Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
| User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
| Relaxed Camper | 23023 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
| Leon | 18453 |
Pluto Member | 4500 + |
| Fred | 6705 |
| BrianB | 5955 |
Neptune Member | 3500 + |
| mulderpm | 3734 |
Saturn Member | 2000 + |
| Jan Meyer | 2295 |
| Chris Boucher | 2183 |
| Kanneman | 2172 |
Jupiter Member | 1450 + |
| Swanie | 1905 |
| Nico | 1820 |
| Hennie Botha | 1729 |
| Karoo Klong | 1648 |
| Dansan | 1620 |
| Butts | 1524 |
Mars Member | 1000 + |
| RichardJ | 1424 |
| George | 1410 |
| Louvan | 1346 |
Moon Member | 700 + |
| Chris Centurion | 916 |
| JohanMarais | 832 |
| Michelin Man | 829 |
Titanium Member | 450 + |
| ELU | 676 |
| Benkie | 606 |
| Douglas Green | 580 |
| 1Pierre2 | 567 |
| Andrew | 524 |
| Willie54 | 519 |
| Herman | 478 |
| Joe Stieger | 453 |
Platinum Member | 250 + |
| Errol | 440 |
| LEEN | 428 |
| Elleebee | 388 |
| Kamp is Koning | 372 |
| survivalist | 362 |
| Global Traveller | 356 |
| RD | 352 |
| Izak | 332 |
| Grompie | 325 |
| Pontius | 316 |
| captiva | 284 |
| Meerkat | 278 |
| Lein | 261 |
| Fienie | 255 |
Gold Member | 100 + |
| REAList | 231 |
| BigG | 195 |
| Ad Rem | 190 |
| Driesvan | 187 |
| Stephan | 185 |
| Maurits | 181 |
| Andal | 167 |
| Wegisons | 156 |
Erasmus Bush Camp - Terugvoering
Hiermee my persoonlike ervaring/terugvoering van onlangse besoek aan Erasmus Bush Camp. Hulle is gelee binne die Big5 natuur reservaat van Dinokeng. Naaste dorp is Hammanskraal. Dis ongeveer 50 minute se ry vanaf Pretoria in n noordelike rigting.
Die hoofroete soontoe is goeie teerpad en dan vanaf die teerpad draai mens af op n grondpad wat ongeveer 2.7km lank is waar mens dan Erasmus Bush Camp op jou linkerkant kry. Die grondpad is in n baie goeie kondisie en ek het absoluut geen probleme gehad om my Jurgens pad karavaan op die roete te ry nie…pad was mooi glad – geen sinkplaat of slag gate nie. Dis nie n deurgangs roete nie, so daar is ook geen trokke, busse en dergliks wat die pad kan verniel nie. Die ingang van kamp word met n netjiese gemotoriseerde hek beheer. Die eienaars gee voor aankoms vir jou n geheime PIN kode wat mens dan gebruik om toegang te verkry. By aankoms was ons baie vriendelik verwelkom deur Desiree wat mens dan persoonlik na jou staanplek neem en dan alles verduidelik en toets of alles werk…soos gas geyser, ligte ensovoorts. Hulp word aangebied indien jul sou benodig. Tans is daar net 7x kampeer staanplekke en 2x tent huise….1x 4-bed en 1x 6-bed. Die staanplekke is regtig baie ruim en lekker gespasieer. Elke kampeer staanplek het sy eie privaat badkamer wat n stort, toilet en wasbak insluit. Buite die privaat ablusie is jou eie skottelgoed opwasbak. Die kragpunt vir kampeer krag is teenaan die ablusie….gewone 3-punt kragpunt. Soos genoem word water warm gemaak deur middel van n gas geyser….so daar is altyd lekker warm water. Staanplekke is lekker naby aan die grensdraad….so mens kan lekker vanaf jou staanplek die wild sien verby loop in die Big5 reservaat. Ons het vanuit die kamp heelwat bokke gesien verby kom asook zebras en kameelperde. Ons was ook gelukkig om 3x renosters op ons besoek te sien, maar was op n wildsbesigtigings trip gewees. Saterdag oggend 5am het ons die leeus gehoor brul, maar ons kon hulle nie sien nie. Staanplekke is sand en veld gras, maar darem die daai erg stowwerige grond nie….met grondseil was dit 100% voldoende om karavaan skoon binne te hou. Elke staanplek word voorsien met n netjiese losstaande braaier en n losstaande boma…..dit het heerlik gewerk om in die een n kuier vuurtjie te maak terwyl mens op die braaier jou vleisie gaar braai. Omdat daar slegs 7x staanplekke is, is die atmosfeer ook outomaties fantasties rustig….mede kampeerders was ook bedagsaam en was ook daar om net lekker rustig van die natuur te geniet en kop te kom skoonmaak. Soos enige boskamp was die son ondergangs en opkomste uit die boonste rakke om te ervaar. Die ontspanning in die kamp is hoofsaaklik om die rustigheid van die natuur te geniet, maar daar is ook n klimraam en trampoline vir die jonger span. En dan wat baie welkomend was, was die pragtige skoon swembad…..net om daai bosveld hitte bietjie te breek. Verder het ek paar keer by grensdraad afgestap om te kyk watter wild ek in veld kan sien…..omheinde gedeelte is omtrent 4hektaar. Ons het deurgaans veilig gevoel. Die kamp word met n uiters netjiese elektriese omheining beveilig….alles in netjiese en werkende toestand {Ek het nie aan heining gevat om te toets nie, maar daar is sensors op heining wat aandui dit werk}. Elke staan plek het sy eie asblik. Asblik en braaiers word daagliks skoon gemaak. Omdat dit alles privaat ablusies is, is daar ook geen klagtes rakende vuil badkamers nie. Die ontspanning in die omgewing is hoofsaaklik om in die Big5 reservaat rond te ry. Mens kan op gereelde wildsbesigtings toere gaan of mens kan self met eie voertuig rondrits teen n addisionele fooi. Daar is verskeie picnic plekke in die reservaat, sou jy wou rondry en elders gaan picnic of vleisie braai. Daar is ook klompie restaurante in die reservaat…..ons kon tydens ons kort besoek net by 1x uitkom….Arlingtons, n plek wat ook hulle eie bier brou. Ons het eendag n besoek gaan aflê by Mystic Monkeys and feathers….hulle is so 20min buite Dinokeng se hekke. Regtig die moeite werd om daar te gaan inloer. Dis ook n rehabilitasie sentrum vir leeus, tiere, luiperde, wilde honde, jagluiperde en vele meer. Die tenthuise in kamp is heerlik vir die wat sou verkies om liewer te kom”glamp”. Beide die 4-bed en 6-bed bestaan uit 2x tente elk wat in n 90* hoek geplaas is. Die een tent is dan die hoofslaapkamer met n dubbel bed en die ander tent die ekstra beddens….in die 4-bed eenheid is 2x enkel beddens en in die 6-bed eenheid 2x stapel beddens {saam 4x}. In die middel is die badkamer en die kombuis. Buite het elkeen n afdak om onder te sit, n eie privaat geboude boma en braaier. Kombuis is volledig toegerus met mikrogolf oond, toaster, ketel asook eetgery en glase/bekers. Die kamers het ook elkeen waaiers in vir die warmer aande. In die kamp self het hulle hout en ys te koop teen n baie goeie prys….nie nodig om self saam te neem nie. Sou julle iets kort, is die Safari Mall binne Dinokeng omtrent so 10minute se ry vanaf kamp. Daar is n supermark, garage {Petrol\diesel} Slaghuis, drankwinkel en takeaway…..basies alles wat mens sou nodig kry. Die atmosfeer oor die algemeen in die kamp was deurgaans heerlik…..rustige en bedagsame mede kampeerders en dan die lekkerste tyd vir my is skemer waar almal se braaivleis vure se rook en geur die kamp deurtrek met die asemrowende sonsondergang in die agtergond. Die kamp word oral baie netjies onderhou, swembad en fasiliteite asook gras wat oral netjies gesny is. Desiree en Pieter is ook deurgaans beskikbaar en vreeslik gasvry en bereid om te help sodat jou verblyf ten volle geniet…..hulle is so aangename mense, toe ons daar weg is het dit gevoel of ons al jare vriende is van mekaar. Hulle was ook nie snaaks met vroeë aankoms en vertrek tye nie….ons het reeds Vrydag 10am daar aangekom en Desiree wil graag hê die gaste moet nie vroeg ry op Sondag nie…..sy verkies dat jy eerder 5pm die middag ry as wat jy 10am ry….hulle hou daarvan om te sien as mense hulle geniet en gee ook gesellige atmosfeer. Ek voel ons het regtig baie goeie waarde vir geld gekry…..min dat mens daai tariewe betaal vir lekker groot staanplekke met eie ablusies. Daar is egter n conservation fee wat betaalbaar is aan reservaat aangesien mens binne die Big5 area kampeer, maar is eenmalig vir hele besoek. Soos ek nou terugvoering skryf, verlang my hart reeds na hierdie boskamp. Ek wil baie beslis in die nabye toekoms weer my tentpenne by Erasmus Bush Camp kom inslaan en kan die oord met n ope hart aan my mede kampeerders, wat ook rustigheid en die natuur wil geniet, aanbeveel.
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Lekker privaat gestaan
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Privaat ablusie
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Swembad area
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Son opkoms en ondergaan
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Die tenthuise....
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Lunch by Arlingtons
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Binne reservaat
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Nice, thanks Geert.
Mystic Monkeys and Feathers
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Mystic Monkeys and Feathers
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Mystic Monkeys and Feathers
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Jammer ek plaas fotos so in sarsies, maar stelsel gooi heeltyd errors uit. Daar is nog fotos maar admin moet maar eers probleem uitsort
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie vir, soos altyd, jou deeglike terugvoer Geert.
Dit lyk asof mens langer in daardie kamp kan vertoef. Ons soek sulke rustigheid.
Looks like a great place to camp. Added to my list.
Geert dankie vir deel dis mos kamp op sy beste
Dankie baie, help net bietjie asb - ons kamp altyd net by Almega, Tambotie en paar ander wat natuurlik buite die big 5 bewaringsarea val en ry nie rond nie. As jy bv by Erasmus of Hayward wat binne die bewaring val en nog steeds nie rondry buite die kamp terein se grensdrade nie betaal jy dan die bewaringsfooi per persoon asook voertuig maar n daaglikse permit vir buite rondry word kwytgeskeld ?
Ook vir info - Mystique monkey se eienaar Christa het begin deur diere oor die grens in afrika lande te gaan red en so uitgebrei. Sy ook n groot liefhebber van perde, yorkie en bull dogs - sy so bietjie soos die queen !
Ja....dan betaal jy net bewaaring fooi....nie selfdrive fooi nie. Tans is dit R80 per volwassene en R50 vir kinders 2-12 jaar en R50 vir kar. Dis n eenmalige fooi en nie daaliks nie. So as jul 14 dae kampeer....is fooi steeds net R80 per volwassene.
Dankie vir info op Mystic Monkeys....dit moet hulle geweldig baie kos om al daai diere te versorg...veral vir die roofdiere, en hulle is baie. Daar is bulldog wat daar by restaurant gelê.....eers gedink dis n "fake" -so groot
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸ˜
Dankie vir info waardeer. Ja mense kan gerus Mystic monkey besoek effens duur maar moeite werd aangesien dit ook deesdae n veiligheidsrisiko is om ons eie dieretuin te kan besoek. Jammer hulle leeus het ook al deurgeloop onder "moeti" slagting ongelukkig ook inside job gewees. Somer is hier lekker kamp 1ste reen in Gauteng is op pad.
