
In die plek van 'n terug betaling, kon hulle dalk iets aangebied op 'n ander tyd.
not a Doctor nor a GP
Ja, dit is 'n hartseerstorie as so iets gebeur. Daar is twee kante aan die saak en albei se standpunte moet eintlik eerbiedig word. Soos DR sê, Rocky Bay is 'n besigheid en hulle kan seker nie net links en regs geld terugbetaal nie. So kan mense bv sê, nee dit reën te veel, ons wil nie verder kamp nie. Of die son is te erg, die kinders brand hulle nerfaf.
Daar is baie redes hoekom mense soms wil (of moet) oppak. Hoeveel ander tente was in die kamp en was daar enige ander mense wie se tente uitmekaar geskeur het? Mens weet ongelukkig nie hoe jou vriend opgeslaan het en of hy genoeg voorsorg getref het teen wind nie. As hy nie sy storie ken met 'n tent in die wind nie, kan so iets gebeur en dan kan bestuur nie daarvoor "betaal" nie. Siestog, dit is in elk geval nie lekker as jou vakansie op so manier op 'n einde moet kom en dan verloor jy nog al jou geld ook nie.
Ai Gideon, kon niemand hulle toe uit help nie?
Hoop net nie die insident skrik hulle af van kamp nie.
In 'n mate kan mens begrip hê vir die oord se standpunt, maar ek voel sterk dat hulle ten minste gedeeltelik kon vergoed, want dit was mos niemand se nalatigheid nie, maar iets buite beheer. Daar is oorde wat tog te gemoed komend sou wees.
Dit sou vir hulle 'n baie groot pluimpie wees, maar nou ja.
Die oord verhuur tog 'n staanplek met gepaardgaande fasiliteite (krag, waterpunte, ablusiefasiliteite, ens.). As ek 'n motor sou huur maar dan vind ek het dit nie nodig nie, moet ek steeds die huurgeld betaal. Iemand wat 'n gebou huur om 'n besigheid te bedryf kan tog nie verwag van die eienaar om die huurgeld terug te gee as die besigheid misluk nie. Dit sou slegs wees as die staanplek wegspoel of daar 'n sinkgat inval of iets soortgelyks dat die oord die geld moet terugbetaal. Winde is maar deel van die pakket om reg by die see te wil wees.
Indien 'n ander kampeerder daar aankom en die staanplek benut, dan kan die oord dalk oorweeg om as vergunning 'n terugbetaling te doen.
Die teensy is natuurlik dat die oorde 'n kampervaring "verkoop". Dink net watse goeie terugvoer hulle kon gekry het as hulle dalk 'n spaar woonwa of tent beskikbaar sou stel om die mense tegemoet te kom.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Tydens ons verblyf by Nkwe, was daar 'n dame met haar twee dogterjies wat in 'n tent gekamp het, na hewige reen het hul tent vol modder geraak, Nkwe oord bestuur het toe vir haar een van hul permanente karavane daar, laat bly vir die tydperk waarvoor sy betaal het.
Vir redes wat onder die oord se bestuur is, en wat hulle nie kan herstel binne goeie tyd nie, ja.
Vir natuurlike rampe, oorstroming, wind, soos genoem enige "acts of God" is in my verstaning dat hulle nie verantwoordelik vir ander se verlies nie.
Dit is nie lekker om te hoor van die skade wat hulle gelei het nie. Ongelukkig kan die oord nie verantwoordelik gehou word vir die skade nie. Die natuur is die natuur.
Dit sou wel great gewees het as die oord 'n tent of wat gehad het om hulle uit tehelp vir die res van die tydperk. Dis inelkgeval wat ek sou gedoen het as ek 'n oord gehad het wat redelik baie sterk winde kry. Ek sou 'n tent of twee he vir sulke nood gevalle.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dr Drake ek het gese wanneer het dit plaasgevind lees net die berig.Ek maak ook nie die kamplek sleg nie maar die paar woorde wat hulle vir die kinders gese het "dit is nie ons probleem"Het my onstoke gemaak.
ColinFreda Ongelukkig was dit hulle eerste kampslag hulle is jonk en onervare met kampering.
Johann ek stem saam met jou siening ja hulle het darem reggekom n vriendin van hulle se ma het verbyf vir hulle geggee daarnaby.
Somer kamper ek stem saam met jou goeie siening van jou.
Herman dit gaan hier om die manier wat die oord se bestuur nie veel gevoel gehad vir die twee jong mense nie
Leon Coetzee Ja dit sou nice gewees het van die oord.
Gideon, ek voel net so jammer vir die kinders.
Dit is nie lekker as so iets gebeur en dit nogal op hul eerste kamp!
Wel, nou is hulle behoorlik gedoop met kamp. Ons wat hier in die winderige Baai bly, is gewoond daaraan en weet hoe om voorsorg te tref, sodat jy gereed is as die wind erg sou waai. Ons het al gesien hoe binnelanders dit nie doen nie, glo my. Ongelukkig leer mens so uit jou foute. Ek glo volgende keer sal so iets nie weer met hulle gebeur nie. Praat hulle maar moed in. Die kampbestuur kon darem die saak meer sensitief hanteer het en hulle nie nog slegter laat voel het nie, ek stem saam.
Sal graag wil hoor wat hulle kant van die storie is.
Daar is altyd drie kante aan 'n storie, die een party, die tweede party en dan die waarheid.
Hulle sal nie my paar sent mis nie, nie eers agter kom nie, maar as ek sulke behandeling by enige oord kry, gaan ek maar verby hou. (Die houding van dis jou probleem, nie myne nie)
Ja ek verstaan dis 'n sake bedryf, ja hulle moet winsgewind wees, hulle kan nie almal altyd tevrede hou nie, maar soos genoem, menslikheid tel baie punte in enige mens se boekie.![]()
Swadini, en ook Nkwe is oorde wat die ekstra myl stap vir hul brood en botter (kliente), net twee waarvan ek persoonlik kan getuig.
Maar ja, dis maar net hoe ek hieroor voel.
Julle manne is great.Ja die mannetjie glo sal volgende keer mooi verstaan van storm toue en net.So leer elke persoon op die harde manier.Dankie vir Wilsur se groep wat aangebied het om n geldtjie bymekaar te maak vir n tent maar hy het darem regekom met verbyf.
Gideon
Dankie, dit is die hele doel van die groep, om daar te wees vir ander met die selfde belangstelling.
Ek en my vrou se eerste kamp saam was n maand of so na ons ontmoet het.. was by badplaas saam vriende en ons wou nie huis toe nie, ons besluit toe van badplaas na merry pebbles.. kyk, daar het ons matrasse afgeblaas, ons tent geskeur en met pleisters geplak om reen uit te hou, wasgoed gebrik om sagter op grond te slaap ens.. vandag sal ons dalk ook oppak en waai, was daai tyd nog studente, en het as as avontuur beleef..
Ek verstaan as dinge finansieel moeiik is, maar ons hou altyd n noodgeldjie gereed om in so geval iets te kan regkry, hetsy n goedkoop tentjie weer koop of wat ookal.. ons eie versekeringsfondsie.. gelukig min al gebruik en groei elke jaar... dalk n plan?
Jammer om van hul skade te hoor.
Dis maar deel van groot word, betaal die skool geld of maak voorsiening vir natuur rampe.
